Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

God se verordeninge bly onveranderd

« »

So is die verloop van die goddelike orde dus nog eintlik dieselfde soos in die Ou- en die Nuwe Testament. In die 20ste eeu sê God nog steeds dieselfde as ses-, vier- of tweeduisend jaar gelede. Hy wie daarmee ontevrede is, word in dieselfde posisie geplaas as moderne mense, wat sonder oriëntasie, hulle eie pad volg, na die verderf. Ons moet onsself die vraag afvra, in watter toestand ons sou wees as God op ‘n tyd iets op een manier gesê het, en 'n ander keer op 'n ander manier? God sou sodoende nie in der ewigheid ‘n plan ten gunste van die mensdom kon maak, wat bewerkstellig kon word tydens die verlossingsgeskiedenis, en nou tot voltooiing kom nie. Andersins, hoe sou Hy almal eenvormig kon beoordeel het aan al Sy Woord?

Aanhaling : “So sien ons nou die hele prentjie ontvou voor ons. Daar is sy. Daarom laat God haar nie toe om onderrig te gee nie, en ook nie dat sy iets in die gemeente doen nie, maar om stil te wees, met ‘n versluierde gesig” (bl. 32). Is dit 'n harde en liefdelose Woord? Wie kan daarna luister? Wie kan dit verdra? Wie sal aanstoot neem daaraan en hul eie weg volg? Of wie sal dit met dankbaarheid erken en vorentoe beweeg? Daar is geen vrouens in die Nuwe Testament wat deur God in die bedieninge van ‘apostelinne’, ‘profetesse’, ‘evangelisesse’, ‘leraresse’ of ‘pastorinne’ geplaas is nie. Maar, soos in die vierde sendingsbrief berig word, was daar die vrou 'Isébel', wat haarself voorgegee het as 'n 'profetes' en haarself daartoe gewy het om onderrig te gee as ‘'n lerares’ (Openb. 2:20). God wys die engel van daardie Gemeente ernstig tereg, omdat hy hierdie vrou laat begaan het. Dit is wat God tot vandag toe nog doen.

Die profeet Eségiël het reeds teen die profetesse opgetree, nadat hy eerstens die valse profete en hul optrede veroordeel het (Eségiël 13). Die Here het hom só beveel: “… En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart …” (vers 17). Van die vroue wat kwaadwilliglik en selfs in ergerlikheid opgetree het, het die profeet met "Wee …!" gesê: “Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense ..." (vers 18). Hulle kan alles sny om in allerhande situasies in te pas. Met hulle profesieë word siele gevange geneem, wat hulle doodmaak as gevolg van hul valse inspirasie, dit wil sê, deur die gif van die slang wat daarin is; in sulke gevalle is dit glad nie profesieë nie, maar waarsêery. Waarsêery kan soms ook waar wees, maar profesieë is eintlik van God, terwyl ander dinge van die duiwel kom (sien Handelinge 16: 16-18; 21: 7-14, ook andere). In 'n profesie wat deur die Gees van God voortgebring word en wat aan die Gemeente gerig is, is daar altyd drie hoof-kenmerke: opbouing, vermaning en troosting (IKor. 14:3). Alles wat van God kom, lei na Hom en verenig ons met Hom; nie met die houer wat hy gebruik nie. Valse profete en veral valse profetesse, word hierdeur gekenmerk: hulle praat in effek van God om hulself voor te stel as besonders geestelik, maar hulle bind mense aan hulself deur die gawe wat hulle bleik te het, en maak hulle dan afhanklik van hul profesieë en hul sogenaamde “persoonlike openbaringe”.

So spreek die Here aan sulke vroue wat nog altyd daarin geslaag het — as ‘draers van gawes’ — om almal na hulle aan te trek met dieselfde betowering van Satan, waaronder hulle self was: “... daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die Here is” (Esé. 13:23). Dit is verskriklik dat sulke vrouens, wie nie die Woord respekteer nie, visioene sien wat geïnspireer is deur 'n gees van leuens! Die mense kom glad nie agter dat hul profesieë misleidende waarsêery is nie en dus, sonder dat hulle dit weet, word die vroomste 'gelowiges' betower. Niemand sou vermoed dat sulke mense, wie hulself as geestelik en 'draers van gawes' voordoen, direk deur die vyand aangewend word om die Gemeente binne te dring en dit te vernietig. Dit bring ons terug na Eva, wat haarself toegelaat het om verlei te word deur die vyand, en daarvandaan het sy ‘n instrument geword om God se oorspronklike plan vir Sy kinders te verydel.

Natuurlik kan 'n valse inspirasie ook op enigeen kom, soos met Petrus gebeur het, toe hy die Here goeie raad wou gee, om Sy lyding te vermy; Hy neem die Here eenkant toe en sê vir Hom: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!”. Maar die Here het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense” (Matt. 16: 22-23). Petrus het nie probeer om die Here te beïnvloed deur ‘n visioen voor te dra, of ‘n profesie aan hom te bring, soos met Isébel en die valse profete die geval was nie. Petrus was eenvoudig op daardie oomblik net nie waaksaam genoeg nie; dit was onder 'n goedbedoelde, maar egter ‘n valse inspirasie.

Van die eerste tot die laaste, moet ons almal te alle tye waaksaam wees. Wanneer iets gesê word, en dit nie saam met die getuienis van die Heilige Skrif stem nie, is dit 'n valse inspirasie, en maak dit nie saak uit watter persoon of mond die vyand praat nie. Die Woord alleen bly vir altyd die enigste geldige maatstaf. Wat deur die Heilige Gees voortgebring word, is altyd in ooreenstemming met die Heilige Skrif. Die res is godsdienstige misleiding wat spruit uit valse inspirasie. Die gawe van onderskeiding van geeste was nog nooit so nodig soos in hierdie tyd van verleiding nie, waar die vals so na aan die waarheid is, tot by die punt dat, indien dit moontlik was, selfs die uitverkorenes godsdienstiglik verlei kon word.

Wat die bedieninge betref, is dit in geheel toevertrou aan die broeders, vir die opbou van die Gemeente (IKor. 12:28; Efé. 4:11, onder andere). Paulus het die vroue wat die gawes beoefen om te bid of te profeteer — dinge waarin inspirasie maklik oorneem, dws, die presiese grond waarop die duiwel hulle vas kan vang — aanbeveel om hul koppe te versluier en nie hul neuse op te trek nie, want geestelike trots lei tot die val van die gelowige. Lang hare dien as bedekking in die byeenkomste waar hulle die gebedsgawes beoefen (IKor. 11: 5,15). Maar dit dien ook as teken, dat hulle in die praktyk heeltemal onderhewig is aan die bybelse orde in die Gemeente, vanweë die engele wat deur die Here as boodskappers van God gevestig is (v.10). In die oorspronklike teks is die uitdrukkings “engel” en “boodskapper” in dieselfde konteks. En wanneer daar geskrywe is dat baie engele geherberg het sonder om dit te weet (Heb. 13:2), was dit nie die engel Gabriël of die engel Mígael nie, maar Paulus, Petrus, en ander diensknegte van die Here. Daar staan sewe maal in Openbaring geskryf: “Skryf aan die engel van die gemeente …” — dit wil sê die boodskapper wat God daar gevestig het. Die ware diensknegte van God is ambassadeurs van Christus (IKor. 5:20).

Broeder Branham bepaal hom by dieselfde bewysvoering as Paulus, as hy hom tot die apostel se uitspraak wend: “Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom moet die vrou 'n aanduiding (teken) van gesag op die hoof hê ter wille van die engele" (IKor. 11: 8-10). Dit bly ons hoop dat almal die nodige vrees het voor God en Sy Woord, Sy boodskappers en die boodskap wat hulle bring. Alle woorde van God, insluitend hierdie oor die “aanduiding (teken) van gesag” en oor wat aan ons oorgelaat is in die Skrifte daaroor, is alles so heilig en verpligtend soos enige ander Woord van God. Die wie aan God behoort, leef uit elke Woord wat uit die mond van God kom. Ons moet gereed wees om die hele weg te volg wat aan ons deur die vroeë Christendomse voetspore gelaat is. Die Heilige Gees lei en tree altyd op dieselfde manier op.

So is die verloop van die goddelike orde dus nog eintlik dieselfde soos in die Ou- en die Nuwe Testament. In die 20ste eeu sê God nog steeds dieselfde as ses-, vier- of tweeduisend jaar gelede. Hy wie daarmee ontevrede is, word in dieselfde posisie geplaas as moderne mense, wat sonder oriëntasie, hulle eie pad volg, na die verderf. Ons moet onsself die vraag afvra, in watter toestand ons sou wees as God op ‘n tyd iets op een manier gesê het, en 'n ander keer op 'n ander manier? God sou sodoende nie in der ewigheid ‘n plan ten gunste van die mensdom kon maak, wat bewerkstellig kon word tydens die verlossingsgeskiedenis, en nou tot voltooiing kom nie. Andersins, hoe sou Hy almal eenvormig kon beoordeel het aan al Sy Woord?

Aanhaling : “So sien ons nou die hele prentjie ontvou voor ons. Daar is sy. Daarom laat God haar nie toe om onderrig te gee nie, en ook nie dat sy iets in die gemeente doen nie, maar om stil te wees, met ‘n versluierde gesig” (bl. 32). Is dit 'n harde en liefdelose Woord? Wie kan daarna luister? Wie kan dit verdra? Wie sal aanstoot neem daaraan en hul eie weg volg? Of wie sal dit met dankbaarheid erken en vorentoe beweeg? Daar is geen vrouens in die Nuwe Testament wat deur God in die bedieninge van ‘apostelinne’, ‘profetesse’, ‘evangelisesse’, ‘leraresse’ of ‘pastorinne’ geplaas is nie. Maar, soos in die vierde sendingsbrief berig word, was daar die vrou 'Isébel', wat haarself voorgegee het as 'n 'profetes' en haarself daartoe gewy het om onderrig te gee as ‘'n lerares’ (Openb. 2:20). God wys die engel van daardie Gemeente ernstig tereg, omdat hy hierdie vrou laat begaan het. Dit is wat God tot vandag toe nog doen.

Die profeet Eségiël het reeds teen die profetesse opgetree, nadat hy eerstens die valse profete en hul optrede veroordeel het (Eségiël 13). Die Here het hom só beveel: “… En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart …” (vers 17). Van die vroue wat kwaadwilliglik en selfs in ergerlikheid opgetree het, het die profeet met "Wee …!" gesê: “Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense ..." (vers 18). Hulle kan alles sny om in allerhande situasies in te pas. Met hulle profesieë word siele gevange geneem, wat hulle doodmaak as gevolg van hul valse inspirasie, dit wil sê, deur die gif van die slang wat daarin is; in sulke gevalle is dit glad nie profesieë nie, maar waarsêery. Waarsêery kan soms ook waar wees, maar profesieë is eintlik van God, terwyl ander dinge van die duiwel kom (sien Handelinge 16: 16-18; 21: 7-14, ook andere). In 'n profesie wat deur die Gees van God voortgebring word en wat aan die Gemeente gerig is, is daar altyd drie hoof-kenmerke: opbouing, vermaning en troosting (IKor. 14:3). Alles wat van God kom, lei na Hom en verenig ons met Hom; nie met die houer wat hy gebruik nie. Valse profete en veral valse profetesse, word hierdeur gekenmerk: hulle praat in effek van God om hulself voor te stel as besonders geestelik, maar hulle bind mense aan hulself deur die gawe wat hulle bleik te het, en maak hulle dan afhanklik van hul profesieë en hul sogenaamde “persoonlike openbaringe”.

So spreek die Here aan sulke vroue wat nog altyd daarin geslaag het — as ‘draers van gawes’ — om almal na hulle aan te trek met dieselfde betowering van Satan, waaronder hulle self was: “... daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die Here is” (Esé. 13:23). Dit is verskriklik dat sulke vrouens, wie nie die Woord respekteer nie, visioene sien wat geïnspireer is deur 'n gees van leuens! Die mense kom glad nie agter dat hul profesieë misleidende waarsêery is nie en dus, sonder dat hulle dit weet, word die vroomste 'gelowiges' betower. Niemand sou vermoed dat sulke mense, wie hulself as geestelik en 'draers van gawes' voordoen, direk deur die vyand aangewend word om die Gemeente binne te dring en dit te vernietig. Dit bring ons terug na Eva, wat haarself toegelaat het om verlei te word deur die vyand, en daarvandaan het sy ‘n instrument geword om God se oorspronklike plan vir Sy kinders te verydel.

Natuurlik kan 'n valse inspirasie ook op enigeen kom, soos met Petrus gebeur het, toe hy die Here goeie raad wou gee, om Sy lyding te vermy; Hy neem die Here eenkant toe en sê vir Hom: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!”. Maar die Here het omgedraai en vir Petrus gesê: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense” (Matt. 16: 22-23). Petrus het nie probeer om die Here te beïnvloed deur ‘n visioen voor te dra, of ‘n profesie aan hom te bring, soos met Isébel en die valse profete die geval was nie. Petrus was eenvoudig op daardie oomblik net nie waaksaam genoeg nie; dit was onder 'n goedbedoelde, maar egter ‘n valse inspirasie. 

Van die eerste tot die laaste, moet ons almal te alle tye waaksaam wees. Wanneer iets gesê word, en dit nie saam met die getuienis van die Heilige Skrif stem nie, is dit 'n valse inspirasie, en maak dit nie saak uit watter persoon of mond die vyand praat nie. Die Woord alleen bly vir altyd die enigste geldige maatstaf. Wat deur die Heilige Gees voortgebring word, is altyd in ooreenstemming met die Heilige Skrif. Die res is godsdienstige misleiding wat spruit uit valse inspirasie. Die gawe van onderskeiding van geeste was nog nooit so nodig soos in hierdie tyd van verleiding nie, waar die vals so na aan die waarheid is, tot by die punt dat, indien dit moontlik was, selfs die uitverkorenes godsdienstiglik verlei kon word.

Wat die bedieninge betref, is dit in geheel toevertrou aan die broeders, vir die opbou van die Gemeente (IKor. 12:28; Efé. 4:11, onder andere). Paulus het die vroue wat die gawes beoefen om te bid of te profeteer — dinge waarin inspirasie maklik oorneem, dws, die presiese grond waarop die duiwel hulle vas kan vang — aanbeveel om hul koppe te versluier en nie hul neuse op te trek nie, want geestelike trots lei tot die val van die gelowige. Lang hare dien as bedekking in die byeenkomste waar hulle die gebedsgawes beoefen (IKor. 11: 5,15). Maar dit dien ook as teken, dat hulle in die praktyk heeltemal onderhewig is aan die bybelse orde in die Gemeente, vanweë die engele wat deur die Here as boodskappers van God gevestig is (v.10). In die oorspronklike teks is die uitdrukkings “engel” en “boodskapper” in dieselfde konteks. En wanneer daar geskrywe is dat baie engele geherberg het sonder om dit te weet (Heb. 13:2), was dit nie die engel Gabriël of die engel Mígael nie, maar Paulus, Petrus, en ander diensknegte van die Here. Daar staan sewe maal in Openbaring geskryf: “Skryf aan die engel van die gemeente …” — dit wil sê die boodskapper wat God daar gevestig het. Die ware diensknegte van God is ambassadeurs van Christus (IKor. 5:20).

 Broeder Branham bepaal hom by dieselfde bewysvoering as Paulus, as hy hom tot die apostel se uitspraak wend: “Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom moet die vrou 'n aanduiding (teken) *van gesag* op die hoof hê ter wille van die engele" (IKor. 11: 8-10). Dit bly ons hoop dat almal die nodige vrees het voor God en Sy Woord, Sy boodskappers en die boodskap wat hulle bring. Alle woorde van God, insluitend hierdie oor die “aanduiding (teken) van gesag” en oor wat aan ons oorgelaat is in die Skrifte daaroor, is alles so heilig en verpligtend soos enige ander Woord van God. Die wie aan God behoort, leef uit elke Woord wat uit die mond van God kom. Ons moet gereed wees om die hele weg te volg wat aan ons deur die vroeë Christendomse voetspore gelaat is. Die Heilige Gees lei en tree altyd op dieselfde manier op.