Die Huwelik — Die Oer-oue Probleem

Terug na die Woord — terug tot God

« »

In die Ou Testament het God 'n natuurlike volk gekies, aan wie Hy 'n natuurlike land belowe en gegee het. In die Nuwe Testament is Sy koninkryk nie van hierdie wêreld nie. Dit is die Koninkryk van God; maar solank ons ​​op aarde is, is dieverordeninge van God ook geldig op ons vir die aardse lewe. daarom kan ons nie vir mekaar vra: “Wat sê jy daaroor? Hoe sien jy dit?” nie. Die oordeel begin nou in die Huis van God, met die goddelike regspraak. Dit is waarom ons vraag vandag en altyd moet wees: “Hoe sien God die saak? Wat sê Hy van die saak?"

Dit gaan oor die erkenning van die wil van God, om wat in die Woord van God staan, in ons persoonlike lewe te erken en dit te doen. Dit is die opregte begeerte van elke kind van God. Hierdie goeie, welgevalle en volmaakte wil van God, moet op alle terreine van ons lewe strek, sodat Sy goeie plesier op ons kan rus; dit is ook die voorvereiste vir ons verandering. Net soos alle leringe, daadwerklik in presiese ooreenstemming met die Woord van God in die Gemeente gebring moet word, so moet dit by alle uitverkorenes wees, ook met betrekking tot die goddelike orde in die huwelik, in die gesin en in die plaaslike gemeente. Daar moet glad nie meer gekerm en oor mekaar gemurmureer word nie, want die koms van die Here is naby (Jak. 5: 7-11). Alles wat nie met die Heilige Skrif ooreenstem nie — hetsy in woorde of in dade — veroorsaak misverstande en moet uitgeskakel word.

“As julle die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel” (Jak. 2: 8-13).

Baie is in afwagting op die groot finale optrede van God met tekens en wonderwerke, wat sekerlik binne 'n kort tydjie sal plaasvind. Alles moet egter eers vooraf waarlik volgens die Woord, in die bybelse orde herstel wees. Slegs dan kan die voorbereiding op die Wederkoms van Christus bereik word. Bo alles moet die goddelike vrees in Sy Gemeente herstel word; dit is die begin van alle goddelike kennis en alle wysheid, wat 'n einde maak aan ons menslike waansin. Dit was en is nog steeds, dat God net geintereseerd is, dat ons binne die perke van Sy Woord moet beweeg. Slegs op daardie manier is dit 'n wandeling met God.

“Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet” (Rom. 13: 8-10).

Dit was met groot erns dat Broeder Branham altyd verwys het in sy preke, na die verwikkelinge wat in die eindtyd sou gebeur, wat heeltemal buite die goddelike orde val. Dit is die rede vir die dringende oproep: Keer terug na God! Kom terug na die Woord! Kom terug na die bybelse lering! Nadat hy verskeie voorbeelde aangegee het oor die huwelik, in die preek wat ons baie hierin na verwys, sê hy dat alles deur valse lering in chaos is en dat manne sowel as vrouens gevolglik twee of drie keer getrou het: “Maar ek is verantwoordelik, en besef dat dit aan my oorgedra is. Ek kan dit nie vir myself hou nie, maar ek weet ook nie hoe om dit oor te bring nie. En ek weet die band(opname) sal versprei word. Ag, my broeders! Ek sal gereed maak. Die kantoor sal oop wees. Dit is presies soos met (die boodskap) die Slang Saad. Maar dit is absoluut bewys dat dit korrek is” (bl. 49).

Hy het die opdrag van die Here ontvang om diegene wat volgens die wet van God skuldig aan egskeiding was en hulle wie weer getrou het, te vertel dat beide die betrokke broeders en susters vergewe is, omdat hulle geen bybelse lering gehad het nie en dus onkundig opgetree het. Maar hy het vermaan en gesê: “… maak u kinders groot onder die vermaning van God. Maar mag God U genadig wees om dit nie weer te doen nie! Leer u kinders om nooit so iets te doen nie. Bring hulle op met die vermaning van God” (bl. 53).

Aanhaling: “En in getuienis hiervan, is daar baie mense wat die teken op die berg gesien het, waar die engele van die Here in 'n warrelwind gekom het, toe hierdie sewe engele gekom het, met die openbaarmaking van die sewe verborgenhede. En dit was dieselfde engel wat die dag waarop dit (oor die huwelik en egskeiding) geopenbaar was, in dieselfde rigting op die berg verskyn het” (bl. 54).

Volgens my kennis, het die bonatuurlike wolk in sy hele bediening, net drie keer sigbaar aan mense verskyn; die eerste keer was met sy sendings-opdrag in Junie, 1933, die tweede keer in Februarie, 1963, voor die opening van die Seëls, en die derde keer, i.v.m. ‘huwelik en egskeiding’.

Hieruit alleen bewys dit aan elkeen wat dinge geestelik kan onderskei, hoe belangrik die gebeure wat daarmee verband hou, in die oë van God is, en hoe ernstig ons dinge moet neem wat deur die Here geopenbaar is. Daar is gelowiges wat verkies om niks te hoor oor hierdie tema nie. Maar hulle praat self telkens daaroor. Daar moet iets verkeerd wees. Dit is juis omdat God op 'n besonderse manier oor hierdie tema gepraat het, dat Hy wil hê dat almal moet hoor wat Hy eintlik te sê het. Dit is nie 'n nuwe lering wat Broeder Branham onder ons aandag gebring het nie; daarmee herhaal en werp hy net lig op wat God alreeds gesê het en wat in Sy Woord geskryf is. Ook in hierdie geval moet gesê word: “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”. En wie nie wil luister na dit waaroor God uit die Woord van Waarheid, deur die mond van 'n ware profeet gesê het nie, luister na, en herhaal dit wat valse profete in die wêreld saai.

Ek vra almal om die Heilige Skrif noukeurig te ondersoek, om dit eerlik en opreg te lees en dan weer te lees, ook die prediking waarin Broeder Branham dit blootlê wat aan hom geopenbaar was. Dit is belangrik, ja, selfs dringend om dit te doen, want die Here self het dit vanuit die wolk verklaar. Aan die einde van sy prediking oor die huwelik en egskeiding, kon die man van God met sekerheid sê: “Ek het julle die waarheid vertel, ‘So spreek die Here’ al die pad” (bl. 55).

In die Ou Testament het God 'n natuurlike volk gekies, aan wie Hy 'n natuurlike land belowe en gegee het. In die Nuwe Testament is Sy koninkryk nie van hierdie wêreld nie. Dit is die Koninkryk van God; maar solank ons ​​op aarde is, is die  verordeninge van God ook geldig op ons vir die aardse lewe. daarom kan ons nie vir mekaar vra: “Wat sê jy daaroor? Hoe sien jy dit?” nie. Die oordeel begin nou in die Huis van God, met die goddelike regspraak. Dit is waarom ons vraag vandag en altyd moet wees: “Hoe sien God die saak? Wat sê Hy van die saak?"

Dit gaan oor die erkenning van die wil van God, om wat in die Woord van God staan, in ons persoonlike lewe te erken en dit te doen. Dit is die opregte begeerte van elke kind van God. Hierdie goeie, welgevalle en volmaakte wil van God, moet op alle terreine van ons lewe strek, sodat Sy goeie plesier op ons kan rus; dit is ook die voorvereiste vir ons verandering. Net soos alle leringe, daadwerklik in presiese ooreenstemming met die Woord van God in die Gemeente gebring moet word, so moet dit by alle uitverkorenes wees, ook met betrekking tot die goddelike orde in die huwelik, in die gesin en in die plaaslike gemeente. Daar moet glad nie meer gekerm en oor mekaar gemurmureer word nie, want die koms van die Here is naby (Jak. 5: 7-11). Alles wat nie met die Heilige Skrif ooreenstem nie — hetsy in woorde of in dade — veroorsaak misverstande en moet uitgeskakel word.

“As julle die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel” (Jak. 2: 8-13).

Baie is in afwagting op die groot finale optrede van God met tekens en wonderwerke, wat sekerlik binne 'n kort tydjie sal plaasvind. Alles moet egter eers vooraf waarlik volgens die Woord, in die bybelse orde herstel wees. Slegs dan kan die voorbereiding op die Wederkoms van Christus bereik word. Bo alles moet die goddelike vrees in Sy Gemeente herstel word; dit is die begin van alle goddelike kennis en alle wysheid, wat 'n einde maak aan ons menslike waansin. Dit was en is nog steeds, dat God net geintereseerd is, dat ons binne die perke van Sy Woord moet beweeg. Slegs op daardie manier is dit 'n wandeling met God.

“Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet” (Rom. 13: 8-10).