Wegwyser

Die grootste triomf!

« »

Christus het nie net gesterf nie, Hy het op die derde dag uit die dode opgestaan. Baie, manne sowel as vrouens tegelyk, onder wie Maria en die apostels, het Hom gesien ná Sy opstanding. Ons word vertel dat Hy tegelyk aan meer as vyfhonderd broeders verskyn het (IKor. 15: 1-10). Sedertdien het duisende Christus in hulle tyd ervaar. Sy opstanding is die absolute oorwinning oor dood, hel en duiwel. Hy het gesê: "Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openb. 1: l7b-18). Slegs diegene wat uit die hart glo, sal dit kan opweeg wat agter dié woorde staan: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie” (Joh. 11: 25–26). Die waarborg vir die opstanding van alle seuns en dogters van God is in die opstanding van die Seun van God. Dit is hoekom dit geskryf staan: "Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word ...” (IKor. 15: 51-58).

Met die eerste koms van Christus was meer as ‘n honderd profesieë uit die Ou Testament vervul. Sy maagdelike geboorte, Sy lewe, werk en sterfte, Sy begrafnis, opstanding en hemelvaart, het alles gebeur soos dit vooruitgespreek was deur die profete. Dit verloop nou op dieselfde wyse in onse tyd soos dit in bybelse profesieë van die Ou en Nuwe Testamente vooruit gespreek was.