William Branham ‘n Profeet van God gestuur

Van kindsbeen af …

« »

Die bonatuurlike teenwoordigheid van God het hierdie persoon van kleins af vergesel. Daar was regtig manne, waaronder William Branham, wat van geboorte af bestem was vir 'n spesiale opdrag, manne wat nie op ‘n dag hulself as selfverklaarde profete genoem het nie, maar deur God self deur direkte hemelse roeping aangestel is. As kind het William Branham visioene gesien van gebeure wat baie jare later waar geword het.

Op die ouderdom van sewe het hy 'n stem gehoor vanuit 'n warrelwind wat net in 'n boom gewaai het — dit was andersins windstil — wat hom as volg aangespreek het: "Moet nooit drink of rook of jou liggaam op enige manier besoedel nie, want jy het 'n werk om te doen vir My wanneer jy ouer word" ("My Lifestory" — gepreek op 19 April, 1959). As tiener was hy herhaaldelik deur vriende aangepor om te drink en te rook. Hulle noem hom toe 'n papbroek, en dis wat hy nie wou hê nie, want hy was as 'n bokser immers geen papbroek nie. By elke uitdaging het hy egter dieselfde geruis en stem gehoor wat hom verbied het om dit te doen en hy was daardeur bewaar. Elia het ‘n storm ervaar voordat die Here met hom op die berg Horeb gepraat het (IKonings 19). Job het die stem van die Here direk vanuit die storm gehoor (hoofstuk 38:1). "Hy wat van sy boodskappers winde maak ..." (Heb. 1:7). Dit is vandag nog waar.

As 'n jong man was hy deur Dr. Roy Davis in die Baptiste kerk ingehuldig. Nie lank daarna, het hy 'n nie-denominasionele bediening begin omdat hy homself aan almal toeganklik wou maak.

In Junie, 1933, het meer dinge gebeur wat van groot belang was. Hy het sy eerste evangelisasie veldtog gehad. Aan die einde van hierdie reeks vergaderings, op Sondag, 11 Junie, 1933, is 'n doopdiens in die Ohio-rivier gehou volgens die vroeë christelike patroon. ‘n Paar honderd nuwe bekeerlinge was gedoop. Toe die jong prediker op die punt was om die sewentiende persoon te doop, het hy gebid: "Vader, ek doop met water, sodat U hulle kan doop met die Heilige Gees".Op daardie oomblik het daar toe 'n helder lig soos 'n ster neergedaal en bo hom bly skyn. Vanuit hierdie lig kom toe 'n stem wat sê, "Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van Christus vooruit te gaan, so word jy met ‘n boodskap gestuur wat die tweede koms van Christus vooruit sal gaan". In April, 1966, het ek self, by 'n byeenkoms in die Verenigde State, ongeveer twaalf mense ontmoet wat in Junie, 1933, by hierdie geleentheid teenwoordig was.

Die reaksie van die ongeveer vier duisend siele-skare, was uiteenlopend. Sommige het gebid, ander het flou geword, ander het gevra wat dit beteken het, en ander weer, het dit geïgnoreer. "Associated Press" van die VSA en Kanada het veral oor die buitengewone gebeurtenis gerapporteer. Elke bykomende ervaring, veral die sewe visioene wat hy in 1933 gehad het, oor toekomstige, wêreld-wye gebeurtenisse tot aan die einde toe, het bygedra dat die ander predikers hulself meer en meer van hom toe distansieer. Selfs diegene wat na aan hom was, het erken dat daar sulke ervarings in bybelse tye was, maar het egter ontken dat dit nog steeds vandag gebeur.

Toe dit aan die jong godsman gesê was dat hy die wêreld heen gestuur sal word en vir konings en heersers sal bid, het Eerw. Roy Davis aan hom gesê: "Billy, wie sal na jou luister? Jy met jou laerskoolonderrig! ... jy sal met die pilare in die kerk praat en vir leë stoele preek. Mense sal nie kom om jou te hoor nie". Die antwoord was eenvoudig: "As dit God is wat my stuur, dan sal Hy ook die mense stuur aan wie ek sal preek".

Op 7 Mei, 1946, het William Branham 'n hemelse besoek ontvang. In die Ou en Nuwe Testament vind ons baie berigte dat engele verskyn het, wanneer dit om 'n spesiale gebeurtenis gegaan het: van Abraham tot by Daniël; van Sagaría tot Maria. Die hemelse leërskare het in die oop veld van Bethlehem verskyn, en die engel het die grootste aankondiging van alle tye gemaak, naamlik, die geboorte van die Verlosser. Paulus en ook Johannes, wat na die eiland Patmos verban was, het getuig daarvan. In Hebreërs 1 lees ons van die engele: "Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?"

So dan was William Branham op die aand van 7 Mei, 1946, in 'n kamer waar hy tyd in gebed en bybellees geneem het. Skielik, omstreeks 23h00, het ’n lig van bo in die kamer gekom, wat al hoe helderder en groter geword het. Kom ons laat hom dit self vertel: "Toe ek opkyk, het die groot ster daar gehang. Dit het egter nie vyf punte gehad nie, maar het meer gelyk soos 'n gloeiende vuurbal wat op die vloer skyn. Toe hoor ek iemand en was toe nog meer bang want ek het van niemand anders geweet wat hierheen sou kom buiten ek self nie. In die lig het ek 'n man gesien nader na my kom, so natuurlik soos u na my sou kom. Die man het ongeveer 85kg geweeg en 'n wit gewaad gedra. Hy het 'n gladde gesig, geen baard, donker hare tot aan sy skouers gehad, 'n bietjie donkerder gelaat met 'n baie aangename voorkoms, en toe hy nog nader aan my kom, het ons oë ontmoet. Toe Hy sien hoe baie bang ek was, sê Hy toe: 'Moenie vrees nie. Ek is vanaf die teenwoordigheid van die Almagtige God gestuur om jou te vertel dat jou eienaardige lewe en jou misverstaande ​​maniere daarop dui dat God jou na die volkere van die wêreld stuur met die gawe van goddelike genesing. As jy opreg sal wees en die mense kry om jou te glo, sal geen siekte jou gebed kan weerstaan ​​nie, selfs nie kanker nie'. Hoe ek gevoel het, kan nie in woorde uitgedruk word nie".

Die begroeting: "Moenie vrees nie" het die engel ook met Daniël, Sagaria en Maria gebruik. Dieselfde het ons Here gedoen. Hy het dikwels gesê: "Wees nie bevrees nie …".

Die engel het toe vir hom gesê: "Soos die profeet Moses twee tekens gegee was (Exodus 4), word twee tekens aan jou gegee. En as hulle nie die eerste glo nie, sal hulle die tweede teken glo". Presies dieselfde woorde vind ons in Exodus 4 vers 8: "En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo". Manne met besonderse roepings ontvang besonderse tekens wat dit vir mense duidelik maak dat God self praat en werk.

Toe het die engel die eerste teken aan hom verduidelik. Na die preek en gebed vir almal wat hul lewens aan die Here wou toewy, moes hy vir die siekes bid. Die eerste teken was dat hy die pasiënt se hand in sy eie hand moes neem, en op die agterkant van sy hand, sou ‘n verkleuring en gestalte vorm, waardeur die pasiënt se eie lyding letterlik sigbaar sou wees. Daarop moes die gebed vir genesing volg, terwyl die pasiënt moes waarneem wat op die agterkant van sy hand gebeur. As die gebed dan beantwoord word en God die genesing bewerkstellig het, sou die merke voor die oë van die lyer verdwyn. Hierdie aankondiging is duisend-male bevestig, veral in die jare 1946-1949. Baie van diegene wat so wonderbaarlik genees was deur God, het dit liggamlik gevoel, en baie het luid geskree van die oorweldiging.

Die engel het toe die gebruik van die tweede gawe met verskeie bybelgedeeltes verduidelik. Hy het verwys na die bediening van ons Here en het veral na Johannes 5, verse 19 en 20 verwys, naamlik dat Hy as Seun van die mens, as 'n profeet gewerk het en in visioene gesien het wat God sou doen: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so. Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen ...". Volgens hierdie Woord het die Seun van die mens Sy bediening uitgevoer, net volgens wat aan Hom in visioene getoon was. Die engel het die twee ervaringe genoem, die van Petrus en die van Natánael in Joh. 1. Toe Andréas sy broer Simon Petrus na Jesus geneem het, lees ons: "... Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus" (vers 43). Hy het Petrus gesien en sy naam en sy vader se naam geken. Net so het Jesus aan Natánael, wie deur Filippus na die Here gebring was, gesê: "Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie … voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien". Almal kan dit lees oor hoe oorweldig Natánael was en hoe verbasend hy op hierdie openbaring gereageer het.

Die engel het voortgegaan om na Johannes 4 te verwys en die gesprek wat die Here met die Samaritaanse vrou by die fontein van Jakob gevoer het, genoem. Deur 'n openbaring, volgens dit wat aan Hom getoon was, sê Hy toe vir haar: "... want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie". Aan die einde van die gesprek het die vrou uitgeroep: "Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!". Die engel het verwys na ander skrifgedeeltes waarin soortgelyke gevalle voorkom waar die profetiese bediening van die Seun van die mens uitstaan. Veral in hierdie bediening het die Fariseërs hulself versondig deur o.a. te sê: "Hy het Beëlsebul!". As die Seun van die mens was Hy die profeet wat die motiewe en gedagtes van die hart onderskei, en dit is wat die geestelike leiers van daardie tyd glad nie gepas het nie. Maar so is die geeste geopenbaar en geskei. God die Here het aan Moses gesê: "'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel" (Deut. 18:18; Hand. 3: 22-23).

Die engel het verder verduidelik dat dieselfde "Teken van die Messías" wat destyds onder die Jode en Samaritane was, nou onder die Gemeente uit die nasies herhaal word. Met byna elke genesingsdiens het William Branham na die Skrifte verwys, net soos wat die engel aan hom verklaar het. Die tweede gawe was, dat hy mense kon vertel tydens die genesings-diens, van watter land hulle gekom het, van watter stad hulle was, wat hul name was, watter siektes hulle het, in beginsel alles wat gebeur het in die profetiese bediening van die Seun van die mens. Persoonlik het ek dit dikwels belewe in sy byeenkomste en was nie in die minste verbaas toe die man van God op 3 Desember, 1962, vir my die presiese bewoording gesê het, soos toe die Here my op 2 April, 1962, voor dagbreek hier in Krefeld beroep het. Dit is nie dinge wat opgedis was en in ‘n toe vertrek geplaas was nie; hier was aan ons op ‘n waarheids-grondslag getuig voor God dat Jesus Christus Homself in ons tyd op die dieselfde manier, deur die profetiese bediening bekend gemaak het, soos wat gebeur het in die tyd toe Hy die aarde bewandel het as die Seun van die mens.

Die bonatuurlike teenwoordigheid van God het hierdie persoon van kleins af vergesel. Daar was regtig manne, waaronder William Branham, wat van geboorte af bestem was vir 'n spesiale opdrag, manne wat nie op ‘n dag hulself as selfverklaarde profete genoem het nie, maar deur God self deur direkte hemelse roeping aangestel is. As kind het William Branham visioene gesien van gebeure wat baie jare later waar geword het.

Op die ouderdom van sewe het hy 'n stem gehoor vanuit 'n warrelwind wat net in 'n boom gewaai het — dit was andersins windstil — wat hom as volg aangespreek het: "Moet nooit drink of rook of jou liggaam op enige manier besoedel nie, want jy het 'n werk om te doen vir My wanneer jy ouer word" ("My Lifestory" — gepreek op 19 April, 1959). As tiener was hy herhaaldelik deur vriende aangepor om te drink en te rook. Hulle noem hom toe 'n papbroek, en dis wat hy nie wou hê nie, want hy was as 'n bokser immers geen papbroek nie. By elke uitdaging het hy egter dieselfde geruis en stem gehoor wat hom verbied het om dit te doen en hy was daardeur bewaar. Elia het ‘n storm ervaar voordat die Here met hom op die berg Horeb gepraat het (IKonings 19). Job het die stem van die Here direk vanuit die storm gehoor (hoofstuk 38:1). "Hy wat van sy boodskappers winde maak ..." (Heb. 1:7). Dit is vandag nog waar.

As 'n jong man was hy deur Dr. Roy Davis in die Baptiste kerk ingehuldig. Nie lank daarna, het hy 'n nie-denominasionele bediening begin omdat hy homself aan almal toeganklik wou maak.

In Junie, 1933, het meer dinge gebeur wat van groot belang was. Hy het sy eerste evangelisasie veldtog gehad. Aan die einde van hierdie reeks vergaderings, op Sondag, 11 Junie, 1933, is 'n doopdiens in die Ohio-rivier gehou volgens die vroeë christelike patroon. ‘n Paar honderd nuwe bekeerlinge was gedoop. Toe die jong prediker op die punt was om die sewentiende persoon te doop, het hy gebid: "Vader, ek doop met water, sodat U hulle kan doop met die Heilige Gees".      Op daardie oomblik het daar toe 'n helder lig soos 'n ster neergedaal en bo hom bly skyn. Vanuit hierdie lig kom toe 'n stem wat sê, "Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van Christus vooruit te gaan, so word jy met ‘n boodskap gestuur wat die tweede koms van Christus vooruit sal gaan". In April, 1966, het ek self, by 'n byeenkoms in die Verenigde State, ongeveer twaalf mense ontmoet wat in Junie, 1933, by hierdie geleentheid teenwoordig was.