Book

Globale Inligting - Opklaring van Bo

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 6 calendar_month 3. 6. 2005

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Nou, 'n blik op die geskiedenis: 482 jaar gelede, op 19 November, 1523, was die laaste keer dat 'n Duitse pous gekies was, nl Clement VII. Dit was die tyd van die Reformasie. Op 31 Oktober, 1517, het die Duitse monnik, Martin Luther, sy 95 stellinge aan die kasteelkerk in Wittenberg vasgenael. En wie die moeite doen om dit noukeurig deur te lees, kom tot die slotsom dat hy elke keer die spyker op die kop geslaan het. In 1518 weier Martin Luther om sy stellings te herroep, en publiseer in 1520 sy belangrikste hervormings-geskrifte. Op 3 Januarie, 1521, word hy deur die pous verban. In 1522 verskyn die Nuwe Testament, soos deur Martin Luther vertaal was. Terselfdertyd, ook in 1522, word die Switserse teoloog, Huldrych Zwingli, se hervormings-geskrifte gepubliseer.

Die deurbraak van die Hervorming het tot gevolg gehad dat Duitsland, Europa en die Christelike wêreld in twee kampe verdeel was. Die Katolieke Kerk, was nie instaat om te hervorm nie, terwyl die protestantse kerke die weg gebaan het vir ander herlewings wat selfs tot vandag nog voortgaan, hoofsaaklik in die onafhanklike kerkgenootskappe. Ongelukkig het die Protestantse kerke die belangrikste, maar onbybelse leerstellinge oor die ‘Drie-eenheid’ en die ‘drie-enige’ doop, van die Kerk van Rome, voortgesit. Dit is maar nou eers, dat die Pinkster-herlewingsdeurbraak terug na die vroeë gemeentesstand plaasvind, soos die spesiale bediening van William Branham, wat bonatuurlik deur God bevestig is, duidelik gemaak het.

Kom ons slaan ‘n paar eeue oor, en kom tot by tyd van die politieke verdeeldheid tussen Oos en Wes. Na die Tweede Wêreldoorlog was Duitsland, die Europese vasteland en die hele wêreld, verdeeld. Baie van die oorlogsgeslag het die pyn en die gevolge van die verdeling erg gevoel. Maar ons het ook gesien hoedat die politieke verdeeldheid tot 'n einde gekom het, toe die Brandenburgpoort in Berlyn op 9 November, 1989, geopen was. Dit het gevolg op demonstrasies van die Rooms-Katolieke unie Solidariteit van Lech Walesa in die Gdansk-werf in Poland, wat geborg was deur die Vatikaan met miljoene dollars, soos Bernhard Eibisberger skryf in die besigheidstydskrif “Wirtschaftsnachrichten”, se 1/2005 uitgawe. Die Protestantse “Maandag-Demonstrasies” in die Oos-Duitse stede was toe uiteindelik beslissend.

Nou ervaar ons hoe die godsdienstige verdeeldheid ook ná die politieke verdeeldheid, oorwin word. Almal weet dat dit Pous Johannes Paulus II was wat, soos hulle sê, deur “die voorsiening” wêreldkommunisme omvêr gewerp het en, soos Lech Walesa gesê het, "die tande van die Russiese beer uitgeslaan het". Pous Benedictus XVI het nie meer veel om te doen nie, om al die dogterkerke terug te bring na die boesem van die Moederkerk. Eintlik kyk al die godsdienste van die wêreld nie net na Rome nie, maar na die wêreldgemeenskap van nasies, waarin alle kulture en gelowe aansluiting vind. Net soos politieke verdeeldheid oorkom was, sal godsdienstige verdeeldheid ook oorkom word. Niemand dink meer daaraan dat Pous Benedictus XV, so onlangs soos in 1915, die protestantse kansels “plaagswere” genoem het. Nou is daar eenheid in diversiteit en diversiteit in eenheid.

Dit was 'n Duitse hervormer, deur wie die vrye verkondiging aan die mense gebring is en die Woord van God weer in die hande en harte van die mensdom geplaas is. Nou is dit weer 'n Duitser wat al die kerke wat uit die Reformasie ontstaan het, weer in die boesem van die Kerk van Rome wil intrek, sodat, soos hy gesê het by sy inhuldiging op 24 April, 2005, daar "een herder en een kudde" kan wees. Maar daar is ook mense, wie se gewete vermaan en beveel dat 'n "komitee van ondersoek" in die lewe geroep moet word. Daar moet, solank as wat daar vryheid van spraak is, toegelaat word om te bevraagteken, of dit 'n bybelse ontwikkeling in die loop van die kerkgeskiedenis was, en of daar sedert die 3de eeu 'n heeltemal onbybelse tradisie begin het en steeds voortgaan. Weer vra skerp tonge, of die in-purper-gekleede geestelikes, die verteenwoordigers van die moederkerk is, wat beskryf word as "groot Babilon" (Openb. 17: 1-6). Sy is nie die moeder van die seuns en dogters van God nie, maar die moeder van die dogterkerke.

Maar wie vra vandag opreg soos Pilatus: "Wat is waarheid?", en is bereid, om te luister na die doring-gekroonde — en wie deur die godsdienstige wêreld bespot was — wie gesê het: "Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem" (Joh. 18:37)? Op daardie tydstip was Jesus gegésel, geslaan, en in purper geklee en 'n bespotting gemaak met 'n kroon van dorings. Al die purper-gekledes in Rome, word gekroon met waardigheid. Met die brandende vraag: "Wat is waarheid?", gaan dit nie oor godsdienstige waarheid, nie oor kerklike waarheid, nie Joodse waarheid, nie Christelike waarheid nie, maar oor die enigste Waarheid: die Woord van God, wat ewig bly! Ons moet opreg soek na die enigste weg wat werklik na die lewe lei, en daarvoor nodig ons die "een" wegbeskrywing, wat ons die bybelse weg wys. In die volksmond lui die ou gesegde: "Baie weë lei na Rome, maar net een lei daaruit". Dit gaan, in werklikheid daarom, om te wees of om nie te wees nie — om die ewige lewe te hê, of nie! Wat is die waarheid? Wat is misleiding? Daar is net een wat van Homself kan sê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie" (Joh. 14:6). Hierdie stelling van onse Here is in teenstelling met die bewering: "Slegs diegene wat die Kerk as Moeder het, kan God het as Vader".

Die waardigheid van die pous, of die Katolieke kerk, óf die van enige ander kerke en gelowe, moet geensins aangetas word nie. Die punt is egter, dat ons aangeraai word, om ons aandag op die Heilige Skrif te rig, met elke tema betreffende die Gemeente van Jesus Christus. Dit is tog waaarom ons 'n diep kyk moet gee na die kerkgeskiedenis.

In die algemeen is die wêreld verdeel in twaalf hoofgodsdienste, wie se verteenwoordigers opgeroep was van pous Johannes Paulus II op 24 Januarie, 2002, na die pelgrimsplek in Assisi, Italië. Die beroemde ses is: Judaïsme, Christendom, Islam, Taoïsme, Buddhisme, Hindoeïsme. Dan is daar die baie natuurlike- en stam godsdienste. Menswaardigheid, ongeag ras of godsdiens, is onaantasbaar. Enigiemand kan vrylik besluit vir hulself. Dit is ook te verstane, ​​dat alle mense op aarde vir hulself oortuig het van hul godsdiens en geloof. Maar daarmee is niemand eintlik die sekerheid gegee dat dit reg is nie. Ons moet die hele saak van bo bekyk. Net wat van God af kom, lei ook tot Hom. As 'n sendeling, het ek al meer as 40 jaar, elke maand in meer as 130 lande onderrigsreise onderneem en het daardeur eerstehandse kennis van die onderskeie plaaslike godsdienste.

Met elke godsdiens ontbreek die finaliteit, die ware absoluut, wat die seël van God dra. Ons nodig iets wat bo alle twyfel en bo alle menslike begrip staan en van God bevestig word. Die baie godsdienste het die tydelike versorging van siele hul eie gemaak, selfs al praat hulle van diehiernamaals en die paradys. By nadere ondersoek, is hulle egter net vir hierdie tydelike lewe verantwoordelik en terselfdertyd eintlik die hindernis wat staan ​​tussen ons en God. Elke filosofie of wéreldbeskouing, wat hoop vir die anderkant in hierdie lewe wek, sonder dat ons die verband met die ewige vind, lei tot teleurstelling, met ernstige gevolge. Elke keer kom ons tot die punt waar die laaste vrae nie beantwoord word nie. Die ware lot van oorledenes, bly verborge. Slegs die een wat gesterwe en uit die dood opgestaan ​​het, en die apostels, wat saam met die Opgestane 40 dae was en deur Hom gestuur is as Sy getuies, kan iets daaroor sê. Alle tydelike dinge — maak nie saak hoe godsdienstig — het hul grense. Toegang tot die ewigheid is nie outomaties in ons wieg gelê toe ons hierdie wêreld betree het nie. Maar voordat ons met die hoofgedagte oor God en die ewige lewe kan voortgaan, moet ons eers die toetrede van die ewige in die verloop van tyd erken.

In hierdie daarlegging kan ons nie onsself bemoei met die baie godsdienste en hul geloofsreëls nie en ook nie met dit wat filosowe vir die wêreld nagelaat het nie. Watter nut het 'n persoon byvoorbeeld, om deur meditasie te glo dat hy in verskillende lewenswese terugkeer en in die proses ‘n suiwering ondergaan, totdat hy uiteindelik in nirwana tot niet gaan (die idilliese ‘rusplek’ van sommige oosterse gelowe)? Wat beteken die teorie van evolusie, wat die werklikheid van die skepping ontgaan? Denkende mense, wat oor die rand van die tyd kyk, is slegs geïnteresseerd in bewysbare feite, wat verder gaan as wat menslik verklaarbaar is. Almal moet toegee dat die majestieuse skepping 'n lewende werklikheid is, waarin ons almal ons bevind. Die lewe en ook die dood, wat ‘n sekerheid is, is ook ‘n werklikheid. Daar is dinge wat heeltemal buite ons beheer is, dit is finaal in hulself. Wat ons egter moet weet, is dat die mens ‘n bewuste sielelewe het, wat bestem is tot gemeenskap met die Skepper. Die eerste mense was deur ongehoorsaamheid geskei van gemeenskap met die lewende God en so ook ons. Maar God het genade aan ons betoon deur die verlossingswerk en versoening deur Jesus Christus, tot Homself (IIKor. 5:28). Op hierdie punt kom elke godsdiens en filosofie tot ‘n einde, die geeste word geskei en lewende geloof in die lewende God begin.

Hierdie kort daarstelling is gerig aan alle welwillende mense regoor die hele aarde. Slegs die God van die hemel kan ‘n ewige heilsplan het, wat Hy aan alle mense wil wys in alle godsdienste en kulture. Hy is 'n persoonlike God wat sedert die begin van tyd gemeenskap met die mens soek, en slegs diegene wat die ewige lewe ontvang het, kan en sal vir ewig lewe. Die enigste boek op aarde, wat tereg die Heilige Skrif en Woord van God genoem word en die enigste wat werklik uitsluitsel verskaf, is die Bybel. In die finaliteit, is net 'n enkele een heilig, naamlik God, en dit wat uit Hom voortkom. Net die Bybel getuig van Hom, wat van ewigheid tot ewigheid is, en Hy getuig van Homself net in Sy Woord.

Nóg in die Babiloniese, nóg in die Jerusalemse Talmud, vind ons God se oorspronklike Woord, maar slegs die verskillende interpretasies van die rabbi's oor die Torah. In die 114 suras van die Koran, met die diepste godsbeklaging, soek die mens tevergeefs ooreenstemming met die Bybel. Mohammed, wie nie kon lees nie, het volgens sy geheue die Ou en Nuwe Testament aangehaal, maar dit was nie 'n enkele keer in direkte ooreenstemming met die Skrif nie. Niemand op aarde kan tog daarop vertrou nie. Selfs die woord "Allah" verskyn nie 'n enkele keer in die Bybel nie, maar "Elohim" verskyn meer as ses duisend keer. In die Islamitiese lande was "Elohim" in die Skrif vervang met die woord "Allah".

God het alles in die Skrif vooruitgespreek en dit deur die loop vantyd vervul. Die Ou Testament het met die profeet Maleagi geëindig, net soos die Nuwe Testament met die laaste boek, die Openbaring van Jesus Christus. Die twee Testamente vorm 'n volmaakte eenheid, waaraan niks verander en niks bygevoeg mag word nie. God self het in die laaste hoofstuk van die Bybel, aan diegene wat iets by Sy woorde voeg, met straf gedreig. Al sou iemand ses honderd jaar later verskyn, met ‘n aanspraak dat hy van die Aartsengel Gabriel ‘n direkte openbaring sou ontvang het, wat nie stroop met God se Woord nie, dan moet ons dink aan die waarskuwing: "... Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!" (Gal. 1:8)! Kan enigeen dit waag om enigiets by te voeg by wat God se profete en die apostels van Jesus Christus vir ons gelaat het? Hulle het die hele Verlossingsplan aangekondig en ons na die verwesenliking daarvan in die voltooiing heengewys. Wie het ooit die reg om God te korrigeer?

Deur die opstanding van ons Here en Verlosser, is duidelik bewys gelewer dat Hy nie net mens was nie, maar die Here self, wie die dood, wat oor die hele mensdom gekom het, oorwin het. Die volgende feit moet vir altyd kennis van geneem word: die Here Jesus het ná Sy opstanding, veral in Lukas 24, verse 44-45, gesê dat alles wat oor Hom geskryf was in die wet van Moses, in die profete en in die Psalms, vervul moes word. In Hom en deur Hom self, het ons die bewese goddelike legitimiteit, dat alles wat God in die Ou Testament aangekondig en belowe het, wat betref Sy eerste koms, vervulling gevind het. Net so word, sedert die stigting van die Nuwe Testamentiese Gemeente, vervul wat God aan Sy eie belowe het. So geld dit nou in die eindtyd, aangaande alle vooruitgespreekte gebeure, totdat die Wederkoms van Jesus Christus en die ewigheid intree. Slegs dit wat belowe is in die Heilige Skrif, kan vervul word. Die Opgestane Here het Sy dissipels die vermoë gegee om dit te verstaan — Hy doen dieselfde vandag.

Daar was hoegenaamd geen behoefte aan verdere openbaringe nie. Daar was ook geen belofte daarvoor nie. Die verlossing het plaasgevind. Die Gemeente van die Nuwe Testament is op 'n bonatuurlike wyse tot stand gebring, deur die uitstorting van die Heilige Gees; alle bedieninge en gawes was in die Gemeente van die Here. Daar was absoluut geen behoefte vir 'n "staatskerk" met sekulêre mag, soos in die Romeinse Ryk in die vierde eeu gestig was nie. Dit was 'n politieke besluit. Dit was ook nie nodig om 'n Islamitiese godsdiens in die sewende eeu te stig nie. Ook dít was 'n sekulêre politieke besluit. Die Jode het eerste die verband met God se genadige optrede, volgens Sy Verlossingsplan, misgekyk, daarna die Christene, en toe die Arabiere, wat natuurlik almal na Abraham verwys. Dit was absoluut nie nodig om rade te hou om nuwe leerstellings en dogmas op te stel nie. Elke keer was die Woord van God geīgnoreer (Mark. 7:9). God het reeds alles gesê en elke leerstelling en gebruik vir die Gemeente geopenbaar en gevestig. Die Nuwe Testament was lankal reeds voltooi. Dit was ook nie nodig om die Islamitiese godsdiens op mense met aardse geweld af te dwing nie. Alles wat deur die mens gemaak is, het niks met God se wil te doen nie. Hy is slegs verantwoordelik vir dit wat Hy self belowe het. Alles in die Koninkryk van God moet volgens Sy vasgestelde wil geskied.

Available translations