Wegwyser

Die plan van verlossing

« »

Nou wil ons ons wend tot die mens en sy verhouding met God. Die kern-probleem spruit uit die val van die mens en hul skeiding vanaf God. Ons sal egter nie bly ophou by hierdie punt nie, omdat die versoening bewerkstellig is. Miskien dink iemand: “Wat het dit met my te doen? Ek het nie myself geskep nie en kan myself dus nie help nie; Ek het nooit God of die duiwel gesien nie. Ek weet nie of die een, óf die ander bestaan nie!”. Baie sê trots: “Ek glo net dit wat ek kan sien. Na my kom die vloed. Geloof is net ‘n manier om die naïewes te vang. Godsdiens is in elk geval opium vir die mense ...”. Dit gaan nie oor sienings nie en ook nie eens oor ‘n godsdiens nie, waarvan daar baie is. God het Homself nie in een van hulle geopenbaar nie. Uiteraard is alle godsdienste uitvindsels van mense, deurdrenk met filosofie. Dit gaan oor veel meer, dit gaan oor ‘n persoonlike Gods-ervaring.

Aan diegene wat volgens die leuse gaan: “Ek glo net wat ek sien”, moet hulself die kinderlike vraag stel: of 'n mens ooit die wind al gesien het. Ons kan sien hoe dit die bome skud en die gevolge daarvan kan soms geweldig, selfs verwoestend wees. So is dit met die Gees van God. Dit is die krag van God wat hier op aarde in hulle wat in Jesus Christus glo, baie kragtig werk. Maar slegs hulle wie die genade van God ervaar, wie in die Gees se besit kom, neem Sy bonatuurlike werke waar.

Wie wil aanhou redeneer en veral slim wil wees daaroor, kan gevra word of iemand al sy verstand gesien het. Indien nie, beteken dit dan dat die gedagte nie bestaan nie? Wie net wil glo wat gesien kan word, beland in ‘n doodloopstraat. Selfs die wysste moet voor die wysheid van God buig. Die Here sê: “… salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het”. Die mens is so geskape dat hy kan kies tussen wat goed is of wat sleg is. Almal kan die lewe of die dood kies. Ons is nie masjiene wat vanaf ’n afstand beheer word nie, maar met 'n vrye wil toegerus; en dit is waar ons verantwoording inkom. Derhalwe sal elkeen wie dit nie geglo het nie, rekenskap moet gee.

“En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke” (Openb. 20: 11-12).

Daar is net een manier om die vreeslike oordeel te vermy; dit is om te erken dat Christus ons straf gedra het (Jesaja 53), sodat ons, deur in Hom te glo, vry kan uitgaan. Dit staan geskrywe: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My Woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe”(Joh. 5:24). Hy het die verlorenes kom soek om hulle tot saligheid te bring. In Christus het God self ons Verlosser geword. In Hom het Hy ons met Homself versoen. Daarom is die eintlike persoonlike geloof in die Here Jesus Christus noodsaaklik vir verlossing. Net hulle wie die Redder erken en aanvaar, kan gered word. Wie ookal Hom as die Verlosser aanvaar, ontvang verlossing. Alles wat nodig is tot saligheid, is ons s'n, deur God gegee in Jesus Christus.

Dit was die wil van God sedert Adam, dat die mens voortdurend in gemeenskap moes wees met hul Skepper. Ons word nie vertel hoe lank hierdie onverstoorde gemeenskap tussen God en die eerste mense bestaan het nie. Na die sondeval was hulle uit die paradys verjaag en toegang tot die Boom van die Lewe was beskut, (Gen. 3: 20-24). Die mens moes in die sweet van sy aangesig brood eet en vêr van God af leef. Toe die kwaaddoener by die kruisiging uitroep: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom”. Het die Verlosser vir hom gesê: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”(Luk. 23: 39-43).

Niemand kan dit verhelp om as ‘n sondaar in hierdie wêreld gebore te word nie. Maar elkeen moet die skuld kry as hulle sonder vergewing sterwe. Die Here wil nie die dood van die sondaar hê nie, maar wil dat hy bekeer en lewe (Esé. 18:23)

Nou wil ons ons wend tot die mens en sy verhouding met God. Die kern-probleem spruit uit die val van die mens en hul skeiding vanaf God. Ons sal egter nie bly ophou by hierdie punt nie, omdat die versoening bewerkstellig is. Miskien dink iemand: “Wat het dit met my te doen? Ek het nie myself geskep nie en kan myself dus nie help nie; Ek het nooit God of die duiwel gesien nie. Ek weet nie of die een, óf die ander bestaan nie!”. Baie sê trots: “Ek glo net dit wat ek kan sien. Na my kom die vloed. Geloof is net ‘n manier om die naïewes te vang. Godsdiens is in elk geval opium vir die mense ...”. Dit gaan nie oor sienings nie en ook nie eens oor ‘n godsdiens nie, waarvan daar baie is. God het Homself nie in een van hulle geopenbaar nie. Uiteraard is alle godsdienste uitvindsels van mense, deurdrenk met filosofie. Dit gaan oor veel meer, dit gaan oor ‘n persoonlike Gods-ervaring.

Aan diegene wat volgens die leuse gaan: “Ek glo net wat ek sien”, moet hulself die kinderlike vraag stel: of 'n mens ooit die wind al gesien het. Ons kan sien hoe dit die bome skud en die gevolge daarvan kan soms geweldig, selfs verwoestend wees. So is dit met die Gees van God. Dit is die krag van God wat hier op aarde in hulle wat in Jesus Christus glo, baie kragtig werk. Maar slegs hulle wie die genade van God ervaar, wie in die Gees se besit kom, neem Sy bonatuurlike werke waar.

Wie wil aanhou redeneer en veral slim wil wees daaroor, kan gevra word of iemand al sy verstand gesien het. Indien nie, beteken dit dan dat die gedagte nie bestaan nie? Wie net wil glo wat gesien kan word, beland in ‘n doodloopstraat. Selfs die wysste moet voor die wysheid van God buig. Die Here sê: “… salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het”. Die mens is so geskape dat hy kan kies tussen wat goed is of wat sleg is. Almal kan die lewe of die dood kies. Ons is nie masjiene wat vanaf ’n afstand beheer word nie, maar met 'n vrye wil toegerus; en dit is waar ons verantwoording inkom. Derhalwe sal elkeen wie dit nie geglo het nie, rekenskap moet gee.

“En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke” (Openb. 20: 11-12).

Daar is net een manier om die vreeslike oordeel te vermy; dit is om te erken dat Christus ons straf gedra het (Jesaja 53), sodat ons, deur in Hom te glo, vry kan uitgaan. Dit staan geskrywe: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My Woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe” (Joh. 5:24). Hy het die verlorenes kom soek om hulle tot saligheid te bring. In Christus het God self ons Verlosser geword. In Hom het Hy ons met Homself versoen. Daarom is die eintlike persoonlike geloof in die Here Jesus Christus noodsaaklik vir verlossing. Net hulle wie die Redder erken en aanvaar, kan gered word. Wie ookal Hom as die Verlosser aanvaar, ontvang verlossing. Alles wat nodig is tot saligheid, is ons s'n, deur God gegee in Jesus Christus.

Dit was die wil van God sedert Adam, dat die mens voortdurend in gemeenskap moes wees met hul Skepper. Ons word nie vertel hoe lank hierdie onverstoorde gemeenskap tussen God en die eerste mense bestaan het nie. Na die sondeval was hulle uit die paradys verjaag en toegang tot die Boom van die Lewe was beskut, (Gen. 3: 20-24). Die mens moes in die sweet van sy aangesig brood eet en vêr van God af leef. Toe die kwaaddoener by die kruisiging uitroep: “Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom”. Het die Verlosser vir hom gesê: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk. 23: 39-43).