Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die 22ste hoofstuk word die aardse Jerusalem aan ons in verskillende kontekste aangetoon. Die tabernakel van God, die woning van God sal dan vir die mense sigbaar wees; Hy sal dan die hemel en aarde en die ou- en nuwe Jerusalem met Sy heerlikheid vul. "Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete ..."(Jes. 66:1; Hand. 7:49).
"En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is vir die nasies tot genesing.
En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees ..." (Op. 22:1-3a).
Die profeet Eségiël het hierdie beskrywing lank tevore geweergee en betuig:"Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die tempelhuis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die tempelhuis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die tempelhuis uit, suid van die altaar.
Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan — uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare vir genesing"(Esé. 47: 1,7,12).
Ook hierdie beskrywing maak dit duidelik dat die nasies nog steeds daar sal wees. Daar sal beide vrugte vir voedsel én die blare as geneesmiddel wees. Alles sal geseënd wees. Die maandelikse indeling in die genoemde teks, bevestig ook dat dit binne die bestek van die duisendjarige Koninkryk gebeur.
Ons moet weer presies let op elke woord en dit in die regte verband sien. Dit gaan dus in die stad Jerusalem wees waar daar geen vervloeking meer sal wees nie. Die profeet Jesaja beskryf dan die algemene situasie op aarde: "Daar sal dan nie meer 'n suigling van 'n paar dae, of 'n grysaard wees wat hul dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie net honderd jaar oud word, sal beskou word as ‘n sondaar wat deur die vloek getref is" (65:20).
Die oorblywende volke, en veral almal uit Israel, wat nie onder die eerste opstanding gereken is nie, sal tydens die duisendjarige Koninkryk normaal bly leef: hulle sal bou, plant, eet, drink en kinders aan hulle gebore word, ens.
"Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die Here geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle" (Jes. 65:23).
Met verwysing na die verlostes, staan daar: "... en sy diensknegte sal Hom dien.
En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid"(Openb. 22: 3b-5).
Die Lam word steeds naas God gewys en genoem, want die godsopenbaring van die Seun sal eers as die tyd in die ewigheid oorgaan, in God in vloei, waaruit dit voortgekom het en God sal dan weer alles in almal wees (IKor. 15:28).
"... Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het"(verse 24-25).
Al is die beskrywing baie maal in die meervoud vervat, eindig dit op in die enkelvoud: "... en sy diensknegte sal Hom dien.
En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees". In die Nuwe Jerusalem is die Lam die lig onder die Bruid; Hier word aan ons gesê dat die Here God die lig gee en die verlostes saam met Hom tot in alle ewigheid regeer.
Laaste vermaning aan die gelowiges
In vers 6 word ons herinner aan die begin van die eerste hoofstuk, waarin die sprekende en die werkende Homself voorstel. "En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur". Nadat al die verskillende komste van die Here in die betrokke kontekste beskryf is en die Bruilofsmaal, die duisendjarige Koninkryk en die Laaste Oordeel voor die Wit Troon alreeds genoem is, staan daar vermanend in die laaste hoofstuk, in vers 7: "Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar". Dit bewys dat die gebeure wat aangekondig en beskryf word, nie in chronologiese volgorde en volgens die hoofstukke realiseer nie.
Die sewende vers kan vergelyk word met vers 3 in hoofstuk 1. Die ware saligsprekinge, wat dié van die bergrede en al die ander plekke insluit, sal in hulle wat die woorde van die profesie van hierdie boek het en daaraan vasgehou het — die ware gelowiges — volle uitwerking vind by die Wederkoms van Jesus Christus. God verlang dat ons Hom moet volg en Sy Woord, dit wat Hy belowe het moet glo, verwag en ervaar.
Na hierdie aankondiging van die Here, vermeld die siener dat hy 'n oog– en oorgetuie is van die Woord. Wat hy gehoor en gesien het, het hy alles neergeskryf volgens sy goddelike opdrag. "En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.
Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!".
Uit sy ervaring is dit duidelik hoe oorweldig Johannes was. Hy het in die teenwoordigheid van hierdie boodskapper vanaf die hemel gestaan, wat enersyds as engel en andersyds as mededienskneg van die broeders en die profete, beskrywe word. Soos reeds verskeie kere genoem, is die woord 'engel' en 'boodskapper' dieselfde in basiese teks. So word iemand 'n boodskap gegee, of hy nou 'n hemelse of aardse boodskapper van God is. Eer en aanbidding kom egter God alleen toe, omdat Hy die enigste aanbiddingswaardige is.
Die engel het toe nog ‘n keer gepraat, nadat hy Johannes vermaan het en gesê: "Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby".
Aan die einde van die tyd van genade, wanneer die heel laaste oproep gemaak word, bly almal in die toestand waarin hulle hulself bevind: "Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word" (vers 11). Of dit goed of sleg, gered of verlore is, almal bly in die stand staan wat hy ingeneem het.
Maar die geregverdiges sal meer goddelike geregtigheid beoefen en die wat in die waarheid geheilig is, nog deur en deur geheilig word. Dan roep die Here vir die laaste keer: "En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees"(vers 12).
Daarna, soos in die eerste, tweede, derde en in die 21ste hoofstuk , in vers 6, stel Hy homself weer voor: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste" (v. 13).
Dit word gevolg deur die laaste oproep en die belofte: "Salig is die wat hul klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen"(verse 14-15). Uit hierdie beskrywing kan gesien word dat dit hier weer oor die tydperk van die duisendjarige koninkryk handel. Ons sal die "buite-staanende leuenaars en moordenaars", ens., nie meer op die nuwe aarde kry nie.
Slotwoord van Jesus
Ten slotte neem die Here en Verlosser verantwoordelikheid vir die hele openbaring: "Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortelspruit van die geslag van Dawid, die blink môrester.
En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en wie dit verlang, die water van die lewe neem, verniet.
Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge iets byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
En as iemand van die woorde van die boek van hierdie profesie iets wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is"(verse 16-20).
Dit is 'n ernstige woord vir almal wat die profesie van hierdie Boek gehoor het. Wie dit gehoorsaam, het niks om te vrees nie. Inteendeel, dit sal 'n innige vreugde in die hart van elkeen binne dring, wie by die woorde van hierdie profesie niks daaraan toevoeg nie, en niks daarvan wegneem nie. En diesulkes bestaan wel. Hulle het die geopenbaarde, lewend-makende, oorspronklike Woord en ook die getuienis van Jesus Christus. Binnekort sal hulle die geopenbaarde seuns van God wees.
"Dit spreek die een wat getuig: Ja, ek sal binnekort kom!"
Daarop antwoord Johannes toe: "Amen, kom, Here Jesus."
"Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal!"
In die 22ste hoofstuk word die aardse Jerusalem aan ons in verskillende kontekste aangetoon. Die tabernakel van God, die woning van God sal dan vir die mense sigbaar wees; Hy sal dan die hemel en aarde en die ou- en nuwe Jerusalem met Sy heerlikheid vul. "Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete ..." (Jes. 66:1; Hand. 7:49).
"En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is vir die nasies tot genesing.
En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees ..." (Op. 22:1-3a).
Die profeet Eségiël het hierdie beskrywing lank tevore geweergee en betuig: "Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die tempelhuis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die tempelhuis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die tempelhuis uit, suid van die altaar.
Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante.
En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan — uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare vir genesing" (Esé. 47: 1,7,12).
Ook hierdie beskrywing maak dit duidelik dat die nasies nog steeds daar sal wees. Daar sal beide vrugte vir voedsel én die blare as geneesmiddel wees. Alles sal geseënd wees. Die maandelikse indeling in die genoemde teks, bevestig ook dat dit binne die bestek van die duisendjarige Koninkryk gebeur.
Ons moet weer presies let op elke woord en dit in die regte verband sien. Dit gaan dus in die stad Jerusalem wees waar daar geen vervloeking meer sal wees nie. Die profeet Jesaja beskryf dan die algemene situasie op aarde: "Daar sal dan nie meer 'n suigling van 'n paar dae, of 'n grysaard wees wat hul dae nie vol uitlewe nie; want 'n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie net honderd jaar oud word, sal beskou word as ‘n sondaar wat deur die vloek getref is" (65:20).
Die oorblywende volke, en veral almal uit Israel, wat nie onder die eerste opstanding gereken is nie, sal tydens die duisendjarige Koninkryk normaal bly leef: hulle sal bou, plant, eet, drink en kinders aan hulle gebore word, ens.
"Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die Here geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle" (Jes. 65:23).
Met verwysing na die verlostes, staan daar: "... en sy diensknegte sal Hom dien.
En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid" (Openb. 22: 3b-5).
Die Lam word steeds naas God gewys en genoem, want die godsopenbaring van die Seun sal eers as die tyd in die ewigheid oorgaan, in God in vloei, waaruit dit voortgekom het en God sal dan weer alles in almal wees (IKor. 15:28).
"... Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het" (verse 24-25).
Al is die beskrywing baie maal in die meervoud vervat, eindig dit op in die enkelvoud: "... en sy diensknegte sal Hom dien.
En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees". In die Nuwe Jerusalem is die Lam die lig onder die Bruid; Hier word aan ons gesê dat die Here God die lig gee en die verlostes saam met Hom tot in alle ewigheid regeer.
Laaste vermaning aan die gelowiges
In vers 6 word ons herinner aan die begin van die eerste hoofstuk, waarin die sprekende en die werkende Homself voorstel. "En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur". Nadat al die verskillende komste van die Here in die betrokke kontekste beskryf is en die Bruilofsmaal, die duisendjarige Koninkryk en die Laaste Oordeel voor die Wit Troon alreeds genoem is, staan daar vermanend in die laaste hoofstuk, in vers 7: "Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar". Dit bewys dat die gebeure wat aangekondig en beskryf word, nie in chronologiese volgorde en volgens die hoofstukke realiseer nie.
Die sewende vers kan vergelyk word met vers 3 in hoofstuk 1. Die ware saligsprekinge, wat dié van die bergrede en al die ander plekke insluit, sal in hulle wat die woorde van die profesie van hierdie boek het en daaraan vasgehou het — die ware gelowiges — volle uitwerking vind by die Wederkoms van Jesus Christus. God verlang dat ons Hom moet volg en Sy Woord, dit wat Hy belowe het moet glo, verwag en ervaar.
Na hierdie aankondiging van die Here, vermeld die siener dat hy 'n oog– en oorgetuie is van die Woord. Wat hy gehoor en gesien het, het hy alles neergeskryf volgens sy goddelike opdrag. "En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.
Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!".
Uit sy ervaring is dit duidelik hoe oorweldig Johannes was. Hy het in die teenwoordigheid van hierdie boodskapper vanaf die hemel gestaan, wat enersyds as engel en andersyds as mededienskneg van die broeders en die profete, beskrywe word. Soos reeds verskeie kere genoem, is die woord 'engel' en 'boodskapper' dieselfde in basiese teks. So word iemand 'n boodskap gegee, of hy nou 'n hemelse of aardse boodskapper van God is. Eer en aanbidding kom egter God alleen toe, omdat Hy die enigste aanbiddingswaardige is.
Die engel het toe nog ‘n keer gepraat, nadat hy Johannes vermaan het en gesê: "Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby".
Aan die einde van die tyd van genade, wanneer die heel laaste oproep gemaak word, bly almal in die toestand waarin hulle hulself bevind: "Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word" (vers 11). Of dit goed of sleg, gered of verlore is, almal bly in die stand staan wat hy ingeneem het.
Maar die geregverdiges sal meer goddelike geregtigheid beoefen en die wat in die waarheid geheilig is, nog deur en deur geheilig word. Dan roep die Here vir die laaste keer: "En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees" (vers 12).
Daarna, soos in die eerste, tweede, derde en in die 21ste hoofstuk , in vers 6, stel Hy homself weer voor: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste" (v. 13).
Dit word gevolg deur die laaste oproep en die belofte: "Salig is die wat hul klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen" (verse 14-15). Uit hierdie beskrywing kan gesien word dat dit hier weer oor die tydperk van die duisendjarige koninkryk handel. Ons sal die "buite-staanende leuenaars en moordenaars", ens., nie meer op die nuwe aarde kry nie.
Slotwoord van Jesus
Ten slotte neem die Here en Verlosser verantwoordelikheid vir die hele openbaring: "Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortelspruit van die geslag van Dawid, die blink môrester.
En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en wie dit verlang, die water van die lewe neem, verniet.
Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge iets byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
En as iemand van die woorde van die boek van hierdie profesie iets wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is" (verse 16-20).