Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die eerste vers van hoofstuk 21 behoort eintlik aan die einde van hoofstuk 20. Onmiddellik na die finale oordeel vloei die tyd in die ewigheid en sal dit vervul word wat in die Woord vooruitgespreek was: "En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan"
Reeds deur die profeet Jesaja het die Here 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde aangekondig: "Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie"(65:17).
Die apostel Petrus sluit aan by hierdie woord en skryf: "Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon"(IIPet. 3:13).
Johannes noem eers die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde, maar gaan dan voort en beskryf die Nuwe Jerusalem, wat aan die begin van die duisendjarige Koninkryk uit die hemel sal neerdaal, sowel as die toestand op aarde, gedurende dié Koninklike Heerskappy. Die profeet Jesaja het ook van die nuwe hemel en nuwe aarde gepraat in die reeds genoemde teks, maar onmiddellik daarna beskryf hy ook die duisendjarige Koninkryk, in verse 18-25. Dit word berig dat kinders steeds gebore sal word en die jonges sal sterf op honderd jaar; huise word gebou en wingerde geplant. Dus sal die lewe in die duisendjarige Koninkryk nog voortgaan onder die inwoners van die aarde— met die verskil dat die duiwel nie los sal wees nie. Daarom sal wolf en lam saam kan wei, ens. (Jes. 11:6; Jes. 65:25, ens.).
Die ewige wette van God is dan van toepassing op die nuwe aarde en nie meer die tydelike, soos in die Jesaja-teks aangegee word: naamlik, dat alle vlees maandeliks op die nuwemaan en weekliks op die Sabbat, hulself moet vind in die teenwoordigheid van die Here, om te aanbid. Daar is ook nie meer op die nuwe aarde, dit wat in hoofstuk 66, vers 24, beskryf word nie: "En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afskuwelik wees vir alle vlees". Die Here het na hierdie teks verwys in Markus 9, vers 48. Vanaf die nuwe aarde sal daar beslis geen ou rook opstyg in die nuwe hemel nie.
Die Nuwe Jerusalem, wat in die volgende teks beskryf word, moet onderskei word van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Die siener gaan voort: "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
En God sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan" (21: 2-4).
Hierdie teks verwys eerstens na die Nuwe Jerusalem, wat identies is met die Bruid. Ons moet daarop let: aan die een kant is daar die Nuwe Jerusalem — die woonplek van die Bruid, aan die ander kant, die aardse Jerusalem met die berg Sion — die woonplek van Israel. Alles word presies beskryf, ons moet net onderskei watter groep aangespreek word en wie bedoel word. Wanneer die Nuwe Jerusalem genoem word, gaan dit oor die Bruidgemeente; indien van hierdie Jerusalem gepraat word, gaan dit oor Israel.
"Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele,
by die feestelike vergadering en die gemeente van eers-geborenes wat in die hemele opgeskrywe is ..."(Heb. 12: 22-23a).
Die volgende het betrekking op die aardse Jerusalem: "... En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek" (Jes. 25: 7-8)
Ná die Bruilofsmaal word die Bruid "die Vrou van die Lam" genoem. Voor die bruilof word sy na verwys as die Bruid, na die troue die Vrou. Sulke goed-verstaanbare simbole lig ons presies in oor die vordering met die heilsgeskiedenis. Die oomblik van die Wegraping van die eerstelingskare, sal hulle hul wonings in die Nuwe Jerusalem inneem. Daarom is die Bruid en die Nuwe Jerusalem identies, net soos Israel eens is met die aardse Jerusalem.
Die Nuwe Jerusalem met die Bruid wat daarin woon, sal by die aanbreek van die duisendjarige Heerskappy vanuit die hemel neerdaal en bo die aardse Jerusalem sweefhang, soos aan ons berig word. Van albei word geskrywe omdat God in albei sal woon: Hy sal bo hulle woon, net soos hy by hulle sal woon. "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal onder hulle wees as hulle God ..." (vers 3).
Openbaring 7, vers 15 sê: "... en Hy wat op die troon sit, sal sy tent bo-oor hulle oopspan". So het die profeet Jesaja ook in die Gees gesien: "Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles waar die heerlikheid van die Here is, sal daar 'n beskutting en skild wees"(hoofstuk 4, vers 5).
Dit sal dan wees soos God in die begin bedoel het. Alles stem ooreen. Vir sommige geld die volgende: Hy sal oor hulle woon; vir die ander: Hy sal onder hulle en met hulle wees.
Wat die Bruidgemeente betref — die oorwinnaars wat in die Nuwe Jerusalem sal wees — is die beskrywing "oor hulle" geldig, soos gesien deur hulle wat die aardse Jerusalem sal bewoon. Vir die oorwinnars sal die beskrywing "onder hulle" daarinteen geldig wees. In elke geval is alles in samehang met waar dit behoort.
Die Here is nou by Sy eie, in gees onder hulle, in hulle en by hulle. In die verwerkliking van Sy Koninkryk, sal Hy sigbaar onder die een groep en oor die ander lewe. Sy Heerlikheid sal dan die hele aarde vul. Hy sal as koning oor die ganse wêreld regeer en wie aan Hom behoort, saam met Hom.
"En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar" (Openb. 21:5). Die gewistheid in die Woord van God is absoluut, dit wat bo alle twyfel bestaan, en tegelyk die waarborg, dat alles is en sal wees, soos God gesê het. Die gelowiges word daardeur bo alle twyfel verhef, tot rus in God. Dit is nie die mens wat die gewistheid op sigself het nie; die gewistheid kom van God deur die Woord en word aan elke individu wat dit glo, toegedeel.
Die Sprekende en Alles-werkende, die Almagtige, roep dan uit: "Dit het geskied! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet" (vers 6). Alles het in Hom hul oorsprong en aanvang gehad; in Hom sal ook die volmaaktheid wees, want tot Hom en vir Hom en deur Hom is alles tot Sy verheerliking geskape. "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees" (vers 7).
Uit dié vers is dit duidelik dat die onderwerp wat hier bespreek word, oor die oorwinnaars gaan, hulle wie in die sewe sendbriewe, in hoofstukke 2 en 3, die talle beloftes gegee word. Hulle kom dan in besit, as erfgename van God, dit wat in Sy Testament bewil word. Hulle is die ware mede-erfgename van Jesus Christus (Rom. 8:17).
In verskeie bybelgedeeltes word aan ons aanduidings en kenmerke van die seuns en dogters van God genoem, wat dan die volgende uitspraak geregverdigd sal vervul:
"Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (IIKor. 6:18). "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God"(Rom. 8:14).
Die 8ste vers van die hoofstuk handel oor diegene wat nie inpas by God se verlossingsplan nie. In teenstelling met die verlostes, word van diegene wat God verontagsaam, Hom weerspreek en die verlossing verwerp, gesê: "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood" (Openb. 21:8).
Nie net moordenaars en towenaars, afgodedienaars en leuenaars word in hierdie vers aangespreek nie, maar in die algemeen al die ongelowiges. Dit is hulle wat nie geglo het dat God Homself persoonlik in Christus geopenbaar het tot hul verlossing nie. Die apostel Johannes het dit paslik uitgedruk, van diegene wat God nie glo nie, en van hulle wie Hom die enigste waaragtige maak: "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie"(IJoh. 5: 10-12). God bly waaragtig, terwyl elke mens 'n leuenaar is (Rom. 3:4). Die wat op Hom vertrou is geseënd, want andersins beskou Hy, die enigste waaragtige Een, hulle as leuenaars.
Van die ware gelowiges skryf Johannes in dieselfde hoofstuk: "En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons insig gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe"(vers 20).
Beskrywing van die Nuwe Jerusalem
"En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
Versier met die heerlikheid van God, met 'n ligteglans soos 'n baie kosbare edelsteen, soos 'n kristalhelder jaspissteen.
En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Aan die oostekant was drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam" (21: 9-14)
Dit gaan oor die nuwe Jerusalem wat neerdaal, "Versier met die heerlikheid van God, met 'n ligteglans soos 'n baie kosbare edelsteen, soos 'n kristalhelder jaspissteen". Daar word twaalf poorte en twaalf fondamente genoem. Aan die een kant is die name van die twaalf apostels, aan die ander kant dié van die twaalf aartsvaders; Tesame is hulle die verteenwoordigers van die Ou- en Nuwe Verbond, die vier-en-twintig ouderlinge. God het slegs 'n uitverkore Gemeente, wat alle gelowiges regdeur die Ou- en Nuwe Verbond insluit. Die heiliges van die Ou Testament wat saam met Jesus opgestaan het (Matthéüs 27) behoort ook daaraan. Die eerste opstanding is die hoogste doel. Dit is wat Paulus in Filippense aangedui het toe hy sy begeerte uitgespreek het om deel te neem aan die eerste opstanding (Filipense 3:10-11).
Die gelowiges in die Ou Testament het hul hoop op die koms van die Messias en daarmee dus op hulle verlossing. Met hierdie geloof in Hom, het hulle aan die slaap geraak. Die gelowiges van die Nuwe Testament glo in Christus, die Verlosser, wie alles vir almal volbring het.
Die heilige stad word vanuit verskillende perspektiewe beskryf. "En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-en-veertig el, volgens 'n mens se maat, wat die maat van 'n engel is.
En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud, deursigtig soos suiwer glas.
En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.
En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deursigtige glas"
Die Nuwe Jerusalem sal soos 'n piramide van lig uittoring uit die hemel, waarvandaan dit neerkom. Ons word vertel dat die lengte, breedte en hoogte elk 2,200 km is. Selfs Abraham was op soek na hierdie heilige stad met vaste fondamente, waarvan die bouer God self is (Heb. 11:10). Paulus skryf van die 'Jerusalem daarbo', dat dit die moeder van ons almal is (Gal. 4:26).
In verse 22 en 23 word die Lam van God as die sentrale punt van die verlossingswerk beskryf:
"En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God verlig hom en die Lam is sy lamp"
Hetsy hierdie groot verborgenheid vir ons verstaanbaar en voor-die-hand-liggend is of nie — dit is nietemin so dat God in Christus Homself aan die mensdom heilbringend openbaar gemaak het. Christus is die persoonlike uitstraling van die Here God. Lig en lewe is in Hom alleen, waarin die volheid van die goddelikheid liggaamlik is (Kol. 2:9). "Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat die lig in ons harte geskyn het om die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Christus te bring" (IIKor. 4:6).
"En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. En bedags — want nag sal daar nie meer wees nie — sal sy poorte nooit gesluit word nie" (Openb. 21: 24-25). 'n Liedere-skrywer se gesang in hierdie verband lui: "Geen nag sal daar wees, geen nag sal daar wees, want Jesus sal daar, soos die son altyd skyn ...". Gedurende die duisendjarige Heerskappy sal daar steeds dag en nag op aarde wees maar nie in die nuwe, die hemelse Jerusalem nie. Die profeet Jesaja verwys na die aardse Jerusalem en skryf wat daar sal wees: "En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog" (60:11).
"... en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig is en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam" (Openb. 21: 26-27).
"En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees ..." (22:3).
Ons moet weereens duidelik die verskil beklemtoon tussen diegene in die "Boek van die Lewe" en dié wat in die "Boek van die Lewe van die Lam" geskryf is. Diegene wat aan die eerste opstanding deelneem, of dit nou in die hemelse Jerusalem of die aardse is — hulle name ís in die Boek van die Lewe van die Lam, waarvandaan dit nie verwyder of uitgevee kan word nie. Deur voorafkennis kon God dit vooruitbestem. Hy het diegene geken wie Hom volkome sou glo en volg. Die name van almal wat by die tweede opstanding gered sal word en die ewige lewe binnegaan, staan in die Boek van die Lewe. Dit is waarom die Boek van die Lam nie meer genoem word by die laaste opstanding nie.
Die konings van die oorblywende volke, oor wie Christus as Koning sal regeer, sal die weg na Hom vind. Diegene wat onrein is, gruwels doen en leuens praat, sal buite bly. Dat sulke mense nog op daardie stadium sal bestaan, bevestig ook, dat dit in die laaste eon, die Millennium is, en nie die ewigheid nie.
Die eerste vers van hoofstuk 21 behoort eintlik aan die einde van hoofstuk 20. Onmiddellik na die finale oordeel vloei die tyd in die ewigheid en sal dit vervul word wat in die Woord vooruitgespreek was: "En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan"
Reeds deur die profeet Jesaja het die Here 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde aangekondig: "Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie" (65:17).
Die apostel Petrus sluit aan by hierdie woord en skryf: "Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon" (IIPet. 3:13).
Johannes noem eers die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde, maar gaan dan voort en beskryf die Nuwe Jerusalem, wat aan die begin van die duisendjarige Koninkryk uit die hemel sal neerdaal, sowel as die toestand op aarde, gedurende dié Koninklike Heerskappy. Die profeet Jesaja het ook van die nuwe hemel en nuwe aarde gepraat in die reeds genoemde teks, maar onmiddellik daarna beskryf hy ook die duisendjarige Koninkryk, in verse 18-25. Dit word berig dat kinders steeds gebore sal word en die jonges sal sterf op honderd jaar; huise word gebou en wingerde geplant. Dus sal die lewe in die duisendjarige Koninkryk nog voortgaan onder die inwoners van die aarde— met die verskil dat die duiwel nie los sal wees nie. Daarom sal wolf en lam saam kan wei, ens. (Jes. 11:6; Jes. 65:25, ens.).
Die ewige wette van God is dan van toepassing op die nuwe aarde en nie meer die tydelike, soos in die Jesaja-teks aangegee word: naamlik, dat alle vlees maandeliks op die nuwemaan en weekliks op die Sabbat, hulself moet vind in die teenwoordigheid van die Here, om te aanbid. Daar is ook nie meer op die nuwe aarde, dit wat in hoofstuk 66, vers 24, beskryf word nie: "En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afskuwelik wees vir alle vlees". Die Here het na hierdie teks verwys in Markus 9, vers 48. Vanaf die nuwe aarde sal daar beslis geen ou rook opstyg in die nuwe hemel nie.
Die Nuwe Jerusalem, wat in die volgende teks beskryf word, moet onderskei word van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Die siener gaan voort: "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
En God sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan" (21: 2-4).
Hierdie teks verwys eerstens na die Nuwe Jerusalem, wat identies is met die Bruid. Ons moet daarop let: aan die een kant is daar die Nuwe Jerusalem — die woonplek van die Bruid, aan die ander kant, die aardse Jerusalem met die berg Sion — die woonplek van Israel. Alles word presies beskryf, ons moet net onderskei watter groep aangespreek word en wie bedoel word. Wanneer die Nuwe Jerusalem genoem word, gaan dit oor die Bruidgemeente; indien van hierdie Jerusalem gepraat word, gaan dit oor Israel.
"Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele,
by die feestelike vergadering en die gemeente van eers-geborenes wat in die hemele opgeskrywe is ..." (Heb. 12: 22-23a).
Die volgende het betrekking op die aardse Jerusalem: "... En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek" (Jes. 25: 7-8)
Ná die Bruilofsmaal word die Bruid "die Vrou van die Lam" genoem. Voor die bruilof word sy na verwys as die Bruid, na die troue die Vrou. Sulke goed-verstaanbare simbole lig ons presies in oor die vordering met die heilsgeskiedenis. Die oomblik van die Wegraping van die eerstelingskare, sal hulle hul wonings in die Nuwe Jerusalem inneem. Daarom is die Bruid en die Nuwe Jerusalem identies, net soos Israel eens is met die aardse Jerusalem.
Die Nuwe Jerusalem met die Bruid wat daarin woon, sal by die aanbreek van die duisendjarige Heerskappy vanuit die hemel neerdaal en bo die aardse Jerusalem sweefhang, soos aan ons berig word. Van albei word geskrywe omdat God in albei sal woon: Hy sal bo hulle woon, net soos hy by hulle sal woon. "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal onder hulle wees as hulle God ..." (vers 3).
Openbaring 7, vers 15 sê: "... en Hy wat op die troon sit, sal sy tent bo-oor hulle oopspan". So het die profeet Jesaja ook in die Gees gesien: "Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles waar die heerlikheid van die Here is, sal daar 'n beskutting en skild wees" (hoofstuk 4, vers 5).
Dit sal dan wees soos God in die begin bedoel het. Alles stem ooreen. Vir sommige geld die volgende: Hy sal oor hulle woon; vir die ander: Hy sal onder hulle en met hulle wees.
Wat die Bruidgemeente betref — die oorwinnaars wat in die Nuwe Jerusalem sal wees — is die beskrywing "oor hulle" geldig, soos gesien deur hulle wat die aardse Jerusalem sal bewoon. Vir die oorwinnars sal die beskrywing "onder hulle" daarinteen geldig wees. In elke geval is alles in samehang met waar dit behoort.
Die Here is nou by Sy eie, in gees onder hulle, in hulle en by hulle. In die verwerkliking van Sy Koninkryk, sal Hy sigbaar onder die een groep en oor die ander lewe. Sy Heerlikheid sal dan die hele aarde vul. Hy sal as koning oor die ganse wêreld regeer en wie aan Hom behoort, saam met Hom.
"En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar" (Openb. 21:5). Die gewistheid in die Woord van God is absoluut, dit wat bo alle twyfel bestaan, en tegelyk die waarborg, dat alles is en sal wees, soos God gesê het. Die gelowiges word daardeur bo alle twyfel verhef, tot rus in God. Dit is nie die mens wat die gewistheid op sigself het nie; die gewistheid kom van God deur die Woord en word aan elke individu wat dit glo, toegedeel.
Die Sprekende en Alles-werkende, die Almagtige, roep dan uit: "Dit het geskied! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet" (vers 6). Alles het in Hom hul oorsprong en aanvang gehad; in Hom sal ook die volmaaktheid wees, want tot Hom en vir Hom en deur Hom is alles tot Sy verheerliking geskape. "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees" (vers 7).
Uit dié vers is dit duidelik dat die onderwerp wat hier bespreek word, oor die oorwinnaars gaan, hulle wie in die sewe sendbriewe, in hoofstukke 2 en 3, die talle beloftes gegee word. Hulle kom dan in besit, as erfgename van God, dit wat in Sy Testament bewil word. Hulle is die ware mede-erfgename van Jesus Christus (Rom. 8:17).
In verskeie bybelgedeeltes word aan ons aanduidings en kenmerke van die seuns en dogters van God genoem, wat dan die volgende uitspraak geregverdigd sal vervul:
"Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (IIKor. 6:18). "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God" (Rom. 8:14).
Die 8ste vers van die hoofstuk handel oor diegene wat nie inpas by God se verlossingsplan nie. In teenstelling met die verlostes, word van diegene wat God verontagsaam, Hom weerspreek en die verlossing verwerp, gesê: "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood" (Openb. 21:8).
Nie net moordenaars en towenaars, afgodedienaars en leuenaars word in hierdie vers aangespreek nie, maar in die algemeen al die ongelowiges. Dit is hulle wat nie geglo het dat God Homself persoonlik in Christus geopenbaar het tot hul verlossing nie. Die apostel Johannes het dit paslik uitgedruk, van diegene wat God nie glo nie, en van hulle wie Hom die enigste waaragtige maak: "Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie" (IJoh. 5: 10-12). God bly waaragtig, terwyl elke mens 'n leuenaar is (Rom. 3:4). Die wat op Hom vertrou is geseënd, want andersins beskou Hy, die enigste waaragtige Een, hulle as leuenaars.
Van die ware gelowiges skryf Johannes in dieselfde hoofstuk: "En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons insig gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe" (vers 20).