Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Die man kan nie teen sy eie huwelikegbreek nie. Hy word ‘n egbreuker wanneer hy ‘n ander huwelik verbreek, dit wil sê, wanneer hy 'n ander man se vrou ingaan. God het die huwelik as 'n besonders heilige instelling gevestig en dit onder ‘n heel spesiale beskerming geplaas. Van die tien gebooie word twee op 'n baie spesiale manier aan manne gerig: “Jy mag nie egbreek nie!”. En, “… jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie”.Dit is 'n misdaad met ernstige gevolge, soos in die begin met die sondeval. Dit is waarom God hierdie opdrag gegee het: “As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei” (Deut. 22:22). Oor hierdie oortreding word die doodstraf uitgespreek, soos geskrywe is in Levitikus 20, vers 10: “En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word”.
Wat die owerspel betref, gaan die profeet voort in sy preek en sê dat ook die getroude vrouens onder nie-Jode en ander gelowe, onaantasbaar is (bl.37). Dit is vandag nog so, onder die stamme en volke wat natuurlik lewe, en stamme wat nie kan lees of skryf nie. Toe Abimelech, 'n heidense koning, wat gedink het dat Sara die suster van Abraham was, haar vir 'n vrou wou neem, het die Here met hom gepraat in 'n droom: “Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is 'n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort” (Gen. 20:7). Die koning het die bevel van die Here sonder aarseling nagekom.
Salomo, wat soos bekend is, baie vrouens gehad het, en aan wie die profeet Natan die naam Jedídja gegee het (IISam. 12:25) — wat beteken 'geliefde van die Here' — sê vir ons: “Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hý doen so iets; slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie” (Spr. 6: 32-33). God het egbreuk veroordeel tot ‘n ewige skande, en ‘n man wat met 'n ander man se vrou verkeer, word ‘n "dwaas" geroep. Onse Here Jesus het dit selfs nog erger gemaak deur te sê dat elkeen wat na die vrou van ‘n ander kyk, om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het (Matt. 5: 27-28).
Johannes die Doper het Herodes ernstig beskuldig omdat hy die vrou van sy broer as sy eggenote geneem het, wat selfs as bloedskande beskou was. As profeet kon hy nie diplomaties daaroor wees nie, maar hy moes die Woord van God laat geld, wat sê: “Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer” (Lev. 18:16).
Alhoewel Broeder Branham met die Gemeente in hierdie eindtyd gepraat het, het hy gepraat van die manne van God vanuit die Ou Testament soos Abraham, Jakob en ook van vele ander. Aanhaling: “Kyk net na Jakob, uit wie die aartsvaders gebore is. Hy het minstens 'n dosyn vrouens gehad. Hy was met twee susters getroud en behalwe dit, het byvroue gehad (vroue met wie hy wettiglik gewoon het, maar was nie getroud met hulle nie) en sommige van hierdie aartsvaders is uit hierdie byvroue gebore” (bl. 48). Jakob het nie egbreuk gepleeg nie; maar Dawid, wat die vrou van Uria, Batseba, geneem het, het dit gedoen. Die godsman het, net nadat hy hierdie gedagtes uitgedruk, eenvoudig gesê: “Sien, julle moet die Woord glad laat verloop”.
Die man kan nie teen sy eie huwelik egbreek nie. Hy word ‘n egbreuker wanneer hy ‘n ander huwelik verbreek, dit wil sê, wanneer hy 'n ander man se vrou ingaan. God het die huwelik as 'n besonders heilige instelling gevestig en dit onder ‘n heel spesiale beskerming geplaas. Van die tien gebooie word twee op 'n baie spesiale manier aan manne gerig: “Jy mag nie egbreek nie!”. En, “… jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie”. Dit is 'n misdaad met ernstige gevolge, soos in die begin met die sondeval. Dit is waarom God hierdie opdrag gegee het: “As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei” (Deut. 22:22). Oor hierdie oortreding word die doodstraf uitgespreek, soos geskrywe is in Levitikus 20, vers 10: “En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word”.