Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk

« »

Aan die begin van die 20ste hoofstuk word vertel, wat gebeur met Satan, die stigter van alle euwel, die antagonis en teëstander van God. Hy word aangekeer en in die afgrond gegooi. "En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand.

En hy het die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hy het hom gebind duisend jaar lank,

en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei, totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy 'n kort tydjie vrygelaat word"

"Want ons worstelstryd is nie teen wesens van vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geesteswesens in die hemelruim"(Efé. 6:12).

Die 4de vers bevat twee baie belangrike gebeure, net voor die duisendjarige Koninkryk begin: eers sal 'n oordeel, 'n regsspreking plaasvind; tweedens word die opstanding van diegene wat in die vervolgingstyd gemartel is, aangekondig. "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien (sien 5de seël) van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het weer lewendig geword en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank".

Hierdie teks handel nie oor die Wegraping en die Bruilofsmaal nie, want wat in Openbaring 20 staan, gebeur ná die Wegraping en die Bruilofsmaal. God se Woord is in alle opsigte perfek en heeltemal akkuraat. Ons kry hier die laaste inligting oor die martelaars in die verdrukking, wie getrou gebly het en nie die merk aanvaar het nie en ook nie hulde aan die beeld gebring het nie.

Die oordeel wat hier genoem word, is die voorlopige oordeel vóór die oprigting van die duisendjarige Koninkryk en nie die finale oordeel nie — wat bekend staan ​​as die "Laaste Oordeel" voor die Wit Oordeelstroon, wanneer al die dooies opgewek en beoordeel sal word.

Parallel met Openbaring 20, vers 4, skryf die profeet Daniel: "Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur;

'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen" (Dan. 7: 9-10).

As God as 'n "Oue van dae" gesien word, beteken dit nie dat Hy 'n moeë oupa is nie. Hy is Gees, Sy jare het nie 'n begin of 'n einde nie. As Regter stel Hy Homself voor as die eerwaardige oue met 'n wit kop, as oppergesag. Die regters van ouds het hierdie beeld gehad deur die wit pruik wat hulle gedra het. Hierdie verskyning van die Here God as Regter, spreek van Sy gesag en eer.

Soos in Openbaring, sê Daniël dit ook duidelik in dieselfde konteks, dat hierdie die laaste oordeel aan die einde van hierdie uitgaande tydsbestek is. Die profeet Daniel beskryf die besonderhede van die laaste fase as vóór die duisend jaar en nie ná dit nie:

"Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.

Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en hul lewensduur is bepaal tot op die jaar en dag.

Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.

En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap, sodat al die volke en nasies en tale Hom onderdanig word; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie" (7: 11-14).

Jesus Christus, wat Homself geopenbaar het as die Seun van die mens, neem dan Sy mag op Homself en sal self op die troon van Sy heerlikheid sit. "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op die troon van Sy heerlikheid sit;

En voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei"(Matt. 25: 31-32).

In Daniël is boeke geopen, maar nie die Boek van die Lewe nie. Daar lees ons ook van die dierewaarvan die lewensduur van hulle jaar en dag bepaal is. Daarin is ook geskryf dat die Seun van die mens voor die eerwaardige gryse verskyn en die mag, die heerlikheid en die koninkryk ontvang, wat vir ewig sal bestaan. Die konteks is duidelik in Daniel en Matthéüs. Daniël 7 noem ook die drie-en-'n-half jaar van vervolging. Daarna sal die koninkryke van hierdie wêreld tot einde kom en die hemelse Koninkryk op aarde stewig gevestig word.

"En hy sal vermetele woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal aan sy geweld oorgegee word gedurende 'n tyd, tye en die helfte van 'n tyd.

Maar die geregshof sal egter sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.

Dan word die koningskap en die heerskappy en die mag oor die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk, die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk. Al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees" (Dan. 7: 25-27). Hierdie dinge het nie betrekking op die Laaste Oordeel nie, want daarop volg 'n nuwe begin op die nuwe aarde.

Daar word in hierdie skrifgedeelte ook nie gepraat van 'n algemene opstanding of die finale verderf in die poel van vuur nie, maar van die Seun van die mens, wat regspraak maak voordat Hy Sy hemelse koninkryk op aarde oprig.

Dieselfde geld vir Matthéüs 25, vanaf vers 31, waar daar geen boeke geopen sal word nie, ook nie die Boek van die Lewe nie, soos dit die geval sal wees by die "Laaste Oordeel" nie. Hierdie twee skrifgedeeltes word verkeerdelik as die Laaste Oordeel voor die Groot Wit Troon gesien. Soos dit uit hierdie samevatting gesien kan word, is hierdie aanskouing heeltemal onmoontlik. Verdere bewys hiervan is die feit dat dit nie individue is nie, maar mense wat broeders is, die Jode, wie gedurende die vervolgingstydperk gehelp of nie gehelp het nie. Dit sal gebeur voordat die Koninkryk begin. Daarom is dit die Koning wat hier praat, en nie die Regter nie: 

"Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, ontvang as erfenis die koningskapwat vir julle berei is van die grondlegging af ... En die Koning(nie die regter nie) sal antwoord ..." (Matt. 25: 34-40). Hierdie koninkryk is die duisendjarige koninkryk, nie die ewigheid nie (IKor. 15:25).

Die profeet Jesaja beskryf bg. regspraak so: "Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie" (2:4).

In hierdie oordeel sal die twaalf apostels met die Here oor die twaalf stamme van Israel regspraak uitoefen. "… Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte, (in die regenerasie) wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel"(Matt. 19:28).

Die manne van God uit die nasies sal oor die volkere sit in die oordeel en sal hulle met Hom regeer. "Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?" (IKor. 6:2). By God geskied alles op die regte tyd: tydens die Bruilofsmaal met die wat daar hoort; in die duisendjarige Heerskappy, wat daarin belowe is. Dieselfde geld ook vir die verskillende oordele.

Die martelaars wat deur die groot verdrukking gaan, maak deel uit van die eerste opstanding en sal aan die koninklike heerskappy deelneem. Dit moet 'n ernstige besorgdheid wees vir alle gelowiges om tot die dood getrou te bly, want niemand weet aan watter groep hy sal behoort nie. Óf iemand aan die uitverkore Bruid óf aan die geroepene, agterblywende groot gemeentetal behoort — almal sal vir hul getrouheid beloon word.

Vir alle gelowiges wat nie tot die uitverkore eerstelingskare behoort nie en daarom nie weggeraap word nie en dus ook nie deelneem aan die Bruilofsmaal nie, maar getrou bly, bestaan die hoop dat, na hulle deur die verdrukking gaan, hulle aan die duisendjarige Koninkryk sal deelneem (sien Openbaring 7, die tweede deel).

Die Joodse martelaars in die vyfde seël moet op die res wag wie self ook tot die dood moet ly (Openb. 6: 9-11). Op albei plekke is die sleutelwoord "die siele": "die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het" — "en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God" (Openb. 20:4). Of dit nou by die opstanding van Jesus Christus is (Matthéüs 27), tydens Sy Wederkoms met die Wegraping (IKorinthiërs 15; IThessalonisense 4), of met die oprigting van Sy Koninkryk, aan die einde van die groot verdrukking (Openbaring 20): behoort almal wat vanaf Sy eerste koms tot met die begin die duisendjarige Heerskappy opgewek word, tot die "eerste opstanding".

"Die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank" (Openb. 20: 5-6). Aan die begin van die duisendjarige Heerskappy word die volle getal bereik ter voltooiing van die eerste opstanding.

In verse 7-9 word daar vertel wat in die kort tydjie sal gebeur ná die einde van die duisendjarige Heerskappy: "En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis vrygelaat word;

en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind" 

Sodra Satan weer vrygelaat word en uit die afgrond opkom, sal hy die mense verlei wat dan op aarde woon en tot dan vreedsaam regeer word. Alhoewel hulle tydens die duisend jaar in vrede sal lewe, sal hulle nie 'n persoonlike verhouding met God het nie, omdat hulle nooit versoening met Christus aanvaar het nie en daarom van Hom geskei sal bly. Maar dan kom die grote einde met afgryse oor Satan en oor almal wat aan hom gehoor gee en onder sy invloed is.

"… vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die leuen-profeet is …". Die dier en die leuen-profeet was volgens hoofstuk 19, vers 20 alreeds in die poel van vuur gegooi.

Hierdie vreemde 'trinitariese-vereniging': Satan, dier, valse profeet, word dan saam met diegene wat onder hul invloed staan, in die poel van vuur gewerp. Van hulle hoor en sien ons vir ewig niks meer nie.

Die tweede opstanding en die Laaste Oordeel

In Openbaring 20, verse 11-15 word die laaste oordeel beskryf. Hierdie teks spreek boekdele en nodig, soos baie ander dele in die Skrif, geen verduideliking nie: "En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp"

By die Laaste Oordeel is daar nog diegene wie se name in die Boek van die Lewe sal verskyn, dit wil sê gedurende hulle leeftyd het hulle deur genade die ewige lewe van God ontvang en daarom kan die tweede dood hulle geen skade doen nie. Die eerste dood tree in wanneer die siel die liggaam verlaat; die tweede dood wanneer die gees die siel verlaat. Dan kom in vervulling: "Die siel wat sondig, dié moet sterwe" (Esé 18:4). Sonde hier is nie net die oortreding van die gebooie van God, die persoonlike skuldigwording voor die Almagtige nie, omdat almal gesondig en so gebrek het aan die heerlikheid wat God gee — hier gaan dit om die sonde van ongeloof waarvan onse Here gepraat het: "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe"(Joh. 8:24). Die sonde van ongeloof is die oorsaak waarom hulle wat in sonde lewe sterwe. Die beloning van geloof in die volbragte verlossing, is totale vergifnis en die ewige lewe.

Alleen in Christus het God Homself geopenbaar vir ons verlossing; net deur geloof in Hom kan ons gered word. "En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie"(IJoh. 5: 11-12).

Alle mense wat al ooit op aarde geleef het, sal voor die oordeeltroon aan die einde verskyn. Hulle sal volgens hulle werke, wat hulle ookal gedoen het gedurende hul leeftyd, geoordeel word. Daar is diegene wat in Christus geglo het en ook die wat nie. Enigiemand wie se naam nie in die Boek van die Lewe staan ​​nie, sal dan in die poel van vuur gegooi word; dit is die tweede dood wat geen lewe daarin het nie. Ons sal hulle nooit weer sien nie. Daarna sal God 'n nuwe begin maak op die nuwe aarde, met al Sy kinders.

Aan die begin van die 20ste hoofstuk word vertel, wat gebeur met Satan, die stigter van alle euwel, die antagonis en teëstander van God. Hy word aangekeer en in die afgrond gegooi. "En ek het 'n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en 'n groot ketting in sy hand.

En hy het die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hy het hom gebind duisend jaar lank,

en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei, totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy 'n kort tydjie vrygelaat word"

"Want ons worstelstryd is nie teen wesens van vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geesteswesens in die hemelruim" (Efé. 6:12).

Die 4de vers bevat twee baie belangrike gebeure, net voor die duisendjarige Koninkryk begin: eers sal 'n oordeel, 'n regsspreking plaasvind; tweedens word die opstanding van diegene wat in die vervolgingstyd gemartel is, aangekondig. "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien (sien 5de seël) van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het weer lewendig geword en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank".

Hierdie teks handel nie oor die Wegraping en die Bruilofsmaal nie, want wat in Openbaring 20 staan, gebeur ná die Wegraping en die Bruilofsmaal. God se Woord is in alle opsigte perfek en heeltemal akkuraat. Ons kry hier die laaste inligting oor die martelaars in die verdrukking, wie getrou gebly het en nie die merk aanvaar het nie en ook nie hulde aan die beeld gebring het nie.

Die oordeel wat hier genoem word, is die voorlopige oordeel vóór die oprigting van die duisendjarige Koninkryk en nie die finale oordeel nie — wat bekend staan ​​as die "Laaste Oordeel" voor die Wit Oordeelstroon, wanneer al die dooies opgewek en beoordeel sal word.

Parallel met Openbaring 20, vers 4, skryf die profeet Daniel: "Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur;

'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen" (Dan. 7: 9-10).

As God as 'n "Oue van dae" gesien word, beteken dit nie dat Hy 'n moeë oupa is nie. Hy is Gees, Sy jare het nie 'n begin of 'n einde nie. As Regter stel Hy Homself voor as die eerwaardige oue met 'n wit kop, as oppergesag. Die regters van ouds het hierdie beeld gehad deur die wit pruik wat hulle gedra het. Hierdie verskyning van die Here God as Regter, spreek van Sy gesag en eer.

Soos in Openbaring, sê Daniël dit ook duidelik in dieselfde konteks, dat hierdie die laaste oordeel aan die einde van hierdie uitgaande tydsbestek is. Die profeet Daniel beskryf die besonderhede van die laaste fase as vóór die duisend jaar en nie ná dit nie:

"Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is.

Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en hul lewensduur is bepaal tot op die jaar en dag.

Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.

En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap, sodat al die volke en nasies en tale Hom onderdanig word; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie" (7: 11-14).

Jesus Christus, wat Homself geopenbaar het as die Seun van die mens, neem dan Sy mag op Homself en sal self op die troon van Sy heerlikheid sit. "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op die troon van Sy heerlikheid sit;

En voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei" (Matt. 25: 31-32).

In Daniël is boeke geopen, maar nie die Boek van die Lewe nie. Daar lees ons ook van die diere waarvan die lewensduur van hulle jaar en dag bepaal is. Daarin is ook geskryf dat die Seun van die mens voor die eerwaardige gryse verskyn en die mag, die heerlikheid en die koninkryk ontvang, wat vir ewig sal bestaan. Die konteks is duidelik in Daniel en Matthéüs. Daniël 7 noem ook die drie-en-'n-half jaar van vervolging. Daarna sal die koninkryke van hierdie wêreld tot einde kom en die hemelse Koninkryk op aarde stewig gevestig word. 

"En hy sal vermetele woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal aan sy geweld oorgegee word gedurende 'n tyd, tye en die helfte van 'n tyd.

Maar die geregshof sal egter sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.

Dan word die koningskap en die heerskappy en die mag oor die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk, die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is 'n ewige koninkryk. Al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees" (Dan. 7: 25-27). Hierdie dinge het nie betrekking op die Laaste Oordeel nie, want daarop volg 'n nuwe begin op die nuwe aarde.

Daar word in hierdie skrifgedeelte ook nie gepraat van 'n algemene opstanding of die finale verderf in die poel van vuur nie, maar van die Seun van die mens, wat regspraak maak voordat Hy Sy hemelse koninkryk op aarde oprig.

Dieselfde geld vir Matthéüs 25, vanaf vers 31, waar daar geen boeke geopen sal word nie, ook nie die Boek van die Lewe nie, soos dit die geval sal wees by die "Laaste Oordeel" nie. Hierdie twee skrifgedeeltes word verkeerdelik as die Laaste Oordeel voor die Groot Wit Troon gesien. Soos dit uit hierdie samevatting gesien kan word, is hierdie aanskouing heeltemal onmoontlik. Verdere bewys hiervan is die feit dat dit nie individue is nie, maar mense wat broeders is, die Jode, wie gedurende die vervolgingstydperk gehelp of nie gehelp het nie. Dit sal gebeur voordat die Koninkryk begin. Daarom is dit die Koning wat hier praat, en nie die Regter nie:

"Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, ontvang as erfenis die koningskapwat vir julle berei is van die grondlegging af ... En die Koning (nie die regter nie) sal antwoord ..." (Matt. 25: 34-40). Hierdie koninkryk is die duisendjarige koninkryk, nie die ewigheid nie (IKor. 15:25).

Die profeet Jesaja beskryf bg. regspraak so: "Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie" (2:4).

In hierdie oordeel sal die twaalf apostels met die Here oor die twaalf stamme van Israel regspraak uitoefen. "… Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte, (in die regenerasie) wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel" (Matt. 19:28).

Die manne van God uit die nasies sal oor die volkere sit in die oordeel en sal hulle met Hom regeer. "Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?" (IKor. 6:2). By God geskied alles op die regte tyd: tydens die Bruilofsmaal met die wat daar hoort; in die duisendjarige Heerskappy, wat daarin belowe is. Dieselfde geld ook vir die verskillende oordele. 

Die martelaars wat deur die groot verdrukking gaan, maak deel uit van die eerste opstanding en sal aan die koninklike heerskappy deelneem. Dit moet 'n ernstige besorgdheid wees vir alle gelowiges om tot die dood getrou te bly, want niemand weet aan watter groep hy sal behoort nie. Óf iemand aan die uitverkore Bruid óf aan die geroepene, agterblywende groot gemeentetal behoort — almal sal vir hul getrouheid beloon word.

Vir alle gelowiges wat nie tot die uitverkore eerstelingskare behoort nie en daarom nie weggeraap word nie en dus ook nie deelneem aan die Bruilofsmaal nie, maar getrou bly, bestaan die hoop dat, na hulle deur die verdrukking gaan, hulle aan die duisendjarige Koninkryk sal deelneem (sien Openbaring 7, die tweede deel).

Die Joodse martelaars in die vyfde seël moet op die res wag wie self ook tot die dood moet ly (Openb. 6: 9-11). Op albei plekke is die sleutelwoord "die siele": "die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het" — "en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God" (Openb. 20:4). Of dit nou by die opstanding van Jesus Christus is (Matthéüs 27), tydens Sy Wederkoms met die Wegraping (IKorinthiërs 15; IThessalonisense 4), of met die oprigting van Sy Koninkryk, aan die einde van die groot verdrukking (Openbaring 20): behoort almal wat vanaf Sy eerste koms tot met die begin die duisendjarige Heerskappy opgewek word, tot die "eerste opstanding".

"Die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank" (Openb. 20: 5-6). Aan die begin van die duisendjarige Heerskappy word die volle getal bereik ter voltooiing van die eerste opstanding.

In verse 7-9 word daar vertel wat in die kort tydjie sal gebeur ná die einde van die duisendjarige Heerskappy: "En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis vrygelaat word;

en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.

En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind"

Sodra Satan weer vrygelaat word en uit die afgrond opkom, sal hy die mense verlei wat dan op aarde woon en tot dan vreedsaam regeer word. Alhoewel hulle tydens die duisend jaar in vrede sal lewe, sal hulle nie 'n persoonlike verhouding met God het nie, omdat hulle nooit versoening met Christus aanvaar het nie en daarom van Hom geskei sal bly. Maar dan kom die grote einde met afgryse oor Satan en oor almal wat aan hom gehoor gee en onder sy invloed is.

"… vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die leuen-profeet is …". Die dier en die leuen-profeet was volgens hoofstuk 19, vers 20 alreeds in die poel van vuur gegooi.

Hierdie vreemde 'trinitariese-vereniging': Satan, dier, valse profeet, word dan saam met diegene wat onder hul invloed staan, in die poel van vuur gewerp. Van hulle hoor en sien ons vir ewig niks meer nie.

Die tweede opstanding en die Laaste Oordeel

In Openbaring 20, verse 11-15 word die laaste oordeel beskryf. Hierdie teks spreek boekdele en nodig, soos baie ander dele in die Skrif, geen verduideliking nie: "En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp"

By die Laaste Oordeel is daar nog diegene wie se name in die Boek van die Lewe sal verskyn, dit wil sê gedurende hulle leeftyd het hulle deur genade die ewige lewe van God ontvang en daarom kan die tweede dood hulle geen skade doen nie. Die eerste dood tree in wanneer die siel die liggaam verlaat; die tweede dood wanneer die gees die siel verlaat. Dan kom in vervulling: "Die siel wat sondig, dié moet sterwe" (Esé 18:4). Sonde hier is nie net die oortreding van die gebooie van God, die persoonlike skuldigwording voor die Almagtige nie, omdat almal gesondig en so gebrek het aan die heerlikheid wat God gee — hier gaan dit om die sonde van ongeloof waarvan onse Here gepraat het: "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe" (Joh. 8:24). Die sonde van ongeloof is die oorsaak waarom hulle wat in sonde lewe sterwe. Die beloning van geloof in die volbragte verlossing, is totale vergifnis en die ewige lewe.

Alleen in Christus het God Homself geopenbaar vir ons verlossing; net deur geloof in Hom kan ons gered word. "En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie" (IJoh. 5: 11-12).