Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
In IKorinthiërs 5 behandel Paulus die afskuwelike geval van 'n man wat 'n verhouding met sy stiefma gehad het. In hierdie verband is 'n waarskuwing geskryf: “Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader” (Lev. 18:8). Hierdie man het nie net gesondig nie, maar hy het homself onder die vloek van God geplaas, want wat hy gedoen het, is onder die twaalf dinge wat God self vervloek het: “Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig!” (Deut. 27:20).
In veral hoofstukke 18 tot 20 van Levitikus, maar ook in ander gedeeltes van die Skrif, word aan ons 'n lys van dade gegee wat uit die Koninkryk van God uitgesluit is; dit omdat hulle nie ooreenstem met die goddelike heiligmaking van die mens nie, waarsonder niemand die Here kan sien nie. (Heb. 12:14). In hierdie lys is, onder andere, onreinheid, wat die verkering van man of vrou met diere ingesluit, sowel as die onnatuurlike lewe van man met man en vrou met vrou, soos Paulus dit duidelik in Romeine noem. “Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê, soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel. En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging” (Lev. 18: 22-23). “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang” (Rom. 1: 26-27). “… soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aan geloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan” (Jud. 7).
Soos onse Here self vooraf gesê het, sal dit aan die eind-tyd wees, soos dit was in die dae van Noag en in die dae van Sodom en Gomorra; amptelik word die ware dinge aangebied as vals en valse dinge word geregverdig; in die kerke word die homoseksueles getrou en lesbiese pare word geseën. In die massamedia word reklame hieroor gemaak, terwyl die huwelik, soos God dit ingestel het en daarmee saam die gesin, nie meer sy gepaste plek in die samelewing het nie. So ontstaan daar dus aan die einde van die tyd totale chaos, die “Eden van Satan”, soos broeder Branham dit genoem het. Slegs ware gelowiges sal die gees van hierdie tyd vryspring, en onder leiding van die Heilige Gees, sal hulle hulself onderwerp aan die Woord van God, op alle lewensterreine.
Daar staan geskryf in IKorintiërs 6, verse 9-10: “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgode-dienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie”. Hierdie lys van uitsluitsels van die Koninkryk van God is groot, soos omvangryklik beskrywe word in baie ander skrifgedeeltes. Elkeen moet, nie net op hierdie spesifieke punt onder behandeling nie, maar ook na die volledige lys van hierdie sondes kyk, en dan met selfbeproewing en in algehele opregtheid voor God, in die spieël van die Woord kyk.
So spreek die Here in Sy Woord: “Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God. En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die Here wat julle heilig” (Lev. 20: 7-8; IPet. 1: 13-19). Toe onse Here in Sy priesterlike gebed sê: “Heilig hulle in U waarheid; U Woord is die waarheid” (Joh. 17:17), het Hy ook gemeen hierdie woord soos dit hier aan ons gegee is, om ons op die pad te lei gedurende ons aardse lewe.