Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

'n Bybelse voorbeeld as vermaning

« »

Die apostel skryf onder inspirasie van die Gees: “Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees” (Efé. 5:24). Daar is geen uitsonderings vir die Gemeente óf vir vroue nie. Maar ons mislei net onsself daarmee en miskien ander ook. God hou by Sy gebooie en Sy besluite. Broeder Branham voeg nog 'n vergelyking vir ons by, wat moelik is om te begryp, maar wat die gebodsgehoorsaamheid van die vrou beklemtoon:

Aanhaling: “U kan onthou in die Bybel, dat die koning met Ester getrou het omdat die koningin hom geweier het. Wat het gebeur toe sy geweier het om saam met die koning te verskyn, om hom te gehoorsaam? Hy het eenvoudig net ‘n ander een geneem. Dit is dieselfde met 'n vrou wat weier om ‘n vrou vir haar eggenoot te wees” (bl. 44).

Dit is 'n moeilike woord, wie kan dit vat? God moet orde in die midde van die Bruid-Gemeente skep, en dit moet gebeur voor die wegraping. Hy laat ander begaan; hulle luister in elk geval nie na Hom nie. Daarinteen rig Sy eie hulle na elkeen van Sy woorde en hulle lewe daarvolgens, doen wat dit sê.

Ons mag vra: Wat het die verhaal van die Persiese koning Ahasveros en sy vrou Vasthi dan met ons te make? Dit is duidelik dat Broeder Branham glad nie op sy eie daaraan gekom het nie; die Here het hom na hierdie voorbeeld verwys. En die feit bly staan ​​dat die hele Skrif gegee is deur die Gees van God om vir ons as opdrag te dien.

Die koning het 'n fees gereël, en die koningin het parallel daarmee, 'n fees gehou vir vroue in die koninklike paleis (Ester 1). Toe die koning sewe manne na die koningin stuur om haar te roep, het sy geweier om te kom. Maar sy het daarmee haar eie lot verseël (verse 10-12). Die koninklike raad is onmiddellik byeengeroep — in die Gemeente van die Here sal dit die ouderlinge wees — om te besluit wat gedoen moet word met die ongehoorsame vrou wat haar man, wie die prominentste plek in die ryk beklee het, in die publiek skandelik geweier het. Die gronding vir die koning se besluit kom hieruit: “Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie(Est. 1:17).

Die einde van die verhaal, waarna die Heilige Gees vir Broeder Branham verwys het, is dat die koningin haar koninklike waardigheid vir altyd verloor het. Sy het haarself doelbewus teen die goddelike orde verset. Dit wat sy gedoen het, was onvergeeflik en sy kon nie meer die koning se teenwoordigheid betree nie. Daar is handelinge wat vroue opsetlik, in ongehoorsaamheid, teenoor hul eggenote pleeg, sodat dit onmoontlik is om daarvan te herstel. Daardeur word 'n perk wat God geplaas het, doelbewus oortree. Ja, sou dit daar gelaat was, dan was alle manne op dieselfde minagtende manier deur hul vrouens behandel. Dit is hoe dit geskryf is. Vasthi, wat 'n bekende persoonlikheid was, sou hul model as “First Lady” gewees het. Daarom moes ‘n ander, “… wat beter as sy is …” haar plek inneem. So word dit aan ons vertel.

Ongehoorsaamheid wat met opset gedoen word, is in alle opsigte soos die sonde van waarsêery (ISam. 15: 22-23). Volgens die Woord van God, wat vir ewig geldig is, is dit nie soos baie dink, maklik om die saak te hanteer nie. “As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk — want dit is groot — uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste. En die woord was goed in die oë van die koning en van die vorste, en die koning het gehandel volgens die raad van Memúgan. En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man heer in sy huis moet wees...” (Est. 1: 20-22). Daarna het hulle begin soek na 'n besondere mooi maagd onder die jong meisies vir die koning, en die keuse het op Ester geval.

Maar nou ja, so staan dit ​​in ons Bybel: Alle vroue moet van die grootste tot die kleinste, sonder uitsondering, die “hoof van die egpaar”, hul eggenoot, al die eer gee wat hom toekom. Dit is wat gepubliseer was in al die tale wat destyds bekend was: “... dat elke man heer in sy huis moet wees …”. Dieselfde moet in alle tale aan die volk van God gepubliseer word. Sarah gebruik dieselfde taal vol respek vir haar man: “Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?” (Gen. 18:12). Dit is ook wat die Heilige Gees bepaal het deur die pen van Petrus: “Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig, soos Sara gehoorsaam was aan Abraham en hom ‘heer’ genoem het; wie se kinders julle geword het as julle goed doen ...” (IPet. 3: 5-6).

God het dit nodig geag om Homself ook uit te spreek teen die gees van hierdie tyd, wat soos in die tyd van Vasthi, weereens veral bekend is en ook in die kringe van die gelowiges ingekruip het. Dit was, soos bekend, reeds in 1933 deur die Here aan die man van God geopenbaar. Manne en vroue moes die plekke inneem wat God aan hulle toegewys het; daarom word hierdie skrif-toewysings gemaak. Die orde wat God oorspronklik stewig gevestig het, en wat deur Satan vernietig is, moet nou herstel word. Paulus skryf: “Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou” (ITim. 2: 11-12). Vandag is ons op soek na 'n vrou wat “in stille aanhoring” — die beklemtoning — kan leer! Dikwels hoor ons: “In die kerk moet ons swyg, maar tuis laat ons nie ons monde toehou nie!”, “Ons is lank genoeg onderdruk; nou het ons die oorhand!”, “Nou het ons ons regte!”. So is daar nog baie, selfs ook susters, wat dink dat hulle 'geestelik' is, wat 'n self-bedrieglike dubbele lewe lei.

Die apostel noem watter plig die ouer vroue in verband met die “onderrig” het: “... sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie” (Tit. 2: 4-5). Dit is hoe die spore van seëninge van 'n geseënde vrou daaruit sien: hulle leer die jong susters wat die huwelik binnegaan. sodoende deel hulle hul eie lewenservaringe, sodat hulle ook geseënd kan wees in hulle gesinne. Maar wat van diegene wat presies die teenoorgestelde doen van wat die Skrif sê; wat pleks van gehoorsaamheid, direkte ongehoorsaamheid toon? Slegs 'n suster in Christus wat 'n bybelse standpunt ingeneem het jeens haar man en haar kinders, kan die jong susters volgens die Woord van die apostel leer, om regtig op 'n geseënde manier in haar huwelik en haar gesin te dien. Andersins sal dit presies die teendeel veroorsaak, soos ons dit in die onlangse afgelope jare belewe.

Die man is die hoof van die vrou en die gesin, en nie die tiran van die huis, wat hy self nie beheer oor het nie, sodat hy sy gesin met dwang moet beheer. Goddelike orde kan slegs ingestel word waar elkeen regtig sy plek, in ooreenstemming met die Woord van God en in goddelike liefde inneem. So spaar ons onsself al die teenstrydige eise, omdat elkeen hul deel vir die welstand bydra.

Die apostel skryf onder inspirasie van die Gees: “Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees” (Efé. 5:24). Daar is geen uitsonderings vir die Gemeente óf vir vroue nie. Maar ons mislei net onsself daarmee en miskien ander ook. God hou by Sy gebooie en Sy besluite. Broeder Branham voeg nog 'n vergelyking vir ons by, wat moelik is om te begryp, maar wat die gebodsgehoorsaamheid van die vrou beklemtoon:

Aanhaling: “U kan onthou in die Bybel, dat die koning met Ester getrou het omdat die koningin hom geweier het. Wat het gebeur toe sy geweier het om saam met die koning te verskyn, om hom te gehoorsaam? Hy het eenvoudig net ‘n ander een geneem. Dit is dieselfde met 'n vrou wat weier om ‘n vrou vir haar eggenoot te wees” (bl. 44).

Dit is 'n moeilike woord, wie kan dit vat? God moet orde in die midde van die Bruid-Gemeente skep, en dit moet gebeur voor die wegraping. Hy laat ander begaan; hulle luister in elk geval nie na Hom nie. Daarinteen rig Sy eie hulle na elkeen van Sy woorde en hulle lewe daarvolgens, doen wat dit sê.

Ons mag vra: Wat het die verhaal van die Persiese koning Ahasveros en sy vrou Vasthi dan met ons te make? Dit is duidelik dat Broeder Branham glad nie op sy eie daaraan gekom het nie; die Here het hom na hierdie voorbeeld verwys. En die feit bly staan ​​dat die hele Skrif gegee is deur die Gees van God om vir ons as opdrag te dien.

Die koning het 'n fees gereël, en die koningin het parallel daarmee, 'n fees gehou vir vroue in die koninklike paleis (Ester 1). Toe die koning sewe manne na die koningin stuur om haar te roep, het sy geweier om te kom. Maar sy het daarmee haar eie lot verseël (verse 10-12). Die koninklike raad is onmiddellik byeengeroep — in die Gemeente van die Here sal dit die ouderlinge wees — om te besluit wat gedoen moet word met die ongehoorsame vrou wat haar man, wie die prominentste plek in die ryk beklee het, in die publiek skandelik geweier het. Die gronding vir die koning se besluit kom hieruit: “Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie (Est. 1:17).