Omsendbrief Desember 2015

Die Verbondsark en die Borsplaat

« »

In Exodus 25 vind ons die presiese beskrywing van die Verbondsark. Dit het behoort in die Allerheiligste, want daarin was die van-God-geopenbaarde Woord bevind. "En sit die versoen-deksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis (die Wet) neerlê wat Ek aan jou sal gee" (vers 21). Die Verbondsark was vir Israel van groot belang omdat dit die Verbondswet bevat het vir die Verbondsvolk. Die Woord van God was die sertifikaat van die verbond (IKon. 8:21) wat God met Sy volk gemaak het.

Nie in die voorhof nie, ook nie in die heiligdom nie, maar in die Allerheiligste, direk vanuit die Verbondsark, het die Here God aan Sy kneg Moses gesê: "Daar sal Ek met jou saamkom en van die versoen-deksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel" (Ex. 25:22).

Soos die hoëpriester die offer-bloed aangebied het op die Verbondsark se versoendeksel (Lev. 16:14) en daarmee al die oortredinge van die volk op die groot versoeningsdag vergewe was (Lev. 16:17), so het onse Verlosser Hom as Lam van God vir onse sondes geoffer en met Sy bloed die hemelse Heiligdom ingegaan en dit op die Verbondsark aangebring. So dan het die oordeelstroon die troon van genade geword. "... maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring" (Heb. 9:12).

Toe Hy sterwe, het die Verlosser uitgeroep: "Dit is volbring!" (Joh. 19:30). God het 'n verbond met ons gesluit, die weg na die Allerheiligste was geopen.

"Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe Testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes" (Matt. 26:28).

Met die intog in die beloofde land, het die volk agter die Verbondsark aan, wat deur die priesters gedra was, die land binne gegaan. Die Jordaan het verdeel toe die draers van die Woord hulle voete, met geloof in God se Beloftewoord, in die Jordaan geplaas en die beloofde land inbeweeg het (Josua 3). Selfs die mure van Jerigo het inmekaar gesak toe die volk volgens die Woord van die Here die Verbondsark gevolg het.

By die temple-inwyding "… het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek in die binneste vertrek gebring …" (IIKron. 5:7). Toe die gebed van Salomo en die lofprysing van die volk opgevaar het na die hemel, het die heerlikheid van die Here die gebou gevul.

Hier is die les: die Here God het onder Sy verbondsvolk, Israel, alles georden en Sy stem laat weerklink vanaf Sy troon van genade aan Sy dienskneg, wat dit aan die volk deurgegee het. Telkemale, selfs toe die tempel ingehuldig was, het die Here Sy volk daarteen gewaarsku om hulle van Hom en Sy Woord af te wend.

Ongelukkig het die skrifgeleerdes die volk van God later deur hulle eie interpretasies mislei, sodat die profeet hulle moes aanvat: "Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die Here is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers. Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die Here verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?" (Jer. 8: 8-9).

Dit gebeur ook so in die tydverloop van die nuwe-testamentiese gemeente en dus ook in onse tyd. Die apostel Paulus het reeds destyds al aangekondig: "Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word ... en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels" (IITim. 3:13 + 4:4).