William Branham ‘n Profeet van God gestuur

Bonatuurlike Bevestiging

« »

Manne wat van God gestuur is, word te alle tye vanuit die hemel op aarde gelegitimeer. In die vroeë Christendom het die voortsetting van die bediening wat Christus begin het, plaasgevind in die verlostes, ná die Opstanding van die Verlosser. Sedert die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag, is die apostoliese proklamasie vergesel en bevestig deur die deelname van die Here. Die vroeë christelike Gemeente is in alle opsigte die patroon wat geldig is vir die volle tyd van genade.

"Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het" (Mark. 16: 19-20).

"… hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?" (Heb. 2: 3-4).

Diegene wat die boek, Die Handelinge van die Apostels en hulle Briewe lees, sal vind dat die Here God Sy Woord deurgans bonatuurlik bevestig het. Wonderwerke en tekens het gebeur met die mense wat geglo het. Die evangelie van die gekruisigde, oorwinnende, opgestane Here, was beide die blye- en vrymakende boodskap van verlossing en van die gelowiges-toegewysde krag van God (Rom. 1: 16-17; IKor. 1:18).

Die ganse mensdom word so verlos, en so was die redding van die siel, bevryding van die gees en die genesing van die liggaam heeltemal normaal met die godsdiens beoefening in die vroeë Christendom; Ja, selfs van die opstanding van die dooies word vermeld. Presies wat gebeur het in die bediening van onse Here Jesus Christus, en dit wat heeltemal deur die Gees van God in werking was in die vroeë Gemeente, was herhaal in 'n nog groter mate in die bediening van William Branham. Daar is miljoene ooggetuies en, soos reeds genoem, die op-band-vasgelêgte preke wat hierdie feit bevestig.

As mens dit vergelyk met die bekende evangeliste, vir wie elke metode om geld te bekom en wie allerhande dinge toelaat, dan word hierdie man van God onreg aangedoen. By navraag, kan geen van hulle getuig van 'n hemelse roeping nie, soos die ware, God-gestuurde manne tot by William Branham kon.

Eerw. Gordon Lindsay het die boek "A Man Sent From God" geskryf. Hetsy vriende of teenstanders, almal moes erken dat hier nie 'n mens nie, maar God self werksaam was, deur die mens. Nadat hierdie eenvoudige man se roeping en sending op 7 Mei, 1946, bevestig is, het hy met spesiale veldtogte begin. In die jare 1946-1949 het die deurslaggewende deurbraak van die volle evangelie in die moderne tyd plaasgevind volgens die vroeë christelike patroon. Die bevestigende- en genesings-wonderwerke was so kragtig dat mense van alle denominasies en van oor die hele wêreld na sy byeenkomste gestroom het. Uit die politieke- en sakewêreld, selfs vanuit die kongres te Washington, het mense na hom gekom vir gebed.

In die eerste helfte van die vyftigerjare het sy sendingreise hom deur Afrika, Indië en Europa geneem. In Durban, Suid-Afrika, was die gehoor in die groot stadion 'n paar honderdduisend. In Bombay, Indië, was die mense-massa op 400,000 beraam. In Duitsland en Switserland het tussen 10,000 en 20,000 mense die byeenkomste bygewoon. In die Skandinawiese lande, en veral in Finland, was daar wonderwerke en tekens, selfs die opwekking van die seun wat in 'n motor-ongeluk gedood was. Koning George VI van Engeland het William Branham gevra om vir hom te bid. Dit het by die Buckingham Paleis gebeur, tydens 'n vlug-aansluiting in Londen, oppad na Finland.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het in die VSA en later ook in ander lande, het evangeliste tevore gekom wat later bekend geword het, wie se bedieninge direk of indirek beïnvloed was deur die bonatuurlike optrede van God, soos hulle dit in die lewe van William Branham gesien het. David Du Plessis, wie later oor die hele wêreld as "Mr. Pentecost" bekend geword het, was so diep beïndruk tydens die vergaderings in Suid-Afrika, dat hy besluit het om William Branham na die VSA te volg. Ek het hom persoonlik ontmoet by die geleentheid van die Internasionale Geloofskonferensie wat in Junie, 1958, deur Gordon Lindsay in Dallas, Texas belê was, waarin William Branham die hoofspreker was. Hier kan baie manne wat ek persoonlik ken, ingesluit word, soos Demas Shakarian, die wêreldpresident van die Full Gospel Businessmen’s Association, wat as getuies van hierdie eenmalige bediening staan, as hulle nog leef en die moed het om dit te doen.

Van hierdie man van God is letterlik waar, soos onse Here gesê het: "Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is … Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het. En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig" (Joh. 5: 32-37). Waar God praat en werk, het die getuienis sy eie gewig.

Die bonatuurlike Godswerke is bewys van die goddelike sending verbonde aan die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus. Dit is die ware, onweerlegbare legitimiteit wat die ganse mensdom oortuig. Onse Here het gesê: "Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit …" (Joh. 14: 11-12). God self het ook Sy Woord as waar in die bediening van William Branham bevestig, geen verdere menslike evaluering is dus nodig nie. Moses en Elia, Petrus en Paulus, al God se gestuurdes is deur Hom bevestig. Dieselfde kan in ons geval gesê word. Elkeen wat probleme het om ‘n mens te glo het die geleentheid om God te glo, "want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen, as God nie met hom is nie" (Joh. 3:2b).