William Branham ‘n Profeet van God gestuur
In November, 1949, het William Branham ooreengekom met Eerw. Jack Moore en Eerw. Gordon Lindsay, wie toe alreeds sy bediening aan die weskus van die V.S.A. beleef het, om byeenkomste te hou in Januarie 1950 in Houston, Texas. Dit het baie vinnig versprei en mense het van die omliggende gebiede gekom, sodat die hele stad in beroering was. Die geestelike leiers, wat geen geestelike begrip gehad het nie, het hulself opgewerk en hierdie byeenkomste met vernietigende kritiek afgemaak. Onder hulle was Eerw. Dr. Best, wat op 24 Januarie, 1950, in 'n uitdagende ope paneelbespreking met William Branham, waarby hy die pers betrek het, hom uitgevra oor die onderwerp van "Geloofsgenesing Vandag", voor ‘n groot gehoor van ongeveer 8,000 mense, wat die Sam Houston Coliseum gevul het. Hy het ook die twee professionele fotograwe, mnr. James Ayers en mnr. Ted Kippermann, genooi om indrukwekkende oomblikke op fotos vas te lê.
Die uitdager, Dr. Best, het vir Dr. F.F. Bosworth, ‘n bybelleraar wie ek persoonlik geken het, betrek. Dr. Bosworth was 'n medewerker van William Branham en was gevra om die bespreking te lei. Ure het verloop met hierdie onwaardige spektakel. Die skare het deelgeneem aan die bespreking met 'n luide instemmende "Amen"-geroep of met ‘n luide "Nee"-geskree. Maar toe die gehoor gevra word: "Hoeveel van julle was genees deur God in die byeenkomste", het daar honderde opgestaan. Die teenstaanders moes toe bes gee, al was dit ook met harde opmerkings. Toe hierdie deel verby was, het William Branham na die verhoog gekom, sy plek ingeneem en geluister na alles, want dit was alles oor hom en sy bediening, veral oor die gawe van genesing van die siekes. Hy stap toe kalm na die mikrofoon en sê: "Ek het nie gekom om myself te verdedig nie. As dit God is wat my gestuur het, dan sal Hy vir my veg".
Op daardie oomblik neem mnr. Ayers toe die foto met die ligkolom bo die hoof van William Branham. Die byeenkoms het laat geïndig; dit was amper middernag toe mnr Ayers, wat homself aan die kant van die kritikus, Eerw. Dr. Best geskaar het, verbaas was. Van al die foto's wat hy geneem het, het net 'n enkele foto uitgekom, naamlik die met die bonatuurlike ligstrook bo-oor William Branham se kop. Mnr. Ayers haas hom toe dieselfde nag nog na die hotel en vra vir William Branham, of hy geweet het dat 'n bonatuurlike lig oor hom gewees het.
Omdat hulle met so 'n fenominale verskynsel te doen gehad het, was daar besluit om die film te oorhandig aan die voorste man wat verantwoordelik was vir die behandeling van twyfelagtige dokumente vir die staat. Dr. George J. Lacy het sy uitspraak skriftelik gegee en bevestig dat nóg ‘n herbetassing, nóg ‘n dubbele blootstelling plaasgevind het en dat hierdie ligkolom eintlik daar was, anders kon die kamera dit nie afgeneem het nie — sien afskrif van die oorspronklike verslag deur Dr. Lacy, aan die begin van hierdie boekie.
Hierdie lig het elke keer neergekom oor die persoon vir wie William Branham, deur die gawe van openbaring en onderskeiding, gebid het vir genesing. Hy het alles gesien wat hy aan die betrokkene moes kommunikeer, ten einde hul geloof in die teenwoordigheid van God en dus in hul eie goddelike genesing te versterk en op te bou. Onder die talle duisende gevalle in byna twintig jaar van hierdie unieke bediening, was daar nie 'n enkele mislukking nie. Alles was altyd een honderd persent reg. Toe hy gevra was of hy nie bang was om van mense wat hom glad nie ken nie en van wie hy niks geweet het nie, al daardie dinge te vertel, het hy geantwoord: "Waarom sou ek vrees dat daar iets fout is wanneer dit God is wat dit aan my toon en deur my praat?".
William Branham het dit menigmale genoem, dat hierdie merkwaardige foto, as die enigste opname met 'n bonatuurlike wese in die wêreld, in Washington D.C. in bewaring is. Ek het die foto met die ligkolom in Desember, 1969, in die Hall of Art daar gesien. Die ouer man wat my daar vergesel het, het egter vir my gesê: "Hierdie foto het geen openbare belang en sal in ‘n laai in verdwyn". Bonatuurlike gebeure was egter nie seldsaam in die lewens van die profete en apostels nie, maar kan slegs ervaar word deur diegene wat deur God eintlik begenadig is. Toe Saulus die helder lig buite Damaskus sien, het hy die stem van die Here daaruit gehoor praat, en het so sy kommissie ontvang. Vir die wat dit kan begryp, is dit ‘n bevestiging in ons tyd, dat God nie verander nie, en die feit bly staan dat Jesus Christus dieselfde is gister, vandag en tot in ewigheid. As dit 'n herhaling is van die bonatuurlike werk van God en dat ons die gelyke daarvan in die Skrif kan vind, dan moet ons, met die grootste eerbiedigheid, dit respekteer wat die Here God doen. In die tyd van Moses het die Here neergedaal in die lig- en vuurkolom en Sy onmiddellike teenwoordigheid was sigbaar oor die tent van samekoms. God is nie dood nie. God leef en openbaar Homself selfs vandag nog, daar waar Hy geglo en vertrou word. God is Lig en leef in die Lig. God kan Homself manifesteer in 'n bonatuurlike wolk of selfs in bonatuurlike vuur. Hy het dit gedoen; Hy kom toe die eer!