Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

Die Huwelik

« »

God wou 'n harmonieuse huwelik daarstel. As ons egter harmonie wil hê in die huwelikslewe, moet die voorvereistes reeds vanaf vóór die huwelik heers. Dit is vir ongetroude jong manne dat die apostel Paulus die riglyne “in opdrag van God” gegee het: “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie; dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook Sy Heilige Gees aan ons gegee het” (IThes. 4: 3-8).

Nadat die Here duidelike tekste oor die huwelik, egskeiding en hertrouery gegee het, lees ons die volgende: “Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie. Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is. Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele” (Matt. 19: 10-12). As daar nie hierdie drie gegewens in 'n jong man aangetref word nie, moet hy nie versuim om hierdie lewens-verantwoordelikheid te neem, en as ‘n broeder in Christus, 'n suster in Christus met dieselfde gesindheid te trou nie. Met jong broeders wat versuim om te trou, gebeur dit vroeër of later dat hulle onder dwang van omstandighede hulself in liggaamlike nood vind. God weet baie goed waarom Hy die huwelik ingestel het. Om hierdie rede is daar geskrywe: “… dit is beter om te trou as om van begeerte te brand” (IKor. 7:9b).

Broeder Branham het by geleentheid vermoedelik die volgende aan die jong broeders aanbeveel: Slegs wanneer jy voel dat jy nie meer sonder haar kan lewe nie en voel dat sy deel van jou moet wees, dan weet jy dat sy wel die een vir jou is”. Dit laat my dink aan die agt hoofstukke van die Hooglied van Salomo waar die verhouding van die bruidegom en die bruid beskryf word. In hoostuk 8, verse 6-7, word uitdrukking gegee aan die innige begeerte om met mekaar te wees, deur hierdie woorde: “Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die Here. Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag”.

'n Jong meisie moet ook versigtig wees om te wag totdat die regte man kom, met wie sy haar hele lewe sal moet deel — natuurlik moet sy nie wag totdat die fleur van haar jeug verby is nie (IKor. 7:36). Sy moenie haarself op avonture laat gaan nie, maar haar maagdelikheid in die huwelik bring, daarvoor sal haar man haar hul hele lewe lank dankbaar wees. Dit klink miskien soos outydse mode, maar dit sal beloon word met 'n leeftyd van geluk.

Tot in ons tyd was dit normaal dat 'n jong meisie in haar ouers se huis gebly het, tot die dag wanneer sy trou en haar eie gesin begin. Maar die moderne neiging is dat hulle die ouerhuis so gou as moontlik verlaat om selfstandig te word, om op hul eie voete te staan en reëlings te tref om hul eie lewe te lei en onafhanklik te wees, wat nie noodwendig daarop gemik is om 'n lewe saam met ‘n ander te lei nie. Die vraag wat hier opkom is, sal hierdie meisie as vrou later, in staat wees om haar volgens die Bybel aan haar man te onderwerp, en sodoende 'n harmonieuse lewe as ‘n egpaar kan het?

Dit word nie aanbeveel om oorhaastig in 'n huwelik te spring nie, want dit is 'n lewenslange besluit. Die twee moet dit vooraf bespreek om duidelik te wees, sodat daar ooreenstemming is, selfs in die geloofsake. Dit moet wees soos die Here God self gesê het: “Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas (Gen. 2:18). Net dan kan ons seker wees dat God twee persone werklik verenig het om lewenslank saam te lewe.

God het nog meer gesê, ook vir die manne: “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het”(Efé 5:25). “Net so moet julle manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys ...” (IPet. 3:7a). Manne is geneig om onredelik te wees. Dit is waarom hulle indringend vermaan word om met hul vrouens op ‘n redelike wyse te lewe, hulle te eer en nie te behandel as 'n vloerlap of diensmeisie nie.

Vroue moet 'n sagte en aanmoedigende gees openbaar (IPetrus 3), wat die man na haar sal lok. Die vrou het die geleentheid om 'n hemelse atmosfeer, hier op aarde, in haar huis te skep, waarin die man en die kinders goed voel. As sy nie versigtig is nie, en nie besef wat die Bybel sê oor 'n twisgierige vrou nie, kan sy haar eie huis hel maak en haar huwelik en haar gesin verwoes.

Die apostel lê dit verder baie duidelik uit: “Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou (IKor. 7: 3-4). Dit is hoe God die huweliksharmonie in die hart- en in die liggaamsvereniging georden het, soos Hy self gesê het: “... en hulle twee sal een vlees wees” (Matt. 19:5). Paulus voeg by hierdie gegewe fundamentele wet vir die huwelik verder by: “Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie” (IKor. 7:5). Wee die man, of die vrou wat skielik weer mag oor sy of haar eie liggaam in die huwelik wil hê! Diegene wat ongetroud is kan dit doen, maar nie diegene wat getroud is nie. Dit is die getuienis volgens die teks wat ons pas gelees het. Eers as hierdie woorde regtig deur beide partye in die praktyk toegepas word, is dit moontlik ​​dat 'n huwelik liefdevol gegrond kan wees in goddelike en aardse geluk.

As een van hulle, die man óf die vrou, ' n tyd lank sonder wedersydse ooreenstemming onttrek, is dit so 'n duidelike oortreding teen die Woord én ook teen die ander eggenoot. Sou iemand dink dat daar tog 'n moontlikheid bestaan ​​dat hy van die ander kan onttrek, selfs al voer hy grondige redes daarvoor aan, dring ons met hierdie skrywe daarop aan dat daar na die Skrif gekyk moet word. Niemand wat so onttrek van hul huweliksmaat, kan verwag om geheilig of genees te word nie; so ‘n persoon verstoot eerder wat die Heilige Skrif vir 'n egpaar se lewe bepaal. Daar is niks onreins in die huwelik nie, en moenie verag word nie. In die huwelik kan elkeen nie doen wat hulle wil nie. Alles moet in ooreenstemming met mekaar gedoen word. Genade hier beteken dat daar ook in die huwelik binne die grense van die Woord gelewe moet word.

In die tuin van Eden het die Here, die Ewige, alreeds vir die vrou gesê: “...en na jou man sal jou begeerte wees ...” (Gen. 3:16). Vir die man is dit heel natuurlik en spreek dit vanself; dit hoef nie vir hom gesê te word nie, want hy is van nature toegerus met die instink vir voortplanting.

Dit is waarom daar geskrywe word dat die vrou geskape is vir die man. Die intieme verkeer in die huwelik is aan hom gegee as beloning vir sy bemoeiinge in die alledaagse lewe. Oor hierdie onderwerp sê Prediker 9, vers 9: “Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son”.

Die apostel skryf verder oor die wat die verantwoordelikheid van die huwelik waarlik aanvaar het: “Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees ..." (IKor. 7:28b). Dit is so, maar geen verdrukking is groter as ons Helper in die tyd van nood nie! “Maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld. hoe hy die vrou sal behaag. Daar’s ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dingevan die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as nadie gees, maar die getroude vrou is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy haar man sal behaag (IKor. 7: 33-34). Wie ook al trou, weet baie goed dat hul twee paaie, in een pad saam moet vloei. In die sitkamer, in die slaapkamer en in alles wat daarmee verband hou, moet hulle bereid wees om met mekaar saam te lewe. In die huwelik is daar nie eensaamheid nie, daar is nie meer ‘n eie lewe nie.

Vir vroue wie se manne nog nie op die regte pad is nie, gee die apostel Petrus die beste advies wat gevind kan word: “Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het” (IPet. 3: 1-2). Dit sal dus nie vir haar help deur argumente, verwyte en berisping nie, maar wel, soos die Heilige Skrif sê in ons teks, om voorbeeldig en godvreesend te wandel.

God wou 'n harmonieuse huwelik daarstel. As ons egter harmonie wil hê in die huwelikslewe, moet die voorvereistes reeds vanaf vóór die huwelik heers. Dit is vir ongetroude jong manne dat die apostel Paulus die riglyne “in opdrag van God” gegee het: “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery; dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer, nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie; dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het. Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook Sy Heilige Gees aan ons gegee het” (IThes. 4: 3-8).

Nadat die Here duidelike tekste oor die huwelik, egskeiding en hertrouery gegee het, lees ons die volgende: “Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie. Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is. Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele” (Matt. 19: 10-12). As daar nie hierdie drie gegewens in 'n jong man aangetref word nie, moet hy nie versuim om hierdie lewens-verantwoordelikheid te neem, en as ‘n broeder in Christus, 'n suster in Christus met dieselfde gesindheid te trou nie. Met jong broeders wat versuim om te trou, gebeur dit vroeër of later dat hulle onder dwang van omstandighede hulself in liggaamlike nood vind. God weet baie goed waarom Hy die huwelik ingestel het. Om hierdie rede is daar geskrywe: “… dit is beter om te trou as om van begeerte te brand” (IKor. 7:9b).

Broeder Branham het by geleentheid vermoedelik die volgende aan die jong broeders aanbeveel: Slegs wanneer jy voel dat jy nie meer sonder haar kan lewe nie en voel dat sy deel van jou moet wees, dan weet jy dat sy wel die een vir jou is”. Dit laat my dink aan die agt hoofstukke van die Hooglied van Salomo waar die verhouding van die bruidegom en die bruid beskryf word. In hoostuk 8, verse 6-7, word uitdrukking gegee aan die innige begeerte om met mekaar te wees, deur hierdie woorde: “Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die Here. Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag”.

'n Jong meisie moet ook versigtig wees om te wag totdat die regte man kom, met wie sy haar hele lewe sal moet deel — natuurlik moet sy nie wag totdat die fleur van haar jeug verby is nie (IKor. 7:36). Sy moenie haarself op avonture laat gaan nie, maar haar maagdelikheid in die huwelik bring, daarvoor sal haar man haar hul hele lewe lank dankbaar wees. Dit klink miskien soos outydse mode, maar dit sal beloon word met 'n leeftyd van geluk.

Tot in ons tyd was dit normaal dat 'n jong meisie in haar ouers se huis gebly het, tot die dag wanneer sy trou en haar eie gesin begin. Maar die moderne neiging is dat hulle die ouerhuis so gou as moontlik verlaat om selfstandig te word, om op hul eie voete te staan en reëlings te tref om hul eie lewe te lei en onafhanklik te wees, wat nie noodwendig daarop gemik is om 'n lewe saam met ‘n ander te lei nie. Die vraag wat hier opkom is, sal hierdie meisie as vrou later, in staat wees om haar volgens die Bybel aan haar man te onderwerp, en sodoende 'n harmonieuse lewe as ‘n egpaar kan het?

Dit word nie aanbeveel om oorhaastig in 'n huwelik te spring nie, want dit is 'n lewenslange besluit. Die twee moet dit vooraf bespreek om duidelik te wees, sodat daar ooreenstemming is, selfs in die geloofsake. Dit moet wees soos die Here God self gesê het: “Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas (Gen. 2:18). Net dan kan ons seker wees dat God twee persone werklik verenig het om lewenslank saam te lewe.

God het nog meer gesê, ook vir die manne: “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het” (Efé 5:25). “Net so moet julle manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys ...” (IPet. 3:7a). Manne is geneig om onredelik te wees. Dit is waarom hulle indringend vermaan word om met hul vrouens op ‘n redelike wyse te lewe, hulle te eer en nie te behandel as 'n vloerlap of diensmeisie nie.

Vroue moet 'n sagte en aanmoedigende gees openbaar (IPetrus 3), wat die man na haar sal lok. Die vrou het die geleentheid om 'n hemelse atmosfeer, hier op aarde, in haar huis te skep, waarin die man en die kinders goed voel. As sy nie versigtig is nie, en nie besef wat die Bybel sê oor 'n twisgierige vrou nie, kan sy haar eie huis hel maak en haar huwelik en haar gesin verwoes.

Die apostel lê dit verder baie duidelik uit: “Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou (IKor. 7: 3-4). Dit is hoe God die huweliksharmonie in die hart- en in die liggaamsvereniging georden het, soos Hy self gesê het: “... en hulle twee sal een vlees wees” (Matt. 19:5). Paulus voeg by hierdie gegewe fundamentele wet vir die huwelik verder by: “Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie” (IKor. 7:5). Wee die man, of die vrou wat skielik weer mag oor sy of haar eie liggaam in die huwelik wil hê! Diegene wat ongetroud is kan dit doen, maar nie diegene wat getroud is nie. Dit is die getuienis volgens die teks wat ons pas gelees het. Eers as hierdie woorde regtig deur beide partye in die praktyk toegepas word, is dit moontlik ​​dat 'n huwelik liefdevol gegrond kan wees in goddelike en aardse geluk.

As een van hulle, die man óf die vrou, ' n tyd lank sonder wedersydse ooreenstemming onttrek, is dit so 'n duidelike oortreding teen die Woord én ook teen die ander eggenoot. Sou iemand dink dat daar tog 'n moontlikheid bestaan ​​dat hy van die ander kan onttrek, selfs al voer hy grondige redes daarvoor aan, dring ons met hierdie skrywe daarop aan dat daar na die Skrif gekyk moet word. Niemand wat so onttrek van hul huweliksmaat, kan verwag om geheilig of genees te word nie; so ‘n persoon verstoot eerder wat die Heilige Skrif vir 'n egpaar se lewe bepaal. Daar is niks onreins in die huwelik nie, en moenie verag word nie. In die huwelik kan elkeen nie doen wat hulle wil nie. Alles moet in ooreenstemming met mekaar gedoen word. Genade hier beteken dat daar ook in die huwelik binne die grense van die Woord gelewe moet word.

In die tuin van Eden het die Here, die Ewige, alreeds vir die vrou gesê: “...en na jou man sal jou begeerte wees ...” (Gen. 3:16). Vir die man is dit heel natuurlik en spreek dit vanself; dit hoef nie vir hom gesê te word nie, want hy is van nature toegerus met die instink vir voortplanting.

Dit is waarom daar geskrywe word dat die vrou geskape is vir die man. Die intieme verkeer in die huwelik is aan hom gegee as beloning vir sy bemoeiinge in die alledaagse lewe. Oor hierdie onderwerp sê Prediker 9, vers 9: “Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son”.

Die apostel skryf verder oor die wat die verantwoordelikheid van die huwelik waarlik aanvaar het: “Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees ..." (IKor. 7:28b). Dit is so, maar geen verdrukking is groter as ons Helper in die tyd van nood nie! “Maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld. hoe hy die vrou sal behaag. Daar’s ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge    van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na  die gees, maar die getroude vrou is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy haar man sal behaag (IKor. 7: 33-34). Wie ook al trou, weet baie goed dat hul twee paaie, in een pad saam moet vloei. In die sitkamer, in die slaapkamer en in alles wat daarmee verband hou, moet hulle bereid wees om met mekaar saam te lewe. In die huwelik is daar nie eensaamheid nie, daar is nie meer ‘n eie lewe nie.