Omsendbrief Desember 2015
Hoe het die apostels hulself voorgestel?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Paulus begin sy brief aan die Romeinse gemeente met die woorde: "Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God ...".
Die apostel Jakobus begin sy brief met die woorde: "Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!" (Jak. 1:1).
Die apostel Petrus begin ook sy tweede brief met: "Símeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het" (vers 1).
Die getroue Here het oor die jare heen, keer op keer opdragte aan my gegee en my elke keer met "My kneg" aangespreek, soos reeds in verskeie Omsendbriewe, insluitend in Desember 2005, aangegee is. Die dwase spot daaroor, hulle glo net in die roeping van die boodskapper, maar nie in die roeping van die een wat die boodskap uitdra nie.
Inderdaad word almal dan voor die finale besluit geplaas. Dit wat Paulus met die oog op 'n sending geskryf het, bly staan: "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!" (Rom. 10:15).
Ek kan dus ook uit genade sê: "... die een wat my gestuur het, het vir my gesê ...", dat dit niks met my as persoon te doen het nie; ek is ook net 'n mens, 'n begenadigde sondaar, soos Broeder Branham van homself gesê het: "a sinner saved by grace" — "'n sondaar, gered uit genade". Ons het te doen met God se plan van verlossing en wat Hy belowe het vir hierdie belangrikste periode. Dit bly daarby wat onse Here gesê het: "… wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My!". En wat van diegene wat hom nie inneem nie? "En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af!" (Matt. 10:14).
Wie van God is, sal die Woord van God hoor en wie uit God gebore is, sal dit glo. Die dwase gaan dit wat nou gebeur minagtend verby. Op hulle is dit van toepassing wat op alle ander is: "Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie" (Hand. 13:41). Die wyses het nie net gehoor wat God nou doen nie, hulle het 'n direkte aandeel in die werk, tot aan die voltooiing.
Laat ons weer die belangrike punt van 'n sending beklemtoon. In die eerste vers van Openbaring 1 lees ons: "... en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes bekend gemaak het". In die laaste hoofstuk lui dit: "... en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur" (vers 6) en uiteindelik "Ek, Jesus, het my engel gestuur …" (vers 16). Of dit nou 'n hemelse bode, of 'n aardse boodskapper is: Wie God stuur staan in direkte opdrag en spreek die woorde van God (Joh. 3:34). Met die bediening wat nou uitgevoer word, gaan dit ook oor 'n sending wat van verlossingsgeskiedelike belang is.