Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

Die regte Weg

« »

Aanhaling : “Laat ons teruggaan na die onderwerp van huwelik en egskeiding. Dit moet weer verlig word, anders sal u nie weet nie. Maar Hy het dit belowe dat in hierdie laaste dae, in ons tyd, dat elke verborgenheid van die Bybel geopenbaar sal word. Hoeveel van julle weet dit? … Jesus het belowe dat al die verborgenhede, (oor die) huwelik en egskeiding, en al die ander verborgenhede wat versluier was, aan die eindtyd onthul sou word. U onthou daardie Stem wat my aangesê het: “Gaan na Tucson”. U onthou daardie mistieke lig in die hemel en die sewe engele wat daar gestaan het? Daarna was ek terug vir die opening van die Sewe Seëls” (bl. 47).

Met dieselfde respek wat ons die godheidsleer, die doop, die nagmaal, ens., ontvang en aanvaar het, moet ons sonder weerstand van binne, ook hieroor, elke Woord wat God vir ons leer, aanvaar. Die diepte van die bybelse erfenis van die geloof, vereis ook met hierdie onderwerp dat alle verklarings van die Heilige Skrif noukeurig georden en bepeins word. Hierdie persoonlike, maar tog so belangrike tema, moet nie privaat toegepas, of, soos óns wil, geïnterpreteer word nie. Niemand het die reg om sy eie saak te beoordeel en te beslis nie, maar die broeders wat voor God verantwoordelik is, hulle wie as leraars en herders bevestig is; hulle moet aan die hand van die Skrif regsspraak maak. Die regsspraak vind plaas, slegs in ooreenstemming met die goddelike Wetsboek en sonder aanneming van enige persoon; nie by die huis nie, maar in die gemeente. “Wees gehoorsaam aan julle (leiers) en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee ...” (Heb. 13:17).

Elke broeder en elke suster wat huweliksprobleme het, of selfs 'n skeisaak beding, en wat die bedieninge wat God in die Gemeente geplaas het, ontwyk, bedrieg hulself. Omdat hulle nie die herders en die Woord van God respekteer nie, volg hulle hul eie pad, d.w.s. deurdat hulle 'n advokaat neem en na die regter gaan, asof hulle bevoegd is vir gelowiges. Wie ookal aanvanklik ‘n wêreldse weg kies vir hul huweliksprobleme, in plaas van die bybelse weg, is onder die invloed van “die goddelose”, en bevind hulle in ope opstand teen Christus, wie die Hoof van die liggaam, naamlik, Sy Gemeente is, en wat die Woord van God vir homself nietig maak. Die een wie eerste na die advokaat gegaan het, moet weet dat hy of sy daardeur skuldig is aan die ergste lastering teen God, as gevolg waarvan gelowiges blootgestel word aan bespotting voor ongelowiges, die wêreld oor, tot skande van Hom wie hulle met ‘n duur prys gekoop het.

Oor die algemeen is dit juis die skuldiges wat hulself van die huweliksverbond en van die bybels-geordende gemeente losmaak, omdat hulle nie in sulke toestand kan bestaan in die gemeente nie. Té gewillig beweer diegene wat verkeerd is natuurlik, dat iets verkeerd is in die gemeente of met die broeders in die bediening. In hul eie oë is húlle alleen reg; maar volgens die oordeel van die Heilige Skrif laat hulle toe dat die duiwel hulle vernietig, sowel as die ander party. Wie die Woord nie respekteer nie, behoort klaarblyklik nie aan die kudde wat na die Woord, die stem van die Goeie Herder, luister nie, en hulle kan nie hulself aan die Woord onderwerp nie, omdat hulle nie weergebore is uit die Woord-saad nie — en dit ondanks die doop van die Gees en die gawes van die Gees. Op hierdie onderwerp sê Broeder Branham so gepas, wanneer hy van die drie “sirkels” praat, dit wil sê, van die siel, gees en liggaam: “Nou, mense kan … absoluut met die ware Gees van God op hulle gees gesalf wees, maar steeds verlore en duiwel-besete wees, mét daardie gees” (“EN WEET DIT NIE …”, bl. 17). Alleen die Woord van God is reg, niks anders nie; en hulle wat uit God is, luister na die Woord van God (Joh. 8:47). Dit is wat geskrywe is, en diegene wat dit toepas, word die geseëndes genoem.

Die herder en die ouderlinge moet nie met die een of die ander kantkies nie, mag ook nie verwant wees aan een van die partye nie. Daar moet slegs skrifgedeeltes na hulle verwys word en geen persoonlike kommentaar moet gelewer word nie. Uiteindelik moet die besluit geneem word deur hulle wat betrokke is, en hulle alleen word verantwoordelik gehou vir wat hulle doen. Net so moet 'n bespreking nie met net een van die eggenote plaasvind nie, maar dit moet altyd plaasvind met albei, sodat elkeen die geleentheid het om die verwyte en besware wat teen hulle gemaak is, te kan hoor. As dit nie so gedoen word nie, kan net die ergste dinge voorgestel word. Dan gee dit geleentheid vir die verspreiding van allerlei kwaadspreking. Maar soos ons lees in IKorinthiërs 6, sal die kwaadsprekers, net so ook diewe, rowers, afgodedienaars, egbrekers, homoseksueles, ens., nie die Koninkryk van God ingaan nie.

Wat die regspraak betref, beveel die Here: “Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel. Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die Here” (Lev. 19: 15-16). Paulus waarsku herhaaldelik: “... en moenie die (kwaadspreker) geleentheid gee nie” (Efé. 4:27).

As die huwelik nog eg in hul harte is, sal hulle die private dinge laat op die plek waar dit behoort, dit wil sê, by die huis. Die egpaar moet oor alles met en nie oor mekaar praat nie. Hulle moet oor alle dinge praat, nie twis nie, maar vir mekaar bid. Hulle moet ook tyd maak om mekaar se voorstelle te oorweeg en aan te neem. Daar kom probleme voor in elke huwelik en in elke gesin, wat opgelos moet word, maar, “hou vrede onder mekaar” (IThess. 5:13). Alles is moontlik waar ons volgens die Bybel glo. Hierin is ook hierdie gesegde gepas: “Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg”. As ons nie meer die wil het om voort te gaan nie, soek ons ​​nie meer ‘n manier om aan te hou saam stap nie.

Die eggenoot wie 'n huweliks-probleem voor almal bring, pleeg 'n verraad teen die ander, vernietig vertroue en maak die pad terug vir hom- of haarself toe. Hulle is dadelik op 'n onkeerbare pad, wat gekenmerk word deur hardkoppigheid. Dan word ander daarby ingesleep, sonder om in ag te neem wie daardeur ly en daardeur ten gronde gaan, of in die skande gebring word nie. As een van die betrokke persone eensydige gesprekke voer, vorm dit partydigheid, wat op die einde nie net 'n skeuring tussen die egpaar bring nie, maar ook in gesinne en uiteindelik in die gemeente. Waar 'n wortel van bitterheid opkom, word baie besoedel en so word die tonge ontsteek deur helle-vuur. Satan het alreeds baie gemeentes op hierdie manier vernietig. Hy is nie net ‘n karakter-moordenaar nie, maar ook ‘n siele-moordenaar. Die gelowiges moet weet dat hulle nie bestem is om oor familiekwessies te klets nie, maar om van God se groot dade onder hulle te vertel, i.p.v. om oral te versprei wat die duiwel gedoen het. 'n Ware getuienis tot eer van God begin nooit met "Het jy gehoor ...?" nie.

Almal moet dit ernstig in ag neem dat baie hulself, deur kwaadspreking, uit die Koninkryk van God uitsluit. daar is net die kosbare genade, wat 'n duur prys gekos het; baie maak staat op goedkoop genade, wat heeltemal nie bestaan nie. Die aflossingsprys was die kosbare bloed van die Lam van God. Dawid vra: Here, wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie” (Ps. 15: 1-3).

Slegs hulle wie hulself hier, onder die oordeel van die Woord laat plaas en laat korrigeer en hulself aan die bybelse orde onderwerp, sal aan die Gemeente van die eersgeborenes behoort. Wie ookal die Gemeente van God en die werk van God verag, word verblind deur hoogmoed, en word mislei. Al die argumente wat sulke persone sal aanbied om hul eie gewete te streel, sal geen waarde voor God en voor die finale oordeel het nie. Voor Hom geld slegs dit wat Hy Homself beveel en verordeneer het. Wie met trots dink dat hulle hartseer en kommer deur skeiding agtergelaat het, is verblind.

Kan mense bewustelik teen die Woord van God optree, hulself steeds geestelik ag en dan dink om nog aan die Bruid-gemeente te behoort? Nee, en weer nee, dit werk nie by God nie! Ons moet glo, handel en wandel soos die Skrif sê. Die Here bring Sy Gemeente tot 'n voleinding, wat op die einde, soos aan die begin, een hart en een siel sal wees. Hy verenig Sy liggaam, wat bestaan ​​uit baie lede, onder Homself, wie die Hoof is. Broeder Branham het herhaaldelik opgemerk dat dinge oor die huwelik en egskeiding aan almal geopenbaar moet word. Hiermee het hy nie gedink aan 'n 'spesifieke' openbaring nie, maar aan dit wat deur God self, deur die uiteensetting van al die Skrif-gedeeltes gegee word.