Wegwyser
Mense het veral in hierdie eeu verander, ongelukkig nie ten goede nie. Die een is ‘n duiwel vir die ander. Natuurlik het ons die styging vanaf die perdekar na ruimtevaart belewe. Die prestasies het ons kapasiteit op alle gebiede oorskry.
Maar die uitvindings is nie net ten goede van die mensdom nie, maar ook tot hul vernietiging. In die twee wêreldoorloë het almal wapens gebruik wat beskikbaar was. Nou is daar atoom-, waterstof- en neutronbomme, die verwoestende gevolge waarvan ons onsself amper nie kan voorstel nie. Sal hulle uiteindelik hierdie wapens gebruik? Ons hoor van vredes- en veiligheidskonferensies. Dit laat ons dink waarom juis hierdie twee terme deur politici gebruik word vandag. Byna 2000 jaar gelede was daar onder die inspirasie van die Heilige Gees die volgende geskryf: “... want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie”(IThess. 5: 2-3).
As die tyd van genade verby is, dan kom die dag van oordeel oor die aarde. Al die veiligheidsmaatreëls wat die Verenigde Nasies ookal kan tref, sal dit nie kan verhoed nie. Die apostel praat net voor hierdie skrifgedeelte van die Wederkoms van Jesus Christus en die Wegraping van die gelowiges vanaf die aarde. Christus gaan Sy eie huistoe neem, voordat die wêreld in vlamme opgaan. Dit kan op enige oomblik gebeur. Ons leef in 'n baie ernstige tyd. Die grootste gebeure sal binnekort plaasvind. Ons sal voortgaan om die vervulling van bybelse profesies in hierdie geslag te ervaar, en daarmee die bevestiging van die Woord van God.
Petrus skryf: “Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand” (IIPet. 3:10). So seker soos dit vooruitgespreek was, sal dit ook gebeur. Die verwoesting van die hele aarde sal skielik kom, veral nou dat hulle sê: ‘Nou is daar vrede en veiligheid, nou het ons dit reg gekry’. Die vrede- en veiligheidskonferensies sal voortgaan en sal ‘skyn-bekroon’ word. Maar die uur van goddelike toorn oor alle ongeregtigheid en menslike hooghartigheid sal egter onverwags aanbreek.
Mense het veral in hierdie eeu verander, ongelukkig nie ten goede nie. Die een is ‘n duiwel vir die ander. Natuurlik het ons die styging vanaf die perdekar na ruimtevaart belewe. Die prestasies het ons kapasiteit op alle gebiede oorskry.
Maar die uitvindings is nie net ten goede van die mensdom nie, maar ook tot hul vernietiging. In die twee wêreldoorloë het almal wapens gebruik wat beskikbaar was. Nou is daar atoom-, waterstof- en neutronbomme, die verwoestende gevolge waarvan ons onsself amper nie kan voorstel nie. Sal hulle uiteindelik hierdie wapens gebruik? Ons hoor van vredes- en veiligheidskonferensies. Dit laat ons dink waarom juis hierdie twee terme deur politici gebruik word vandag. Byna 2000 jaar gelede was daar onder die inspirasie van die Heilige Gees die volgende geskryf: “... want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie” (IThess. 5: 2-3).