Omsendbrief Desember 2015
Die mees algemene vraag in ons tyd is: Wie is die dwase maagde? Maar alvorens ons kan dink aan die dwase maagde uit Matthéüs 25, moet ons in die eerste plek besorgd wees om deel te wees van die wyse maagde.
Soos almal weet, gaan hoofstuk 24 die gelykenis van die tien maagde in hoofstuk 25 vooraf. Ek vra almal om Matthéüs 24 in gebed sorgvuldig te lees. Dit spreek ook van die laaste tydperk, waarin ons nou leef: van oorloë, hongersnode en aardbewings; ook van die valse christusse en valse profete wat sal opstaan, wie groot wonderwerke en tekens sal doen, om, indien dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei. Ons dank die Here dat dit nie moontlik is nie! Dan volg die waarskuwing van onse Here: "Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê". Hy het ook gesê dat die Wederkoms van die Seun van die mens sal wees "soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn" — nie jare of weke nie. Dan verwys onse Here na die vyeboom waarmee Israel reeds in Hosea 9, vers 10, vergelyk is: "Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is" (Matt. 24:32). Die volk Israel het uit meer as 150 lande teruggekeer (Jes. 14:1; Jer. 31:10; Esé. 36:24; Luk. 21:29). Ons het die staat Israel sedert 1948 en nou is daar byna 17 miljoen Jode, soos voor die Holocaust.
Die Here het toe verder gegaan: "So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur" (vers 33). En die Here het steeds verder van Sy Wederkoms praat: dat twee dan op 'n bed sal wees (Luk. 17:34), twee in 'n veld (Matt. 24:40); een sal aangeneem word en die ander agtergelaat word. Hy het nog 'n maal benadruk: "Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie" (vers 42). En as 'n laaste waarskuwing het Hy gesê: "Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie" (vers 44). Net hulle wie gereed sal wees, sal die Bruilofsmaal ingaan! Alles wat die Here in hierdie hoofstuk vooruitgespreek het, het nou voor ons oë met Israel, met die Midde-Ooste en oor die hele wêreld, tot vervulling gekom.
Matthéüs 24, verse 45-47, gaan oor die uitdeel van die voedsel, tot met Sy Wederkoms. Die Here stel self die vraag: "Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?". Ons weet dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord van God (Matt. 4:4; Deut. 8:3). God het belowe om 'n hongerte te stuur om na Sy woorde te luister (Am. 8:11). Was die tafel van die Here ooit so ryklik gedek soos nou? Gee al die dienende broeders wêreldwyd nie ook dieselfde geestelike voedsel vandag nie? Die skrif word sigbaar voor ons oë vervul.
In die laaste verse van Matthéüs 24, in verse 48-51, moes die Here natuurlik ook van 'n bose dienskneg praat. Maar dit was nog altyd so. God stuur Sy diensknegte om Sy Woord te verkondig en daarna kom selfverklaarde manne na vore wat die mense hul eie interpretasies aanbied, maar hulle kan nie verslag doen van enige roeping en sending nie. By God bly dit altyd: Geen roeping sonder 'n sending nie en geen sending sonder 'n roeping nie. In Matthéüs 13, verse 34-43 het onse Here van die goeie saad gepraat wat Hy self gesaai het en hoe dat die vyand dadelik daarna gekom en die bose saad gesaai het. En albei het voortgekom: Dit een is kinders van God, die ander die kinders van die bose. Daar is geen land op aarde waar die ware boodskap van die Woord nie eers gebring was nie en dan daarna eers was die bose saad van interpretasies gesaai.
In Matthéüs 25 gaan onse Here voort: "Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet". Almal moet daarvan bewus wees dat direk na Matthéüs 24, word in hoofstuk 25, vers 1 gesê: "Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde ...". Nie voor nie en nie daarna nie, maar wanneer alles wat daarmee gepaard gaan, vanuit hoofstuk 24 gebeur en die ware voedsel uitgedeel word, kom die gelykenis van die tien maagde in die koninkryk van God ook tot vervulling. Die boodskap weerklink nou al hoe harder: "Kyk, die Bruidegom kom! Maak gereed om hom te ontmoet!" (Hermann Menge vert.).
Aanvanklik gaan al die maagde op hul weg. Met hul lampe in die hand gaan hulle die Bruidegom tegemoet. Maar die wyses bly die hele pad doelgerig. Hulle neem hul houers met die olie saam. Almal het aan die slaap geraak en almal het wakker geword toe die oproep om middernag kom: "Kyk, die Bruidegom kom!". Al die maagde het uit die slaap opgestaan, almal het hul lampe skoon gemaak, maar op die kritieke oomblik het die lampe — die ligte —van die dwase, doodgegaan. Terwyl hulle olie by die handelaars gaan kry, dan kom die Bruidegom. Die wyses gaan in na die Bruilofsmaal en die deur word gesluit. Dan kom die dwase te laat en skree: "Here, Here, maak vir ons oop!". Maar dan hoor hulle die ongelooflike antwoord: "Voorwaar Ek sê vir julle, Ek ken julle nie!" direk daarna kom die ernstige waarskuwing: "Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie" (vers 13). Kom ons dink weer daaraan: in die begin, toe die oproep kom, was dit maagde wat die Bruidegom tegemoet gaan, en aan die einde huil hulle voor die geslote deur: "Here, Here, maak vir ons oop!".
Die dwase, wie se lampe uitgaan, het eers die lig, hulle ervaar die afsondering, maar nie die voorbereiding nie (Openb. 19:7). Die Gees van God lei tot alle waarheid en gehoorsaamheid. En net dié wat hulle laat lei deur God se Gees, in alle waarheid, is die ware kinders van God (Rom 8:14). Die wyses neem ook die kruik met olie saam. Wat die Profeet Elia destyds gesê het, is vandag nog van toepassing: "Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee" (IKon. 17:14). Hulle het die brood van die lewe en die volheid van die Gees en ontvang die volle seën van die laat reën. "Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het" (Jak. 5:7). Die wyse maagde is die Bruid. Sy sal die doel bereik met die terugkeer van die Bruidegom. Sy glo absoluut elke Woord van God. Sy is deur die bediening direk aan God verbind, wie Sy werk voltooi. Sy keer elke interpretasie af en kan nie verlei word nie (IIKor. 11). Nie die begin nie, maar die einde word bekroon.