Book
Globale Inligting - Opklaring van Bo
Ewald Frank
Navigate
Chapters
expand_more
Navigate
Chapters
Navigate
Chapters
Jump to any chapter without leaving the reader.
Chapter 5
Net op feite gebaseer
5 / 6
Die Nuwe Testament berig oor Petrus se reise na Samaria, na Sesarea en tot by Antiochië (Gal. 2:11), en ook die van Paulus, word daar breedvoerig beskryf. Paulus was drie keer in Rome; hy was 'n Romeinse burger (Hand. 22: 22-29) en kon Rome dus onverhinderd besoek op sy reis na Spanje (Rom. 15: 22-29). Petrus was nie ‘n enkele keer daar nie. Die primaatsaanspraak was eers vierhonderd jaar later, volgens ‘n Romeinse legende gemaak. In werklikheid is daar nie 'n graf of 'n stoel van Petrus in Rome nie. In die jare 41-54 het Claudius in Rome geregeer, toe alle Jode verdryf was, onder wie Aquilla en Priscilla, wie Paulus in Korinthe ontmoet het (Hand. 18). Die eerste vervolging van Christene het plaasgevind onder Nero, wie die jare 54 tot 68 geregeer het. Volgens 'n goddelike besluit was dit ooreengestem dat Jakobus, Sefas en Johannes verorden word tot die apostoliese bediening van die Jode en Paulus en Barnabas tot die apostoliese bediening van die heidene (Galasiërs 2 onder andere). Paulus het die Romeinse brief, wat in sestien hoofstukke geskryf is, aan die klein Joodse Christengemeente in Rome gerig, en 27 mense by naam gegroet, maar Petrus was nie onder hulle genoem nie. Met sy laaste besoek het Paulus twee volle jare in Rome gebly (Hand. 28:30). Slegs die legende skryf die verskyning van Simon Magus in Rome toe aan Simon Petrus. Hierdie kennis is deel van die basiese studie van die onafhanklike kerkgeskiedenis.
Is daar uit die mond van die Here enigsins ‘n belofte dat Petrus 'n opvolger sou hê? Nee! Is daar 'n belofte dat Jesus Christus 'n plaas-vervanger sou hê? Nie in die Skrif nie! Sê dit iewers dat ‘n godsstaat vir Christus onder die mense opgerig moet word? Nee! Is daar ‘n belofte dat die Rooms-Katolieke Kerk, of enige ander, alleen moet red en genees? Nie in die Skrif nie! Was die Gemeente van Jesus Christus, wat in detail beskryf word in die Nuwe Testament, met hulle gawes en bedieninge, ooit aardse magte gegee? Nie in die Skrif nie! Weet die nuwe-testamentiese Gemeente van heilige water, wierook, kruisies, rosekranse, optogte, pelgrimstogte, of vagevuur? Nee! Weet die nuwe-testamentiese Gemeente van sakramente? Weet sy van babadoop en peetouers, ‘n begrafnismis, 'n misoffer, ‘n biegstoel en aflate? Nee! Weet die nuwe-testamentiese Gemeente van 'n salig- en heiligverklaring van afgestorwenes? Nee!
Het die nuwe-testamentiese Gemeente iets geweet van 'n Mariaverering en 'n "Hail Mary" begroeting? Nee! Het die vroeë Gemeente geweet van selibaatskap? Nee! Paulus het dit, gelei deur die Gees van God, aan die "groot afvalligheid" toegeskryf en met die "verbod op die huwelik", dit direkte leringe van duiwels genoem (ITim. 4: 1-5), omdat dit teenstrydig met God se skeppingsorde is wat deel uitmaak van Sy Verlossingsplan. Die ouderlinge en diakens van die plaaslike gemeentes, moes getroud wees in daardie ampte (ITim. 3; Tit. 1: 5-9).
Daar is in die Gemeente van Jesus Christus geen kloosters nie, geen monnike of nonne, of ander sulke ordes nie. Niks het gebly soos dit in die vroeë Gemeente was nie; basies alles in lering en praktyk, is geherinterpreteer, in teenstelling, anti, dws teen en in plaas van wat Christus geleer en beveel het, en deur die apostels uitgevoer was. Alles wat ongelooflik is, was as geloofwaardig verklaar.
Maria, die uitverkore maagd (Jes. 7:14), die moeder van die Here, het haar eenmalige hoë taak vervul. Daarna word sy slegs een keer, in Handelinge 1, vers 14 genoem, naamlik aan die begin en in verband met die uitstorting van die Heilige Gees. Het die apostels enigiets geweet van 'n “onbevlekte ontvangs” van Maria? Nee! Die Seun van God moes in die gelykheid van sondige vlees kom (Rom. 8:3), is gebore in die gevalle skepping, om ons te verlos van die sondeval. Weet u iets van haar permanente maagdelikheid? Nee, want die Bybel getuig dat Josef later egtelik met haar verkeer het (Matt. 1:25), nadat Christus, die seun van God gebore was en dat sy vier seuns en ook dogters gehad het (Matt. 13: 55-58). Johannes 2, vers 12 sê ook: "Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy dissipels ...". Paulus getuig: "en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here" (Gal. 1:19). Amen.
Het die apostels van 'n liggaamlike hemelvaart van Maria getuig? Nee, want dit staan geskrywe: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het ..." (Joh. 3:13)! Amen.
Kan sy ook nog 'n middelares wees, wanneer daar geskryf staan: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus ..." (ITim. 2:5).
Kan sy ook 'n voorspraakmaakster wees, as dit geskrywe staan: "... en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige" (IJoh. 2:1).
Kan Maria op enige aspek dit wees, wat Jesus Christus alleen is? Sekerlik nie! Volgens die getuienis van die Skrif, is die kultus van Maria en al die heiligheidskultusse, al die ikone, afbeeldings en standbeelde afgodsaanbidding, aangebied as godsaanbidding (Ex. 20: 1-6, ens). Dit is gerig teen Christus, dus "anti-christelik" — onbybels — alles deel van die "Christelike" kerke wat heeltemal buite God se Woord staan.
‘n Mens kan voortgaan met die lys van alles wat geleer, geglo en beoefen word en dit bevraagteken. ‘n Mens kan selfs vra: Was Jesus Christus, of Hugo von Pyens, die stigter van die Ridderorde van die Heilige graf? Het die Verlosser die Jesuïete en die Kontra-Reformasie ingestel, of was dit die ywer van die Spanjaard Ignatius van Loyola, wie se missie dit was om die "heilige" Roomse Kerk te herstel, selfs met geweld? Dit hoef nie gevra te word waarom die geheime orde Opus Dei gestig was in 1928 nie, wat met sy 86,000 lede in alle areas aktief was, met sleutelposisies in 90 lande. In die lig van hierdie feite, kan die bewering waar wees: Slegs die Rooms-Katolieke Kerk is die Kerk van Christus en die verlossing skenker, al die ander is, ten beste, kerklike gemeenskappe?
Available translations
PDF
EPUB