Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die eerste deel van die 19de hoofstuk word die Bruilofsmaal van die Lam beskryf, maar let op dat God in die begin daarvan die bloed van Sy diensknegte wreek op hierdie minnaar en haar beoordeel. Die harde gejuig van die groot leërskare van die verlostes in die hemel begin met 'n grote "Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid.
En die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!"
En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al Sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!"
Die oorwinnaarsskare in die hemel sal van alle aardse lyding verlos wees. Hulle sal getransformeer word en in die bloei van hul jeug teruggeplaas word (Job 33:25). Daar is geen kommer, geen swaarkry, geen nood en geen dood — niks van wat hulle aan sonde, siekte of veroudering herinner nie, daar is slegs vervolmaakte heerlikheid en geluksaligheid in die ewigheid.
"Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet" (IKor. 2:9).
"En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige het die koningskap aanvaar.
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy bruid het haar gereed gemaak.
En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en glansende wit linne, want die linne is die regverdige dade van die heiliges" (verse 6-8).
Tydens die Groot Verdrukking sal die aardse Bruid haarself by die Bruilofsmaal met haar hemelse Bruidegom bevind, in wie se beeld en wese sy getransformeer sal wees. Hierdie eerstelingskare is die Bruid van die Lam. Sy is ten volle geregverdig, geheilig en geklee in glansende wit linne. Die geregtigheid van God word dan deur Christus aan haar teruggegee.
Matthéüs 25 praat van die koms van die Bruidegom en van die wyse maagde, van wie gesê word: "... En die maagde wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit"(vers 10).
In Matthéüs 22 word hierdie Bruilofsmaal aangekondig, maar die genooide gaste het op verskillende tye almal verskonings gemaak; nietemin, aan die einde was die hele Bruilofsmaal vol. As 'n mens die talryke bybelgedeeltes tot 'n gemene deler bring, so is ook die wyse maagde, die Bruid en die gaste, altyd dieselfde eerstelingskare. Omdat die hemelse verblyf tydens die Bruilofsmaal tydelik is, is die verlostes net gaste daar, want ná die Bruilofsmaal, keer hulle terug met die Here, om saam met Hom die heerskappy oor die aarde in die duisendjarige Koninkryk oor te neem. Deur dié begrippe word die onderskeie groepe duidelik getoon. As maagde is hulle onaangeraak; as Bruid is sy verenig met die Bruidegom. As gaste sit die uitverkorenes saam met die Here tydens die groot ete aan dieselfde tafel (Matt. 8:11; Luk. 13:29).
"Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie".
Die gees van profesie het op die profete gerus wat die koms van die Verlosser aangekondig het. Jesus Christus vorm die middelpunt van die verlossingsgeskiedenis. Sy getuienis loop soos 'n rooi draad deur die hele Heilige Skrif. Die getuienis van Jesus is die Gees van Profesie— nie die gawe van profesie nie. Baie het die gawes van die Gees, maar dit gaan oor die goddelike getuienis van Jesus Christus, soos in hoofstuk 1, vers 8 aangegee word: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige". Niemand kan uit oortuiging sê: "Jesus is die Here!" en God daarmee bedoel nie, tensy dit persoonlik deur die Gees aan so iemand geopenbaar word nie. Almal wie by die Heresal wees, ontvang hierdie openbaring van God en dus die getuienis van Jesus Christus soos dit deur die Gees aan Johannes geopenbaar was.
Die laaste stryd word deur die Here self beslis
Die tweede deel van hoofstuk 19 beskryf hoe die Here, ná die bruilofsmaal en veelvoudig gekroon as Oorwinnaar, op 'n wit perd neerdaal, gevolg deur die hemelse leërskare, om die volke te verpletter en die parsing van die wyn van die grimmigheid van die toorn van die Almagtige God. Wat in die verskeie dele van die Ou– en Nuwe Testamente aangekondig en beskryf word, word dan vervul. Ongetwyfeld gaan dit om die laaste geveg voor die aanbreek van die duisendjarige Koninkryk, op die groot dag van die Almagtige God.
"Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
En sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; … hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die Here".
Op daardie stadium is daar glad nie meer sprake van die genade en liefde van God nie. Diegene wat dan nog sal lewe, is geskei van God, deurdat hulle Sy genade en liefde verwerp het en so Sy oordele en toorn uitgelok het. "En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
dat julle die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes kan vreet en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot"(verse 17-18).
Die profeet Eségiël het hierdie laaste geveg waarin die konings van die aarde en hul leërs deelneem, verbasend soortgelyk beskryf: "En jy, mensekind, so spreek die Here Here: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die roofdiere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en vreet vlees en drink bloed!
Vlees van die helde sal julle vreet en bloed van die vorste van die aarde drink — ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam —
Aan vet sal julle jul dik vreet, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here Here" (Esé. 39: 17-20).
Op daardie tydstip word die twee hoofverantwoordelike persone, naamlik die politieke leier en die godsdienstige leier, aangekeer en lewendig in die poel van vuur gegooi: "En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
En die dier (politieke leier) is gevange geneem, en saam met hom die leuen-profeet (godsdienstige leier) wat die wondertekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand"(Openb. 19: 19-20).
In hierdie laaste geveg sal daar geen gevangenes wees nie en ook sal niemand ontkom nie. Die hele leër, wat onder die direkte sataniese invloed vanuit die noorde na Israel gaan opmarsjeer, sal omkom. "En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees"(vers 21).
"En Ek sal oor hom die strafgerig uitspreek deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
So sal Ek My dan as groot en as heilig bewys en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal erken dat Ek die Here is"(Esé. 38: 22-23).
In die eerste deel van die 19de hoofstuk word die Bruilofsmaal van die Lam beskryf, maar let op dat God in die begin daarvan die bloed van Sy diensknegte wreek op hierdie minnaar en haar beoordeel. Die harde gejuig van die groot leërskare van die verlostes in die hemel begin met 'n grote "Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
En vir die tweede maal het hulle gesê: Halleluja! En haar rook gaan op tot in alle ewigheid.
En die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en God aanbid wat op die troon sit, en gesê: Amen, Halleluja!"
En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys onse God, al Sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!"
Die oorwinnaarsskare in die hemel sal van alle aardse lyding verlos wees. Hulle sal getransformeer word en in die bloei van hul jeug teruggeplaas word (Job 33:25). Daar is geen kommer, geen swaarkry, geen nood en geen dood — niks van wat hulle aan sonde, siekte of veroudering herinner nie, daar is slegs vervolmaakte heerlikheid en geluksaligheid in die ewigheid.
"Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet" (IKor. 2:9).
"En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige het die koningskap aanvaar.
Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy bruid het haar gereed gemaak.
En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en glansende wit linne, want die linne is die regverdige dade van die heiliges" (verse 6-8).
Tydens die Groot Verdrukking sal die aardse Bruid haarself by die Bruilofsmaal met haar hemelse Bruidegom bevind, in wie se beeld en wese sy getransformeer sal wees. Hierdie eerstelingskare is die Bruid van die Lam. Sy is ten volle geregverdig, geheilig en geklee in glansende wit linne. Die geregtigheid van God word dan deur Christus aan haar teruggegee.
Matthéüs 25 praat van die koms van die Bruidegom en van die wyse maagde, van wie gesê word: "... En die maagde wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit" (vers 10).
In Matthéüs 22 word hierdie Bruilofsmaal aangekondig, maar die genooide gaste het op verskillende tye almal verskonings gemaak; nietemin, aan die einde was die hele Bruilofsmaal vol. As 'n mens die talryke bybelgedeeltes tot 'n gemene deler bring, so is ook die wyse maagde, die Bruid en die gaste, altyd dieselfde eerstelingskare. Omdat die hemelse verblyf tydens die Bruilofsmaal tydelik is, is die verlostes net gaste daar, want ná die Bruilofsmaal, keer hulle terug met die Here, om saam met Hom die heerskappy oor die aarde in die duisendjarige Koninkryk oor te neem. Deur dié begrippe word die onderskeie groepe duidelik getoon. As maagde is hulle onaangeraak; as Bruid is sy verenig met die Bruidegom. As gaste sit die uitverkorenes saam met die Here tydens die groot ete aan dieselfde tafel (Matt. 8:11; Luk. 13:29).
"Toe sê hy vir my: Skryf — salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie".
Die gees van profesie het op die profete gerus wat die koms van die Verlosser aangekondig het. Jesus Christus vorm die middelpunt van die verlossingsgeskiedenis. Sy getuienis loop soos 'n rooi draad deur die hele Heilige Skrif. Die getuienis van Jesus is die Gees van Profesie — nie die gawe van profesie nie. Baie het die gawes van die Gees, maar dit gaan oor die goddelike getuienis van Jesus Christus, soos in hoofstuk 1, vers 8 aangegee word: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige". Niemand kan uit oortuiging sê: "Jesus is die Here!" en God daarmee bedoel nie, tensy dit persoonlik deur die Gees aan so iemand geopenbaar word nie. Almal wie by die Here sal wees, ontvang hierdie openbaring van God en dus die getuienis van Jesus Christus soos dit deur die Gees aan Johannes geopenbaar was.
Die laaste stryd word deur die Here self beslis
Die tweede deel van hoofstuk 19 beskryf hoe die Here, ná die bruilofsmaal en veelvoudig gekroon as Oorwinnaar, op 'n wit perd neerdaal, gevolg deur die hemelse leërskare, om die volke te verpletter en die parsing van die wyn van die grimmigheid van die toorn van die Almagtige God. Wat in die verskeie dele van die Ou– en Nuwe Testamente aangekondig en beskryf word, word dan vervul. Ongetwyfeld gaan dit om die laaste geveg voor die aanbreek van die duisendjarige Koninkryk, op die groot dag van die Almagtige God.
"Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
En sy oë was soos 'n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; … hulle met 'n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die Here".
Op daardie stadium is daar glad nie meer sprake van die genade en liefde van God nie. Diegene wat dan nog sal lewe, is geskei van God, deurdat hulle Sy genade en liefde verwerp het en so Sy oordele en toorn uitgelok het. "En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
dat julle die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes kan vreet en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot" (verse 17-18).
Die profeet Eségiël het hierdie laaste geveg waarin die konings van die aarde en hul leërs deelneem, verbasend soortgelyk beskryf: "En jy, mensekind, so spreek die Here Here: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die roofdiere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en vreet vlees en drink bloed!
Vlees van die helde sal julle vreet en bloed van die vorste van die aarde drink — ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam —
Aan vet sal julle jul dik vreet, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here Here" (Esé. 39: 17-20).
Op daardie tydstip word die twee hoofverantwoordelike persone, naamlik die politieke leier en die godsdienstige leier, aangekeer en lewendig in die poel van vuur gegooi: "En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.
En die dier (politieke leier) is gevange geneem, en saam met hom die leuen-profeet (godsdienstige leier) wat die wondertekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand" (Openb. 19: 19-20).
In hierdie laaste geveg sal daar geen gevangenes wees nie en ook sal niemand ontkom nie. Die hele leër, wat onder die direkte sataniese invloed vanuit die noorde na Israel gaan opmarsjeer, sal omkom. "En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees" (vers 21).
"En Ek sal oor hom die strafgerig uitspreek deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
So sal Ek My dan as groot en as heilig bewys en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal erken dat Ek die Here is" (Esé. 38: 22-23).