Wegwyser

‘n Nuwe begin

« »

‘n Deurslaggewende deurbraak het destyds deur Luther gekom. 'n Nuwe begin was gemaak deur die verkondiging van die boodskap van regverdigmaking deur geloof in Christus. Baie pioniers, tot by Jan Huss, het ‘n marteldood gesterwe. Van daar af was daar geen oponthoud meer nie. Die koninkryk van God het met geweld deurgebreek en die Bybel was in baie tale vertaal. Die Woord van God was alhoe meer vanaf die menslike tradisies en oorlewerings geskei. Oor die hele wêreld het die goddelike vure opgevlam. Herlewingspredikers het prekende deur die lande getrek. Hele gebiede is aangegryp deur die genade en deur die Gees van God. ‘n Goddelike besoeking het begin. 

Die dae van die Reformasie, was gevolg deur diepgaande geestelik herlewings, tog altyd buite die bestaande georganiseerde kerke. Die alombekende protestantse gemeenskappe het daaruit voortgekom. Insluitend was die Metodiste, Baptiste, Mennoniete en die ‘Salvation Army’ — kortom, almal wat die evangelie van Jesus Christus tot redding van die siel verkondig het, tot by die pinksterbeweging, wat so beskryf word, want in hulle midde was die geestelike gawes geopenbaar, soos op Pinksterdag. Ongelukkig het die gemeentes wat deur 'n herlewing na vore gekom het, geestelik gebly met een of ander lering, sonder om die volledige evangelie by hul prediking in te sluit. Hieruit is dit duidelik dat daar baie uiteenlopende uitgangspunte uit die Christendom voortgekom het. Maar die betekenis en doel van die Reformasie kan slegs vervul word, wanneer die Gemeente van die Here tot die oorspronklike stand, soos aan die begin, teruggebring word. 

Tensy ons glo en leer soos die apostels, glo en leer ons verkeerd. Die sendingsbevel van Markus 16 kom selde nog tot volle uitwerking. Die geestelike lewe in alle Christelike kringe, het stagnasie ervaar, waaronder ons moes uitkom. ‘n Mens hoor van ekumenisme, oor die charismatiese beweging, van verskillende strome wat opvlam soos 'n flits-vuur en binne 'n kort tydjie uitgeblus word. Ons het tot by die punt gekom dat ons moet let op wat God nou volgens Sy Woord doen.

Die Nuwe-Testamentiese Gemeente hier aan die einde, moet dieselfde wees soos die aan die begin. Wat destyds gebeur het, moet weer gebeur; dieselfde leringe en dieselfde praktyke moet herstel word. Op alle terreine moet ons tred hou met die vooruitgang en ontwikkeling. Op geestelike gebied het baie langs die weg, op die roete geval. Die Gees van God beur egter nog steeds voorwaarts — die doel, die voltooiing van die Gemeente, is baie naby. ‘n Haastigheid is nodig.