Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Dit was met groot toorn dat die Here God op die sondeval gereageer het. Hy vervloek die slang, wat onmiddellik toe sy spraak en sy oorspronklike vorm verloor het. Voor dit kon hy praat en was ‘n orente wese, maar van daardie oomblik af het hy op die grond geseil as 'n reptiel. Eva was nie vervloek nie, maar was gestraf, deurdat haar kinders in pyn gebaar moes word en dit slegs met die doel dat sy die verleiding moes onthou. God het nie hierdie straf in die mond geplaas nie, maar wel waar dit behoort, dit wil sê, in die moederskoot. Die feit dat hulle hul skaamte met vyeblare bedek het — nie onder die skadu van 'n appelboom waarvan die Bybel glad nie praat nie — maak dit duidelik wat eintlik gebeur het. Adam is verder ook nie vervloek nie, maar die aarde, wat hy moes bewerk het, was vervloek. Hy self moes sy brood deur die sweet van sy aangesig eet. Wat die Here vir hom verwytelik gesê het was: "Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou ..."(Gen. 3:17).
Dit wat aan Adam en Eva gesê was ná die sondeval, is ook van toepassing op die gelowiges, omdat hulle op hierdie pelgrimsreis op aarde, in dieselfde liggaamlike wese verkeer. Gelowige vroue baar ook hul kinders in pyn en die manne vee nog altyd die sweet vanaf hul voorkop deur liggaamlike arbeid. Eers met die liggaamsveranderinge sal die liggaamsverlossing vervul word. Tot op daardie oomblik, sal die fisiese beperkings dieselfde wees vir gelowiges sowel as vir ongelowiges — almal ondervind dieselfde behoeftes en swaarkry.
Nadat die onheil hulle beval het, het die ewige God onmiddellik die belofte van verlossing gegee, d.w.s. dat “die Saad” deur die vrou sou kom om die slang se kop te vermorsel. Satan het sy saad deur Eva gebring, maar die Saad van God het deur Maria gekom. God het die teëstander aangespreek en gesê: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt”(Gen. 3:15).
Wat die sondeval betref, sê Broeder Branham dat die dinge wat aan die begin was, verbygegaan het, dit wil sê, die dinge waarvan onse Here Jesus vertel in Matthéüs, wanneer Hy sê: “... maar van die begin af was dit nie so nie” (Matt. 19:8). Na die sondeval was 'n nuwe verbond nodig, sê die man van God, wat die gelykheid tussen manne en vrouens beëindig het. Aanhaling: “Let op nou. Nou ná die begin, ná die begin, nadat tyd begin het (voor dit, was ewigheid), dit was verby. Let op dat, na die sondeval wat deur Eva veroorsaak is, was dit nodig om 'n nuwe verbond te sluit. Julle gaan hieroor struikel, maar ek gaan julle die Skrifgedeeltes gee wat bewys dat dit die waarheid is. Let op nou, ná die sondeval … het Jesus gesê dat God in die begin een van elke spesie gemaak het. Maar, kom ons gaan na die ander kant. In die eerste verbond was hulle gelyk, maar ná die sondeval, was ‘n ander verbond gesluit. Nou het die vrou nie meer met die man geheers nie. Dit het vir elkeen van hulle 'n afsonderlike verbond genoodsaak” (bl. 33-34).
Die gelykheid van die man en vrou, dws., die eweredigheid van hul posisies, was daarmee verbeur, en Adam was toe deur God self gevestig as heer oor sy vrou. “… en hý sal oor jou heers” (Gen. 3:16c). Daardeur het niks vir die gelowige vroue in die Nuwe Testament verander nie, al word dit openlik (of stilweg) deur sommige verwerp. Paulus skryf: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (IKor. 11:3). Vir die gelowiges is dit weer en bly dit altyd die goddelike orde. 'n Ware gelowige vrou, wat haar plek ken, sal haar rol van harte inneem. As sy die gesag van die man verontagsaam, dan onthoof sy haarself bybelsgesproke, en is dan in die volle sin van die woord "koploos".
Met die sondeval was 'die begin', waarvan Jesus gepraat het in Matthéüs 19, verby. Aanhaling: “Kom laat ons nou ag slaan op wat Jesus hieroor gesê het: ‘… van die begin af was dit nie so nie’. Dit is nou dus nie "aan die begin" nie, maar ná die begin, en nou is daar 'n dubbele verbond. Eers was daar net een verbond. Adam en Eva was gelyk, een man, een vrou. Maar die vrou het gesondig en wat het gebeur? Dit het hulle almal in die dood gedompel en God moes 'n verbond sluit met inagneming daarvan, 'n ander verbond. Hier is dit, in Genesis 3, vers 16. Hy het 'n ander verbond gesluit” (bl. 35).
Dan lei Broeder Branham ons na iets wat vir ons, met die eerste oogopslag, ondenkbaar klink; by nadere oorweging, na die aanvanklike skok, is dit tog ten goede. Aanhaling: “Nou, u sal sien, ná die begin was iets anders bekendgestel. Wat ek julle gaan vertel, sal julle skok ... Toe die dubbele verbond deur middel van seks vir man en vrou gesluit was — Dit was 'n totaal verskillende verbond; dit was nie die oorspronklike verbond nie, maar 'n ander verbond — wat was toe bekendgestel? Veelwywery oral! ... Dit is die tweede verbond: een man en baie vrouens” (bl. 36).
Soos ons alreeds gesê het, het dit ons baie geskok omdat ons dit nie verwag het nie. Dit gaan hier egter nie om die bekendstelling van veelwywery nie, maar eerder om ‘n bybelse regstelling. Broeder Branham lê dit net neer uit die Skrif en leer wat die Woord van God van getuig: dit wil sê dat die posisie van die vrou anders is as die van die man.
Op hierdie basis gaan die profeet voort met al die erns van God, dat dit selfs opmerklik is in sy stem: “Gee nou aandag! Moet dit nou nie mis nie. Laat dit heeltemal in jou hart in sink: Nie een van hierdie vrouens kon meer as net een eggenoot hê nie. Hy is die oorspronklike skepping, nie sy nie. Nie een van hierdie vroue kon meer as een man hê nie, maar een man kon 'n duisend vroue hê. Dit is ‘So spreek die Here’. Dit is die Bybel"(bl. 36).
Het Paulus nie soortgelyke gedagtes oor vroue beklemtoon nie? “Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het...” (ITim. 5:9). Ook staan daar heel duidelik ten opsigte van die vrou geskryf: “Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word” (Rom. 7: 2-3). ‘n Vrou word gebind deur haar trougelofte solank haar man leef, en as sy dit verbreek, dan is sy skuldig. Die teks van IKorinthiërs 7, vers 39, bevestig dit. Kon God iets vergeet het? Of sou Hy verkeerd gewees het? Beslis nie.
Dieselfde Paulus gaan voort en skrywe oor die nog jong weduwees, dat sy weer sal moet trou (ITim. 5:14). Die verskillende posisies tussen manne en vroue blyk ook uit die volgende bybelgedeelte, waarna Broeder Branham verwys. Aanhaling: “Matthéüs 5, vers 32. Ek wil graag hê dat u dit opmerk, om hierdie idee van een en meer te ondersteun ... ‘Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg (Hoe so? Omdat sy weer sal trou), en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk’” (bl. 39-40). Hier moet ons weer presies ag slaan, oor wie hier aangespreek word en waaroor dit gaan.
Dit is waarom ‘n man, wat sy vrou 'n egskeidingsbrief gegee het, en sy die dokument gebruik om die vrou van 'n ander man te word, haar nie kan terugneem, selfs nie na die dood van haar tweede man nie, omdat sy verontreinig is. (Deut. 24: 1-4). “Daar word gesê: As 'n man sy vrou wegstuur en sy hom verlaat en by 'n ander man is, sal hy na haar terugkeer? Sal hierdie land nie heeltemal verontreinig word nie?” (Jer. 3:1). Dit is presies hoe God handel met hierdie aangeleentheid.
Mense kan hierop uitroep: “Manne van God van die Nuwe Testament, Paulus en Branham, dit is verregaande! Waar is dan geregtigheid? Ons het gelykheid!”. Dit is waar. Diegene wat die gees van hierdie tyd het, beoefen gelykheid en verhef selfs die vrou bokant die man, sodat sy, in plaas van dat die man oor haar heers, sy oor hom heers, soos die profeet sê. Die Gees van God is egter gekant teen die neiging van hierdie tyd, sodat elke vrou wat deur die Woord geheilig word, in die praktyk haar teenoor haar man onderdanig maak, en dat die man prakties en volledig onderdanig is teenoor Christus, sodat die onveranderlike goddelike orde herstel kan wees.
Broeder Branham verwys ook na wat die apostel Paulus gesê het in ITimothéüs 2, verse 9-15, dat vroue nie toegelaat word om “onderrig te gee of oor die man te heers nie”. Nadat Eva haarself onder die invloed — die mag van Satan gewilliglik gestel het, het sy begin om Adam te beïnvloed, totdat hy uiteindelik gedoen het wat sy wou hê en so God se gebod oortree het. So het die val gekom, wat 'n godslastering teen God was en die goddelike orde vernietig het en nog steeds voortgaan in almal wat nie toelaat dat hulle in die voorskrifte van God ingevoeg word nie. Die apostel se grondlegging vir haar ondergeskiktheid is hierdie: “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom” (ITim. 2: 13-14). Toe trek Broeder Branham 'n parallel met IKorinthiërs 14, en soos Paulus, benadruk hy dat dit heeltemal 'wettig' is vir vrouens om te swyg en onderdanig te bly “... soos die wet ook sê” (IKor. 14:34). Oudmodies? Ou-testamenties? Vyand van vroue? Glad nie! Maar dit is soos die God wat altyd dieselfde bly, dit vasgelê het in Sy wet wat vir ewig geldig is! Die Here Jesus het nie gekom om die wet en die gebooie nietig te verklaar nie, maar om dit te volbring. Hy het gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie”(Matt. 5: 17-18). Wat Hy eenkeer gesê het, bly vir ewig geldig.
Dit was met groot toorn dat die Here God op die sondeval gereageer het. Hy vervloek die slang, wat onmiddellik toe sy spraak en sy oorspronklike vorm verloor het. Voor dit kon hy praat en was ‘n orente wese, maar van daardie oomblik af het hy op die grond geseil as 'n reptiel. Eva was nie vervloek nie, maar was gestraf, deurdat haar kinders in pyn gebaar moes word en dit slegs met die doel dat sy die verleiding moes onthou. God het nie hierdie straf in die mond geplaas nie, maar wel waar dit behoort, dit wil sê, in die moederskoot. Die feit dat hulle hul skaamte met vyeblare bedek het — nie onder die skadu van 'n appelboom waarvan die Bybel glad nie praat nie — maak dit duidelik wat eintlik gebeur het. Adam is verder ook nie vervloek nie, maar die aarde, wat hy moes bewerk het, was vervloek. Hy self moes sy brood deur die sweet van sy aangesig eet. Wat die Here vir hom verwytelik gesê het was: "Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou ..." (Gen. 3:17).
Dit wat aan Adam en Eva gesê was ná die sondeval, is ook van toepassing op die gelowiges, omdat hulle op hierdie pelgrimsreis op aarde, in dieselfde liggaamlike wese verkeer. Gelowige vroue baar ook hul kinders in pyn en die manne vee nog altyd die sweet vanaf hul voorkop deur liggaamlike arbeid. Eers met die liggaamsveranderinge sal die liggaamsverlossing vervul word. Tot op daardie oomblik, sal die fisiese beperkings dieselfde wees vir gelowiges sowel as vir ongelowiges — almal ondervind dieselfde behoeftes en swaarkry.
Nadat die onheil hulle beval het, het die ewige God onmiddellik die belofte van verlossing gegee, d.w.s. dat “die Saad” deur die vrou sou kom om die slang se kop te vermorsel. Satan het sy saad deur Eva gebring, maar die Saad van God het deur Maria gekom. God het die teëstander aangespreek en gesê: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt” (Gen. 3:15).
Wat die sondeval betref, sê Broeder Branham dat die dinge wat aan die begin was, verbygegaan het, dit wil sê, die dinge waarvan onse Here Jesus vertel in Matthéüs, wanneer Hy sê: “... maar van die begin af was dit nie so nie” (Matt. 19:8). Na die sondeval was 'n nuwe verbond nodig, sê die man van God, wat die gelykheid tussen manne en vrouens beëindig het. Aanhaling: “Let op nou. Nou ná die begin, ná die begin, nadat tyd begin het (voor dit, was ewigheid), dit was verby. Let op dat, na die sondeval wat deur Eva veroorsaak is, was dit nodig om 'n nuwe verbond te sluit. Julle gaan hieroor struikel, maar ek gaan julle die Skrifgedeeltes gee wat bewys dat dit die waarheid is. Let op nou, ná die sondeval … het Jesus gesê dat God in die begin een van elke spesie gemaak het. Maar, kom ons gaan na die ander kant. In die eerste verbond was hulle gelyk, maar ná die sondeval, was ‘n ander verbond gesluit. Nou het die vrou nie meer met die man geheers nie. Dit het vir elkeen van hulle 'n afsonderlike verbond genoodsaak” (bl. 33-34).
Die gelykheid van die man en vrou, dws., die eweredigheid van hul posisies, was daarmee verbeur, en Adam was toe deur God self gevestig as heer oor sy vrou. “… en hý sal oor jou heers” (Gen. 3:16c). Daardeur het niks vir die gelowige vroue in die Nuwe Testament verander nie, al word dit openlik (of stilweg) deur sommige verwerp. Paulus skryf: “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (IKor. 11:3). Vir die gelowiges is dit weer en bly dit altyd die goddelike orde. 'n Ware gelowige vrou, wat haar plek ken, sal haar rol van harte inneem. As sy die gesag van die man verontagsaam, dan onthoof sy haarself bybelsgesproke, en is dan in die volle sin van die woord "koploos".
Met die sondeval was 'die begin', waarvan Jesus gepraat het in Matthéüs 19, verby. Aanhaling: “Kom laat ons nou ag slaan op wat Jesus hieroor gesê het: ‘… van die begin af was dit nie so nie’. Dit is nou dus nie "aan die begin" nie, maar ná die begin, en nou is daar 'n dubbele verbond. Eers was daar net een verbond. Adam en Eva was gelyk, een man, een vrou. Maar die vrou het gesondig en wat het gebeur? Dit het hulle almal in die dood gedompel en God moes 'n verbond sluit met inagneming daarvan, 'n ander verbond. Hier is dit, in Genesis 3, vers 16. Hy het 'n ander verbond gesluit” (bl. 35).
Dan lei Broeder Branham ons na iets wat vir ons, met die eerste oogopslag, ondenkbaar klink; by nadere oorweging, na die aanvanklike skok, is dit tog ten goede. Aanhaling: “Nou, u sal sien, ná die begin was iets anders bekendgestel. Wat ek julle gaan vertel, sal julle skok ... Toe die dubbele verbond deur middel van seks vir man en vrou gesluit was — Dit was 'n totaal verskillende verbond; dit was nie die oorspronklike verbond nie, maar 'n ander verbond — wat was toe bekendgestel? Veelwywery oral! ... Dit is die tweede verbond: een man en baie vrouens” (bl. 36).
Soos ons alreeds gesê het, het dit ons baie geskok omdat ons dit nie verwag het nie. Dit gaan hier egter nie om die bekendstelling van veelwywery nie, maar eerder om ‘n bybelse regstelling. Broeder Branham lê dit net neer uit die Skrif en leer wat die Woord van God van getuig: dit wil sê dat die posisie van die vrou anders is as die van die man.
Op hierdie basis gaan die profeet voort met al die erns van God, dat dit selfs opmerklik is in sy stem: “Gee nou aandag! Moet dit nou nie mis nie. Laat dit heeltemal in jou hart in sink: Nie een van hierdie vrouens kon meer as net een eggenoot hê nie. Hy is die oorspronklike skepping, nie sy nie. Nie een van hierdie vroue kon meer as een man hê nie, maar een man kon 'n duisend vroue hê. Dit is ‘So spreek die Here’. Dit is die Bybel" (bl. 36).
Het Paulus nie soortgelyke gedagtes oor vroue beklemtoon nie? “Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het...” (ITim. 5:9). Ook staan daar heel duidelik ten opsigte van die vrou geskryf: “Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word” (Rom. 7: 2-3). ‘n Vrou word gebind deur haar trougelofte solank haar man leef, en as sy dit verbreek, dan is sy skuldig. Die teks van IKorinthiërs 7, vers 39, bevestig dit. Kon God iets vergeet het? Of sou Hy verkeerd gewees het? Beslis nie.
Dieselfde Paulus gaan voort en skrywe oor die nog jong weduwees, dat sy weer sal moet trou (ITim. 5:14). Die verskillende posisies tussen manne en vroue blyk ook uit die volgende bybelgedeelte, waarna Broeder Branham verwys. Aanhaling: “Matthéüs 5, vers 32. Ek wil graag hê dat u dit opmerk, om hierdie idee van een en meer te ondersteun ... ‘Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg (Hoe so? Omdat sy weer sal trou), en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk’” (bl. 39-40). Hier moet ons weer presies ag slaan, oor wie hier aangespreek word en waaroor dit gaan.
Dit is waarom ‘n man, wat sy vrou 'n egskeidingsbrief gegee het, en sy die dokument gebruik om die vrou van 'n ander man te word, haar nie kan terugneem, selfs nie na die dood van haar tweede man nie, omdat sy verontreinig is. (Deut. 24: 1-4). “Daar word gesê: As 'n man sy vrou wegstuur en sy hom verlaat en by 'n ander man is, sal hy na haar terugkeer? Sal hierdie land nie heeltemal verontreinig word nie?” (Jer. 3:1). Dit is presies hoe God handel met hierdie aangeleentheid.
Mense kan hierop uitroep: “Manne van God van die Nuwe Testament, Paulus en Branham, dit is verregaande! Waar is dan geregtigheid? Ons het gelykheid!”. Dit is waar. Diegene wat die gees van hierdie tyd het, beoefen gelykheid en verhef selfs die vrou bokant die man, sodat sy, in plaas van dat die man oor haar heers, sy oor hom heers, soos die profeet sê. Die Gees van God is egter gekant teen die neiging van hierdie tyd, sodat elke vrou wat deur die Woord geheilig word, in die praktyk haar teenoor haar man onderdanig maak, en dat die man prakties en volledig onderdanig is teenoor Christus, sodat die onveranderlike goddelike orde herstel kan wees.
Broeder Branham verwys ook na wat die apostel Paulus gesê het in ITimothéüs 2, verse 9-15, dat vroue nie toegelaat word om “onderrig te gee of oor die man te heers nie”. Nadat Eva haarself onder die invloed — die mag van Satan gewilliglik gestel het, het sy begin om Adam te beïnvloed, totdat hy uiteindelik gedoen het wat sy wou hê en so God se gebod oortree het. So het die val gekom, wat 'n godslastering teen God was en die goddelike orde vernietig het en nog steeds voortgaan in almal wat nie toelaat dat hulle in die voorskrifte van God ingevoeg word nie. Die apostel se grondlegging vir haar ondergeskiktheid is hierdie: “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom” (ITim. 2: 13-14). Toe trek Broeder Branham 'n parallel met IKorinthiërs 14, en soos Paulus, benadruk hy dat dit heeltemal 'wettig' is vir vrouens om te swyg en onderdanig te bly “... soos die wet ook sê” (IKor. 14:34). Oudmodies? Ou-testamenties? Vyand van vroue? Glad nie! Maar dit is soos die God wat altyd dieselfde bly, dit vasgelê het in Sy wet wat vir ewig geldig is! Die Here Jesus het nie gekom om die wet en die gebooie nietig te verklaar nie, maar om dit te volbring. Hy het gesê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie” (Matt. 5: 17-18). Wat Hy eenkeer gesê het, bly vir ewig geldig.