Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem
Die apostel Paulus het ook die saak oorweeg waar 'n eggenoot ongelowig is en uiteindelik wil skei. “Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep” (IKor. 7: 12-16). In hierdie geval is die gelowige broeder of suster nie lewe-lank “slaafs gebonde" (soos die oorspronklike vertaling lui) nie. In die lewe word daar soms verkeerde besluite geneem, ook onder gelowiges, en dit gebeur soms ook wanneer 'n huwelik aangegaan word. As dit die geval is, waarom moet diegene wat reeds in so ‘n situasie ly, soos melaatses behandel word? Hulle het reeds 'n las wat hulle gereeld, hulle hele lewe lank moet dra. Wanneer die ongelowige eggenoot egter skei, is die gelowige vry, hetsy die man of vrou. Dit staan nie in die Bybel geskryf “... totdat die dood julle skei” nie. Maar dit is wel geskryf: “Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie” (Matt. 19:6). Daar is waarlik huwelike wat kennelik nie deur God saamgevoeg is nie. Daarom is die beklemtoning op “Wat God saamgevoeg het …”, want alles wat God doen, is vir altyd welgedaan!
Dieselfde God het ‘n egskeidingsbrief toegelaat, wat vir sekere geregverdigde redes aan die vrou gegee kon word:“As 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur” (Deut. 24:1), dieselfde God sê: “Want Ek haat egskeiding, sê die Here, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die Here van die leërskare” (Mal. 2:16).
'n Moedswillige egskeiding word in die Skrif vergelyk met 'n daad van geweld teen die ander huweliksgenoot. Onse Here bring die woord van Deuteronomium 24, vers 1: “Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee”, na vore in die bergpredikasie, maar hy gaan verder en sê: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk” (Matt. 5: 31-32).
God beskerm 'n vrou wat sonder bybels-gegronde redes, deur haar man geskei word en sal hom daarvoor tot rekenskap bring. Mense veroordeel hierdie vrou as sy weer trou, weens die valse onderrig wat hulle ontvang het. In hierdie geval dra sy egter nie die skuld nie, om 'n tweede huwelik wat nie beplan was nie, aan te gaan, maar die man wat haar in hierdie situasie laat beland het. God tree altyd reg op en Hy eis rekenskap van die oortreder, wie in hierdie geval die eksman is. God is regverdig in al Sy woorde en heilig in al Sy dade.
‘n Ongeregverdigde egskeiding, of selfs 'n -ontrekking, is 'n geweldsdaad, gerig teen verlossing en vergifnis, want hierdeur word die kruis en versoening verwerp. Die vyandskap wat God uitgespreek het ná die gewelddadige onderbreking in die tuin van Eden, maar wat aan die kruis van Golgota (Fil. 2) tersyde gestel is, tree dan weer in werking en gee aanleiding tot nuwe verskuldiging. Vir al die verlostes bly dit vir ewig staan, dat al ons skuld en ons sondes op die Lam van God geplaas is. Ons is vry en het vrede met God. Onversoenbaarheid en die verskuldiging, aan die ander kant, getuig van die staat van die mens ná die sondeval en ná God se verklaarde vyandskap. Die verlostes en diegene wat met God versoen is, dra geen vyandskap — wat dikwels verder gaan as die dood — in hulle nie. Dit sou regtig 'n paradoks wees. Die een wat die ander nie vergewe nie en wie versoening verwerp, durf nie tot God te bid om vergewe te word nie, want God sal hom nie vergewe nie. “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie” (Mark. 11: 25-26).
In Johannes 8 het die skrifgeleerdes en die Fariseërs 'n vrou wat in die daad van egbreuk betrap was, na Jesus gebring. Hulle het hulle beroep op die bevel van Moses in die wet, “... om sulke vroue te stenig” en toe gevra: “maar U, wat sê U?”. Jesus buk toe af en skryf met sy vinger in die sand, terwyl die godsdienstige leiers hom herhaaldelik dieselfde vraag gevra het. Uiteindelik het Hy opgestaan en aan hulle gesê: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi”.Toe buk hy weer neer en skryf in die grond. Toe hy weer opkyk, het almal, van die eerste na die laaste, weggegaan. “En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” (Joh. 8: 10-11). As die gelowiges van ons tyd in hulself net soveel eer as die blinde skrifgeleerdes en Fariseërs kan het, kan hulle uit die Bybel lees, wat die Here vir hulle geskryf en aan hulle gerig het. Hulle sal dan ook beskaamd onttrek en nie meer as aanklaers van andere optree nie. In onse Here Jesus se teenwoordigheid, is daar geen regverdiges nie; almal het gesondig en het die gebooie op die een of op ‘n ander manier oortree, en dit ontbreek ons aan die roem wat God verleen.
Dit is die onbekeerdes wat altyd van ander bekering eis en dat hulle moet vergewe; hulle besef nie dat slegs die Gees van God tot bekering lei nie — so ook hulle ingesluit. Sulke mense verstaan nie eens die “Onse Vader” gebed nie; nog minder, hoe om dit uit te voer: “... en vergeef ons ons sondeskuld, soos ons ook óns skuldenaars vergewe het” (Matt. 6:12 — verskeie vert.’s). Let in elk geval hierop: elkeen wat die ander die verlossing nie vergun nie, handhaaf vyandskap, verafsku sy of haar eggenoot en pleeg 'n ernstige karaktermoord teenoor hom of haar. God is 'n God van vrede en Hy gee vrede in enige situasie. Die vyand pynig harte sonder vrede, en skep bitterheid. Dit is wanneer hulle keel 'n oop graf word en in hul tonge daar slanggif is (Rom. 3: 10-18, en ander). Dit is die kenmerke van 'n persoon wat aan die vyand uitgelewer is. Met sulke onversoenbare mense, wat dikwels vanuit 'n valse openbaring optree, is dit, in die meeste gevalle, nie meer moontlik om mee te praat nie, want dit is die beskuldiger wat deur hulle praat. Hulle kom onder 'n valse inspirasie, word verlei en kan hulself nie help nie; hulle roep nie eens tot die Here om hulp nie, omdat hulle glo dat hulle reg is, en hulle volhard in hul eie geregtigheid. Vergifnis en versoening is gewortel in goddelike liefde, soos twis en pretensies gebaseer is op 'n gebrek aan liefde en onversoenbaarheid. Die vraag wat dan ontstaan: Wat is die bedoeling agter die woorde en optrede van die een wat op sulke wyse handel? As dit teen die Woord van God gerig is, dan is dit duidelik dat Satan sy werk van vernietiging begin het.
Die Gemeente van Korinthe wat deur hierdie spesifieke saak geraak was, het die ‘So spreek die Here' daaroor gekry: “En aan die getroudes beveel ek — nie ek nie, maar die Here — dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie” (IKor. 7: 10-11). Dit is 'n opdrag vir beide, nie net 'n vriendelike stelling nie, maar inderdaad die ‘So spreek die Here’. As die vrou hierdie opdrag alreeds verbreek het en die skeiding voltooi is, moet sy dan alleen bly, of na haar man terugkeer. As dit hy is wat die huwelik breek sal hy daaroor rekenskap gee. 'n Man wat sonder enige skriftelike rede van sy vrou skei om met 'n ander te trou, is skuldig voor God.
Broeder Branham wys daarop dat in ‘n egskeidingsgeval, die posisie verskillend is vir die vrou en vir die man. Aanhaling: “Let op dat Paulus in IKorintiërs 7, vers 12, die vrou wat van haar man skei beveel om alleen te bly, óf om met hom weer te versoen. Sy moet alleen bly of met haar man versoen. Sy kan nie weer trou nie, sy moet alleen bly. Maar let op dat dit nooit oor die man gesê was nie. Jy sien, jy kan nie die Woord tot ‘n leun maak nie. Ná die begin, was die wet van seksualiteit, veelwywery” (bl. 40).
As Broeder Branham oor veelwywery praat, meen hy nie dat 'n man 'n hele harem van vroue kan hê nie. Beslis nie! Hy wil net daardeur uitspreek, dat wanneer die huwelik verbreek word, veral as die vrou vir die egskeiding verantwoordelik is, kan die man 'n nuwe huwelik sluit. Die woord “egskeiding” kom glad nie in die Bybel voor nie, omdat God die vrou nooit die reg gegee het om 'n egskeidingsbrief aan die man te lewer nie. Dit was slegs in Sy toelaatbare wil dat hy die man toegelaat het om dit te doen, weens die hardheid van hulle harte, maar onder geen omstandighede vir 'n vrou nie.
Aanhaling: “Maar daar is 'n behoefte aan toeligting oor hierdie kwessie van die huwelik en egskeiding, sodat julle kan weet wat reg is en wat verkeerd is ... 'n Man kan sy vrou skei en trou met 'n ander, maar 'n vrou kan nie van haar man skei en met ‘n ander trou nie. Sien julle, hoe al die skadu- en sinnebeelde volkome ooreenstem?” (bl. 42).
Ons moet ons aan die wil van God onderwerp, en nie net daaroor praat nie. Daar is 'n toelaatbare wil, en ook 'n wil van God wat goed, welgevallig en volmaak is (Rom. 12). Wanneer 'n vrou haarself losmaak van haar man, selfs as sy haar man weier as eggenoot, en te glo dat dit nie “'n egskeiding” is nie, maar slegs “'n skeiding”, is sy verlei en is hy van duidelike beoordeling beroof. 'n Wettige egskeidingsbevel is slegs 'n geskrewe amptelike bekragtiging van ‘n skeiding wat alreeds voor dit bewerkstellig is. As 'n vrou dus — wie nie onder enige omstandighede die reg het om haar man te weier of van hom te onttrek nie — sodoende die huwelik ontbind en die huis verlaat, word sy in die aangesig van God, die ergste oortreder. Sy demonstreer daardeur, dat sy gesag oor die man uitoefen. Sy kan wel sê: “Nou het ek hom gewys!” Maar God sal haar iets anders wys, as sy nie bekeer nie.
Dit is presies dieselfde as 'n eggenoot die ander een beveel om die gemeenskaplike huis te verlaat, wat vernederend vir daardie eggenoot voor die kinders is. Die egpaar moet ook wedersyds oor die opvoeding van hul kinders instem en hulle moet dieselfde taal praat, andersins ontstaan partydigheid binne die gesinsverband. Die egpaar moet nooit die kinders in enige meningsverskille insleep nie. Tydens 'n egskeiding is dit hulle wat uiteindelik opgeoffer word en wie ly. Almal moet duidelik weet dat geen probleme deur 'n egskeiding opgelos word nie. Inteendeel, met ‘n egskeiding begin die probleme eintlik vir die hele gesin as’t ware.
Die uitverkorenes sal nooit deur die duiwel verblind word nie, en hulle sal hulself ook nie as regverdig beskou deur hierdie tipe van gedrag, wat God en Sy Woord verag nie, en nog minder dit ondersteun. Maar hulle wil ten alle koste hul volmaaktheid en die voltooiing van die werk van God ervaar ín hulle, deur die volmaakte wil van God te doen. Vir diegene wat geroep voel, is die toelaatbare wil van God voldoende. Maar hulle wat volkome teen die Woord van God optree, is niegeroepenes, nog minder uitverkorenes nie; hulle word dubbel mislei.
Broeder Branham erken dat daar in hierdie ingewikkelde aangeleentheid 'n openbaring was, wat eers bekend gedoen het nadat die seëls oopgemaak was. Aanhaling: “Maar nou dat die seëls oop is, lei die Gees van die waarheid ons na die Woord. Dit verklaar waarom daar deur die eeue heen met al hierdie dinge gefouteer was; dit is omdat die seëls nie oop was nie. Dit was verborge. Dit is waar” (bl. 41).
Wie beweer dat hy altyd alles reg geweet en verstaan het, weet nog steeds nie alles korrek nie; en hy is ver daarvan om alles waarlik te verstaan. Onder die gelowiges van die “Eindtyd Boodskap”, is daar nog steeds suurdeeg wat die ‘voorkoms van heiligheid' het, soos daar ook kerklike tradisies is.
Die apostel Paulus het ook die saak oorweeg waar 'n eggenoot ongelowig is en uiteindelik wil skei. “Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep” (IKor. 7: 12-16). In hierdie geval is die gelowige broeder of suster nie lewe-lank “slaafs gebonde" (soos die oorspronklike vertaling lui) nie. In die lewe word daar soms verkeerde besluite geneem, ook onder gelowiges, en dit gebeur soms ook wanneer 'n huwelik aangegaan word. As dit die geval is, waarom moet diegene wat reeds in so ‘n situasie ly, soos melaatses behandel word? Hulle het reeds 'n las wat hulle gereeld, hulle hele lewe lank moet dra. Wanneer die ongelowige eggenoot egter skei, is die gelowige vry, hetsy die man of vrou. Dit staan nie in die Bybel geskryf “... totdat die dood julle skei” nie. Maar dit is wel geskryf: *“Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie”* (Matt. 19:6). Daar is waarlik huwelike wat kennelik nie deur God saamgevoeg is nie. Daarom is die beklemtoning op “Wat God saamgevoeg het …”, want alles wat God doen, is vir altyd welgedaan!
Dieselfde God het ‘n egskeidingsbrief toegelaat, wat vir sekere geregverdigde redes aan die vrou gegee kon word: “As 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur” (Deut. 24:1), dieselfde God sê: “Want Ek haat egskeiding, sê die Here, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die Here van die leërskare” (Mal. 2:16).
'n Moedswillige egskeiding word in die Skrif vergelyk met 'n daad van geweld teen die ander huweliksgenoot. Onse Here bring die woord van Deuteronomium 24, vers 1: “Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee”, na vore in die bergpredikasie, maar hy gaan verder en sê: “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk” (Matt. 5: 31-32).
God beskerm 'n vrou wat sonder bybels-gegronde redes, deur haar man geskei word en sal hom daarvoor tot rekenskap bring. Mense veroordeel hierdie vrou as sy weer trou, weens die valse onderrig wat hulle ontvang het. In hierdie geval dra sy egter nie die skuld nie, om 'n tweede huwelik wat nie beplan was nie, aan te gaan, maar die man wat haar in hierdie situasie laat beland het. God tree altyd reg op en Hy eis rekenskap van die oortreder, wie in hierdie geval die eksman is. God is regverdig in al Sy woorde en heilig in al Sy dade.
‘n Ongeregverdigde egskeiding, of selfs 'n -ontrekking, is 'n geweldsdaad, gerig teen verlossing en vergifnis, want hierdeur word die kruis en versoening verwerp. Die vyandskap wat God uitgespreek het ná die gewelddadige onderbreking in die tuin van Eden, maar wat aan die kruis van Golgota (Fil. 2) tersyde gestel is, tree dan weer in werking en gee aanleiding tot nuwe verskuldiging. Vir al die verlostes bly dit vir ewig staan, dat al ons skuld en ons sondes op die Lam van God geplaas is. Ons is vry en het vrede met God. Onversoenbaarheid en die verskuldiging, aan die ander kant, getuig van die staat van die mens ná die sondeval en ná God se verklaarde vyandskap. Die verlostes en diegene wat met God versoen is, dra geen vyandskap — wat dikwels verder gaan as die dood — in hulle nie. Dit sou regtig 'n paradoks wees. Die een wat die ander nie vergewe nie en wie versoening verwerp, durf nie tot God te bid om vergewe te word nie, want God sal hom nie vergewe nie. “En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie” (Mark. 11: 25-26).
In Johannes 8 het die skrifgeleerdes en die Fariseërs 'n vrou wat in die daad van egbreuk betrap was, na Jesus gebring. Hulle het hulle beroep op die bevel van Moses in die wet, “... om sulke vroue te stenig” en toe gevra: “maar U, wat sê U?”. Jesus buk toe af en skryf met sy vinger in die sand, terwyl die godsdienstige leiers hom herhaaldelik dieselfde vraag gevra het. Uiteindelik het Hy opgestaan en aan hulle gesê: “Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi”. Toe buk hy weer neer en skryf in die grond. Toe hy weer opkyk, het almal, van die eerste na die laaste, weggegaan. “En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie” (Joh. 8: 10-11). As die gelowiges van ons tyd in hulself net soveel eer as die blinde skrifgeleerdes en Fariseërs kan het, kan hulle uit die Bybel lees, wat die Here vir hulle geskryf en aan hulle gerig het. Hulle sal dan ook beskaamd onttrek en nie meer as aanklaers van andere optree nie. In onse Here Jesus se teenwoordigheid, is daar geen regverdiges nie; almal het gesondig en het die gebooie op die een of op ‘n ander manier oortree, en dit ontbreek ons aan die roem wat God verleen.
Dit is die onbekeerdes wat altyd van ander bekering eis en dat hulle moet vergewe; hulle besef nie dat slegs die Gees van God tot bekering lei nie — so ook hulle ingesluit. Sulke mense verstaan nie eens die “Onse Vader” gebed nie; nog minder, hoe om dit uit te voer: “... en vergeef ons ons sondeskuld, soos ons ook óns skuldenaars vergewe het” (Matt. 6:12 — verskeie vert.’s). Let in elk geval hierop: elkeen wat die ander die verlossing nie vergun nie, handhaaf vyandskap, verafsku sy of haar eggenoot en pleeg 'n ernstige karaktermoord teenoor hom of haar. God is 'n God van vrede en Hy gee vrede in enige situasie. Die vyand pynig harte sonder vrede, en skep bitterheid. Dit is wanneer hulle keel 'n oop graf word en in hul tonge daar slanggif is (Rom. 3: 10-18, en ander). Dit is die kenmerke van 'n persoon wat aan die vyand uitgelewer is. Met sulke onversoenbare mense, wat dikwels vanuit 'n valse openbaring optree, is dit, in die meeste gevalle, nie meer moontlik om mee te praat nie, want dit is die beskuldiger wat deur hulle praat. Hulle kom onder 'n valse inspirasie, word verlei en kan hulself nie help nie; hulle roep nie eens tot die Here om hulp nie, omdat hulle glo dat hulle reg is, en hulle volhard in hul eie geregtigheid. Vergifnis en versoening is gewortel in goddelike liefde, soos twis en pretensies gebaseer is op 'n gebrek aan liefde en onversoenbaarheid. Die vraag wat dan ontstaan: Wat is die bedoeling agter die woorde en optrede van die een wat op sulke wyse handel? As dit teen die Woord van God gerig is, dan is dit duidelik dat Satan sy werk van vernietiging begin het.
Die Gemeente van Korinthe wat deur hierdie spesifieke saak geraak was, het die ‘So spreek die Here' daaroor gekry: “En aan die getroudes beveel ek —nie ek nie, maar die Here — dat die vrou nie van die man moet skei nie; en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie” (IKor. 7: 10-11). Dit is 'n opdrag vir beide, nie net 'n vriendelike stelling nie, maar inderdaad die ‘So spreek die Here’. As die vrou hierdie opdrag alreeds verbreek het en die skeiding voltooi is, moet sy dan alleen bly, of na haar man terugkeer. As dit hy is wat die huwelik breek sal hy daaroor rekenskap gee. 'n Man wat sonder enige skriftelike rede van sy vrou skei om met 'n ander te trou, is skuldig voor God.
Broeder Branham wys daarop dat in ‘n egskeidingsgeval, die posisie verskillend is vir die vrou en vir die man. Aanhaling: “Let op dat Paulus in IKorintiërs 7, vers 12, die vrou wat van haar man skei beveel om alleen te bly, óf om met hom weer te versoen. Sy moet alleen bly of met haar man versoen. Sy kan nie weer trou nie, sy moet alleen bly. Maar let op dat dit nooit oor die man gesê was nie. Jy sien, jy kan nie die Woord tot ‘n leun maak nie. Ná die begin, was die wet van seksualiteit, veelwywery” (bl. 40).
As Broeder Branham oor veelwywery praat, meen hy nie dat 'n man 'n hele harem van vroue kan hê nie. Beslis nie! Hy wil net daardeur uitspreek, dat wanneer die huwelik verbreek word, veral as die vrou vir die egskeiding verantwoordelik is, kan die man 'n nuwe huwelik sluit. Die woord “egskeiding” kom glad nie in die Bybel voor nie, omdat God die vrou nooit die reg gegee het om 'n egskeidingsbrief aan die man te lewer nie. Dit was slegs in Sy toelaatbare wil dat hy die man toegelaat het om dit te doen, weens die hardheid van hulle harte, maar onder geen omstandighede vir 'n vrou nie.
Aanhaling: “Maar daar is 'n behoefte aan toeligting oor hierdie kwessie van die huwelik en egskeiding, sodat julle kan weet wat reg is en wat verkeerd is ... 'n Man kan sy vrou skei en trou met 'n ander, maar 'n vrou kan nie van haar man skei en met ‘n ander trou nie. Sien julle, hoe al die skadu- en sinnebeelde volkome ooreenstem?” (bl. 42).
Ons moet ons aan die wil van God onderwerp, en nie net daaroor praat nie. Daar is 'n toelaatbare wil, en ook 'n wil van God wat goed, welgevallig en volmaak is (Rom. 12). Wanneer 'n vrou haarself losmaak van haar man, selfs as sy haar man weier as eggenoot, en te glo dat dit nie “'n egskeiding” is nie, maar slegs “'n skeiding”, is sy verlei en is hy van duidelike beoordeling beroof. 'n Wettige egskeidingsbevel is slegs 'n geskrewe amptelike bekragtiging van ‘n skeiding wat alreeds voor dit bewerkstellig is. As 'n vrou dus — wie nie onder enige omstandighede die reg het om haar man te weier of van hom te onttrek nie — sodoende die huwelik ontbind en die huis verlaat, word sy in die aangesig van God, die ergste oortreder. Sy demonstreer daardeur, dat sy gesag oor die man uitoefen. Sy kan wel sê: “Nou het ek hom gewys!” Maar God sal haar iets anders wys, as sy nie bekeer nie.
Dit is presies dieselfde as 'n eggenoot die ander een beveel om die gemeenskaplike huis te verlaat, wat vernederend vir daardie eggenoot voor die kinders is. Die egpaar moet ook wedersyds oor die opvoeding van hul kinders instem en hulle moet dieselfde taal praat, andersins ontstaan partydigheid binne die gesinsverband. Die egpaar moet nooit die kinders in enige meningsverskille insleep nie. Tydens 'n egskeiding is dit hulle wat uiteindelik opgeoffer word en wie ly. Almal moet duidelik weet dat geen probleme deur 'n egskeiding opgelos word nie. Inteendeel, met ‘n egskeiding begin die probleme eintlik vir die hele gesin as’t ware.
Die uitverkorenes sal nooit deur die duiwel verblind word nie, en hulle sal hulself ook nie as regverdig beskou deur hierdie tipe van gedrag, wat God en Sy Woord verag nie, en nog minder dit ondersteun. Maar hulle wil ten alle koste hul volmaaktheid en die voltooiing van die werk van God ervaar ín hulle, deur die volmaakte wil van God te doen. Vir diegene wat geroep voel, is die toelaatbare wil van God voldoende. Maar hulle wat volkome teen die Woord van God optree, is nie geroepenes, nog minder uitverkorenes nie; hulle word dubbel mislei.