Omsendbrief Desember 2015
Ons kyk met dankbaarheid terug na wat die Here in die vyftig jare sedert Broeder Branham se heengaan gedoen het. Dit bly daarby, dat Broeder Branham die beloofde profeet was. Alles wat tot die unieke bediening van die profeet en boodskapper behoort, is vervul. Sy bediening is afgesluit. Wat Broeder Branham as mens betref, het hy die reg gehad om mens te wees. Hy het die reg gehad om sy verwagtinge te opper aangaande die "third pull" ("derde trek"), die sewe donderslae, die tentvisie, ens. Sy menslikheid het nie sy bediening geminag nie. In sy uitsprake was daar baie dinge wat moeilik is om te verstaan, en ongelukkig is dit steeds so, soos Petrus met verwysing na die briewe van Paulus geskryf het: "Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf" (IIPet. 3:16).
Daar is glad nie enige plek vir interpretasies nie, dit lei net tot ondergang. As ons alles terugneem na die Woord en dit korrek plaas, sal die moeilik-verstaanbare maklik verstaanbaar wees. In opdrag van God vra ek om respek vir die Woord van God. Geen profesie van die Skrif word toegelaat om na willekeur uitgelê te word nie, nie eens oor die sewende seël nie. Ook nie oor die sewe donderslae nie, of enige ander dinge wat ná die heengaan van Broeder Branham onder die mense versprei het en valse hoop aangewakker het nie.
Niemand sal my daarvan weerhou, om God se Woord te glo soos dit geskryf staan nie, en wat Broeder Branham gesê het, harmonieus daarin te plaas nie. So gewis soos wat die Here Sy skeppingswerk voleindig het, so voleindig Hy ook gewis Sy verlossingswerk self: "Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare" (Sag. 4:6b).
Ons is in groot afwagting dat die Here gou 'n magtige deurbraak sal gee. Tot dan moet ons volhard soos die apostel dit geskryf het: "Want julle het (volhardende) lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry" (Hebr. 10:36).
So staan dit geskrywe: "Want die Here sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen — vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig — ongehoord is sy daad!" (Jes. 28:21). Dit gaan nie oor wat mense verwag en aankondig nie, maar wat God in die Woord belowe het. "... want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen" (Rom 9:28).
Aan die lig van die ernstigheid van die tye, is dit wat Paulus in Romeine 16 geskryf het, nou belangriker as ooit: "Ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges".
"Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees" (IIKor. 13:11). Amen.
Ons kyk met dankbaarheid terug na wat die Here in die vyftig jare sedert Broeder Branham se heengaan gedoen het. Dit bly daarby, dat Broeder Branham die beloofde profeet was. Alles wat tot die unieke bediening van die profeet en boodskapper behoort, is vervul. Sy bediening is afgesluit. Wat Broeder Branham as mens betref, het hy die reg gehad om mens te wees. Hy het die reg gehad om sy verwagtinge te opper aangaande die "third pull" ("derde trek"), die sewe donderslae, die tentvisie, ens. Sy menslikheid het nie sy bediening geminag nie. In sy uitsprake was daar baie dinge wat moeilik is om te verstaan, en ongelukkig is dit steeds so, soos Petrus met verwysing na die briewe van Paulus geskryf het: "Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf" (IIPet. 3:16).
Daar is glad nie enige plek vir interpretasies nie, dit lei net tot ondergang. As ons alles terugneem na die Woord en dit korrek plaas, sal die moeilik-verstaanbare maklik verstaanbaar wees. In opdrag van God vra ek om respek vir die Woord van God. Geen profesie van die Skrif word toegelaat om na willekeur uitgelê te word nie, nie eens oor die sewende seël nie. Ook nie oor die sewe donderslae nie, of enige ander dinge wat ná die heengaan van Broeder Branham onder die mense versprei het en valse hoop aangewakker het nie.
Niemand sal my daarvan weerhou, om God se Woord te glo soos dit geskryf staan nie, en wat Broeder Branham gesê het, harmonieus daarin te plaas nie. So gewis soos wat die Here Sy skeppingswerk voleindig het, so voleindig Hy ook gewis Sy verlossingswerk self: "Nie deur krag of deur geweld nie,maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare" (Sag. 4:6b).