Omsendbrief Desember 2015
Nou kom ons by die tweede punt.
Exodus 29 berig breedvoerig oor hoe priesters in hulle ampte geplaas was. By die ingang van die openbaringstent moes 'n ram as offer aangebied word en sy bloed aan die punt van die regteroor, die regter duim en aan die groottoon van die priester se regtervoet gesmeer word. En deur die salwing met olie was die priesters van kop tot tone aan God toegewy met al hul denke, handelinge en wandelinge.
God het die borstas laat maak wat deur die priester in die heiligdom gedra moes word, waar die goue kandelaar en die tafel met die toonbrood gevind was. 12 edelstene was in die borstas geplaas, met die name van die 12 stamme van Israel. "So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die Here gedurigdeur" (Ex. 28:29). In Exodus 28, vers 30, lees ons van die Urim en Tummim, Lig en Reg: "Jy moet ook in die borstas van beslissing, die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die Here ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die Here". Die priester moes altyd die borstas dra, wanneer hy die heiligdom betree het (Lev. 8:8).
Voordat 'n besluit geneem kon word op 'n spesiale droom of openbaring wat voorgedra was, moes dit voor die Urim en Tummim gebring word. Die opflikkering van lig vanuit al 12 edelstene was dan die bonatuurlike bevestiging daarvan. As dit waar was en God Sy "Ja" daarvoor gee, dan het die lig uitgeskyn; as dit nie reg was nie, het dit donker gebly. Toe die Israeliete in die tyd van Esra en Nehemia uit die Babiloniëse ballingskap terug gekeer het, was alles weer herstel, wat deel was van hierdie diens van God: "... En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim" (Neh. 7:65).
Broeder Branham het die Urim en Tummim 138 keer met nadruk genoem en dit in verband gebring met die Woord van God. Aanhaling: "Die Urim and Tummim het op Aaron se bors gehang, hier. Die Urim en Tummim was bedek met 12 edelstene ... as hulle nie seker was nie, het hulle voor God gekom vir 'n antwoord, en as dit God se wil was, het die lig van die Urim en Tummim geskyn, as aanduiding dat dit God se wil is, aldan nie ... ".
"Met die beëindiging van die priestersamp, was die Urim en Tummim weggedoen. God het nou 'n ander Urim en Tummim: Dit is God se Woord. God se Woord is die Urim en Tummim. "God se Woord is waaragtig, terwyl elke mens 'n leuenaar is", sê God. "Die hemel en die aarde sal verbygaan", het Jesus gesê, "maar My woorde sal nooit verbygaan nie" (9 Junie, 1953; 21 Januarie, 1961, o.a.).
Eers wanneer die volle lig van die Woord uitstraal, sal die Woord ons voete verlig en 'n lig vir ons pad wees. Dan is dit waar en word bevestig deur die leer van die apostels in die Nuwe Testament (Hand. 2:42).
Wat die bediening van Broeder Branham betref: Hy het deur die openbaring van die Heilige Gees al die geheimenisse openbaar gemaak — of dit nou gaan oor wat in die begin in die tuin van Eden gebeur het, of die belangrikste leerstellinge soos die Godheid, die bybelse doop, die nagmaal, of selfs die moeilike onderwerp van die huwelik en egskeiding, tot by die sewe seëls in die boek van Openbaring. Alles wat aan die profeet geopenbaar was, is ook aan ons geopenbaar, sodat ons dit nou, deur die verkondiging, verder kan uitdra. Aan die einde sal die Gemeente van die lewende God teruggebring word na haar regte, oorspronklike stand, omdat sy die "pilaar en grondslag van die waarheid" is (ITim. 3:15). So lui die belofte, en die boodskap sal in die kinders van die belofte (Gal. 4:28), ten volle uitrig, dit waarvoor dit gestuur is (Jes. 55:11).