Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

Diensknegte van God

« »

Dit is bemerkenswaardig dat God nie gevra het na een van Sy diensknegte se huwelikstatus nie. Hy het enigeen wie Hy wou hê geneem, of hy getroud of ongetroud was. Die lewens-omstandighede van Sy gesante is net so uiteenlopend soos die lewe self. Ons sien dit ook uit die lewe van manne regdeur die kerkgeskiedenis, van wie so baie gepraat word; John Wesley, byvoorbeeld, was met 'n weduwee met vier kinders getroud, wie swaar in haar huwelik gely het. Maar nie een van hulle het onnatuurlik opgetree, dws., homoseksueel of in enige ontug opgetree nie.

Ons weet net van Dawid wat egbreuk gepleeg het, hoewel hy soveel vrouens gehad het; en nie net dit nie, maar hy het ook verseker dat die eggenoot van die vrou doodgemaak word. Ek kan myself amper nie voorstel hoedat David daarna die moed gehad het om aan te hou psalms sing nie, selfs al het hy in die eerste plek psalms van diepe berou saamgestel. Wat egter vasstaan, is dat “die genadegawes en die roeping van God is onberoulik”. So is dit, dat onse Here vir Dawid selfs vereer het om die titel “Seun van Dawid”, as Koning te dra. God het die vallinge van Dawid toegelaat, om reeds in die Ou Testament al, die oorwinning van genade en vergifnis te demonstreer (Rom. 4: 7-8). Hy laat ook niemand toe om Sy diensknegte te oordeel nie. Daar staan nog steeds verpligtend vir almal geskrywe: “Raak my gesalfdes nie aan nie ...”(Ps. 105:15), sowel as: “Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou” (Rom. 14:4).

Henog bleik die enigste te wees oor wie geen persoonlike foute gerapporteer word nie. Dit is met hom wat dit aangetoon was, hoe die Here te midde van Sy heilige menigte, kom om die oordeel oor Sy volk uit te voer. (Judas-brief, verse 14 en 15). Hy was getroud, het seuns en dogters gehad, en hy het met God gewandel. Hy was op die ouderdom van 365 jaar weggeraap. Voor sy wegraping, het hierdie man van God die getuienis gehad dat hy God welgevallig was. As die sewende na Adam, was hy ‘n versinnebeelding van die Bruid-gemeente, wat in die voleinding, in die laaste gemeentelike tydperk, God welgevallig sal wees, wie sonder vlek of rimpel, in heerlike skoonheid, aan haar hemelse Bruidegom aangebied sal word. Ons wie in die lewe sal oorbly tot die koms van die Here; sal ook soos Henog, nie die dood smaak nie, maar sal verander word.

Noag was getroud en het drie seuns gehad; hy was 'n prediker van geregtigheid. Deur ‘n vernederende ervaring, het hy die bedwelmde gevolge van die genot van wyn leerken. Toe sy seun Gam hom onbehoorlik en veragtelik voor die naaktheid van sy pa gedrag, en hy daaroor gepraat het, het dit gevolge gehad. Toe Noag bykom na sy dronkenskap, het hy hierdie profetiese woorde uitgespreek: “Vervloek is Kanaän!”. Dit was Gam, die seun van Noah. God slaan sekere sondes deur 'n vloek, want daar staan ​​geskrywe: “Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag!” (Deut. 27:16). God is gebonde aan elkeen van Sy Woorde, en selfs vandag nog gaan die vloek daarvan oor van geslag tot geslag, aan elkeen van die wat hul vader of hul moeder bespot, of wie hulle verag. Salig is die seuns wat, soos Jakob, deur hul vader geseën kan word.

Abraham was met Sarah getroud en het Hagar as byvrou geneem, en na Sarah se dood het hy getrou met Ketura, met wie hy nog ses kinders gehad het.

Jakob het verskeie vrouens en byvroue gehad, waaruit die vaders van die stamme gebore was. Alles is tot in die eindelike besonderhede opgeteken in die Heilige Boek, selfs die feit dat Jakob vir Ragel meer liefgehad het as vir Lea. God het hom berispe vir die listige en bedrieglike wyse waarop hy die eersgeboortereg verkry het, maar hom begenadig en hom geseën. God sien die hart van Sy uitverkorenes en reken hulle nie hul sondes toe nie. Van 'n listige en bedrieglike man, het God 'n vegter gemaak, wie met God geveg het tot die son opgekom en 'n nuwe dag aangebreek het.

Moses was met Sippóra getroud en het 'n Ethiopiese vrou ook daarna geneem, en dit is waarom sy suster Mirjam en sy broer Aäron, vererg, in opstand teen hom gekom het (Num. 12). Hul irritasie was menslik-verstaanbaar, maar dit was 'n gruwel vir die Wetgewer. Die Here het niemand toegelaat om Sy gesalfdes aan te raak nie, nie eens 'n broer of 'n suster volgens die vlees nie. Dienaars van God is nie ‘n mens, of 'n familiestam se privaat eiendom nie. Hulle is in die hoogste diens op die aarde. God het Moses nie tereggewys nie, maar met hom saamgestem en Mirjam gestraf, deur haar met melaats te slaan. Dit is hy wat die Woord uit die mond van God geskryf het: “... as hy vir hom 'n ander (vrou) neem …” (Ex. 21:10). Die tyd het aangebreek om ons tonge in toom te hou, sodat ons aanbidding tot God, nie tevergeefs is nie.

Elkana, Samuel se pa, het twee vroue, Hannah en Pennina, gehad. Samuel was die seun van Hannah deur gebed en op wie die seën van God gerus het.

Ons lees dat Gideon se baie vrouens vir hom 70 seuns gebore het. Hy het groot dade in opdrag van die Here gedoen, maar Israel later na afgodediens gelei.

Dan was daar die verhaal van Simson, en nog baie meer.

Van ander diensknegte van God leer ons niks of baie min oor hulle huweliks-situasies. Dit toon aan, hoe die domein van aardse dinge vir God, saamval met bonatuurlike dinge. Oor Jesaja, die profeet van die Ou Testament, wie die mees beduidenste oor die plan van verlossing was, lees ons i.v.m. 'n profesie: “En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die Here het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof” (Jes. 8:3). Ons word nie vertel wie hierdie profetes is, van wie hier gepraat word nie.

Oor Jeremia leer ons net dat hy vanaf die baarmoeder vir die Here afgesonder was om 'n profeet van die nasies te wees en dat hy as jong man tot diens geroep was.

Die profeet Esegiël was saam met sy Joodse volksgenote na Babilon geneem. In die oggend het hy nog met die volk gepraat en die aand sterwe sy vrou (Esé. 24:18).

Aan die profeet Hoséa was gesê: “Gaan heen, neem vir jou 'n hoervrou ...” (Hos. 1:2). Die Here sou dit nooit aan 'n priester of 'n hoëpriester gesê het nie, want dit staan in Sy eie Wetboek, dat 'n priester slegs met 'n maagd mag trou. Hierdie ‘hoervrou’ het vir Hoséa geboorte gegee aan ‘n seun Jísreël, 'n dogter Lo-Rugáma, en 'n seun met die naam van Lo-Ammi. As ons dit aanhoor, kan ons net verbaas wees: Op hierdie manier het God die geskiedenis van Israel en die Gemeente vooruit opgestel (Rom. 9:24-27).

In die Nuwe Testament vind ons 'n redelik uiteenlopende prentjie van die manne van God. Petrus was getroud, maar Paulus nie. Van die ouderlinge en diakens van die Gemeente was dit vereis dat hulle die man van slegs een vrou moet wees (ITimothéüs 3, o.a.). Dieselfde word nie van apostels, profete, leraars, ens., gesê nie. Ook op hierdie punt moet ons die Woord van God korrek aanwend, om versigtig in ag te neem wat God sê en aan wie Hy dit sê. Kan dit nie wees dat ons almal weer die Woord van God, die Heilige Skrif, moet lees en, sonder voorbedagtheid, slegs te lees wat daarin geskryf staan nie?

Uit Petrus se persoonlike lewe word slegs genoem dat sy skoonma 'n sterk koors gehad het en dat sy deur die Here genees was. Oor die meeste apostels het ons nie nadere besonderhede nie. Dit wil egter voorkom asof Paulus sy hart uitpraat as hy sê: “Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie? Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie? Of het net ek en Bárnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?” (IKor. 9: 1,5,6). Die broers van die Here, Jakobus en Judas was dus getroud. Paulus noem Jakobus ‘n broer van die Here in Galasiërs 1, vers 19, en Judas verwys na Jakobus as sy broer, in die eerste vers van sy brief.

Dit is bemerkenswaardig dat God nie gevra het na een van Sy diensknegte se huwelikstatus nie. Hy het enigeen wie Hy wou hê geneem, of hy getroud of ongetroud was. Die lewens-omstandighede van Sy gesante is net so uiteenlopend soos die lewe self. Ons sien dit ook uit die lewe van manne regdeur die kerkgeskiedenis, van wie so baie gepraat word; John Wesley, byvoorbeeld, was met 'n weduwee met vier kinders getroud, wie swaar in haar huwelik gely het. Maar nie een van hulle het onnatuurlik opgetree, dws., homoseksueel of in enige ontug opgetree nie.

Ons weet net van Dawid wat egbreuk gepleeg het, hoewel hy soveel vrouens gehad het; en nie net dit nie, maar hy het ook verseker dat die eggenoot van die vrou doodgemaak word. Ek kan myself amper nie voorstel hoedat David daarna die moed gehad het om aan te hou psalms sing nie, selfs al het hy in die eerste plek psalms van diepe berou saamgestel. Wat egter vasstaan, is dat “die genadegawes en die roeping van God is onberoulik”. So is dit, dat onse Here vir Dawid selfs vereer het om die titel “Seun van Dawid”, as Koning te dra. God het die vallinge van Dawid toegelaat, om reeds in die Ou Testament al, die oorwinning van genade en vergifnis te demonstreer (Rom. 4: 7-8). Hy laat ook niemand toe om Sy diensknegte te oordeel nie. Daar staan nog steeds verpligtend vir almal geskrywe: “Raak my gesalfdes nie aan nie ...” (Ps. 105:15), sowel as: “Wie is jy wat die huiskneg van 'n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou” (Rom. 14:4).