Wegwyser

Die bestaan ​​van Israel — die kenteken

« »

Die tekens van die tye dui op die einde van ons beskawing. Die Die belangrikste kenteken van die eindtyd is die terugkeer van die volk Israel na die land van hulle vaders. Soos die profete in die ou tyd verkondig het, sal Israel uit al die nasies versamel word aan die einde van die dae. Wat nou gebeur is geen toeval nie, maar 'n duidelike vervulling van die bybelse profesieë. Die Jode het vanuit meer as honderd lande teruggekeer. Wie het hulle dan daar vandaan gelei? Hulle woon al vir baie generasies oor die hele wêreld. Dit was 'n goddelike leiding wat hulle gevolg het.

Israel is sedert Mei, 1948, 'n land met ‘n eie regering. Die uur van God het aangebreek. Die Here het gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie” (Matt. 24:34). Israel het van ouds af die weg van God verlaat en hul rug gedraai op Sy gebooie. Sedert hulle Christus verwerp het, en die verlossing deur Hom nie aanvaar het nie, was die Jode onderdruk, vervolg en vermoor, tot op die punt dat ses miljoen van hulle op die ergste maniere omgebring is deur die Derde Ryk.

Maar daar is geskrywe: “Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde … En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel …”(Jeremia 31).

“Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!” (Jes. 66:10). Baie heenwysings uit die Heilige Skrif bied uitsluitsel oor die verwikkelinge wat ons nou ervaar.

Israel sal die brandpunt bly tot aan die einde. Die Here self sal ingryp en die vyandelike magte verslaan (Esé. 38; Joel 4; Sag. 14). Die hele wêreld sal toegee dat die Here dinge met Israel doen. Daar staan geskrywe: “... en Egipte sal saam met Assirië die Here dien. In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde, omdat die Here van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!” (Jes. 19: 23-25).

Aanvanklik sal Sirië dit nie begryp ​​dat God goed met hulle bedoel nie, om die ontwil van Israel, en sal eers tot besinning kom wanneer hulle 'n verskriklike slag toegedien word, soos daar geskrywe staan in Jesaja 17, verse: 1-3​​: "Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal 'n vervalle puinhoop word. Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak. En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die Here van die leërskare”.

Ondanks al die onderhandelinge sal daar nie 'n bevredigende oplossing kom nie. Die grense van Israel is al in die Ou Testament vasgelê. Politici moes net die goddelike besluit gerespekteer en dit verwerk het. Die hele probleem sou opgelos gewees het as die Palestyne net as miljoene ontheemdes geklassifiseer sou gewees het, na die tweede wêreldoorlog. Maar dit sou te maklik gewees het. Ons kan verseker wees en weet dat die verloop van gebeure met Israel, die naburige nasies en met die hele wêreld, gaan soos dit geskrywe staan.

Oor hierdie onderwerp, kan talryke bybelgedeeltes opgehaal word, maar dit is nie moontlik om dit nou hier te doen nie. Eers ná die laaste groot stryd sal die Here Sy koninklike heerskappy inneem: “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en Sy Naam een”(Sag. 14:9).

Die tekens van die tye dui op die einde van ons beskawing. Die Die belangrikste kenteken van die eindtyd is die terugkeer van die volk Israel na die land van hulle vaders. Soos die profete in die ou tyd verkondig het, sal Israel uit al die nasies versamel word aan die einde van die dae. Wat nou gebeur is geen toeval nie, maar 'n duidelike vervulling van die bybelse profesieë. Die Jode het vanuit meer as honderd lande teruggekeer. Wie het hulle dan daar vandaan gelei? Hulle woon al vir baie generasies oor die hele wêreld. Dit was 'n goddelike leiding wat hulle gevolg het.

Israel is sedert Mei, 1948, 'n land met ‘n eie regering. Die uur van God het aangebreek. Die Here het gesê: “Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie” (Matt. 24:34). Israel het van ouds af die weg van God verlaat en hul rug gedraai op Sy gebooie. Sedert hulle Christus verwerp het, en die verlossing deur Hom nie aanvaar het nie, was die Jode onderdruk, vervolg en vermoor, tot op die punt dat ses miljoen van hulle op die ergste maniere omgebring is deur die Derde Ryk. 

Maar daar is geskrywe: “Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde … En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel …” (Jeremia 31).

“Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!” (Jes. 66:10). Baie heenwysings uit die Heilige Skrif bied uitsluitsel oor die verwikkelinge wat ons nou ervaar.

Israel sal die brandpunt bly tot aan die einde. Die Here self sal ingryp en die vyandelike magte verslaan (Esé. 38; Joel 4; Sag. 14). Die hele wêreld sal toegee dat die Here dinge met Israel doen. Daar staan geskrywe: “... en Egipte sal saam met Assirië die Here dien. In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde, omdat die Here van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!” (Jes. 19: 23-25).

Aanvanklik sal Sirië dit nie begryp ​​dat God goed met hulle bedoel nie, om die ontwil van Israel, en sal eers tot besinning kom wanneer hulle 'n verskriklike slag toegedien word, soos daar geskrywe staan in Jesaja 17, verse: 1-3​​: "Godspraak oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal 'n vervalle puinhoop word. Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak. En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die Here van die leërskare”.

Ondanks al die onderhandelinge sal daar nie 'n bevredigende oplossing kom nie. Die grense van Israel is al in die Ou Testament vasgelê. Politici moes net die goddelike besluit gerespekteer en dit verwerk het. Die hele probleem sou opgelos gewees het as die Palestyne net as miljoene ontheemdes geklassifiseer sou gewees het, na die tweede wêreldoorlog. Maar dit sou te maklik gewees het. Ons kan verseker wees en weet dat die verloop van gebeure met Israel, die naburige nasies en met die hele wêreld, gaan soos dit geskrywe staan.

Oor hierdie onderwerp, kan talryke bybelgedeeltes opgehaal word, maar dit is nie moontlik om dit nou hier te doen nie. Eers ná die laaste groot stryd sal die Here Sy koninklike heerskappy inneem: “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en Sy Naam een” (Sag. 14:9).