Book

Globale Inligting - Opklaring van Bo

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 6 calendar_month 3. 6. 2005

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Kapitola 6

Die tragiese gebeure

6 / 6

Net in die sewe kruistogte vanaf 1095 tot 1292, was 22 miljoen mense vermoor. Was dit heilstrekkend? Wie die bevel van pous Urbanus II aan die Raad van Clermont in 1095 lees, sal geskok wees. Wie lees van die 40,000 Jode en Moslems in Jerusalem waarvan daar ná die slagting in Junie, 1099, net sowat 100 oorgebly het, word heeltemal sprakeloos gelaat. Wat het dit te doen met die bevryding van die "Heilige Graf van Christus uit die hande van die ongelowiges," soos die opdrag van Urbanus II gelui het — veral omdat hierdie graf in die stad 'n fiksie is? Die graf was en is vandag in 'n tuin by die plek van skedel, buite die stad, so getuig die Skrif. "En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie" (Joh. 19:41). Verder is geskrywe: "Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely" (Heb. 13:12). Amen.

‘n Mens moenie die gedagtes met al die bedrieëry en herinterpretasies van die vyand tot aan die einde deurdink nie. Aan die ander kant bestaan daar net een Boek op aarde, wat die volledige uitkoms wys, wat onbetwyfelbaar is en eindig met die openbaring van Jesus Christus waarin ook die laaste verborgenhede geopenbaar word. Duisend jaar van absolute oppergesag van Rome: die Middeleeue, die Inkwisisie, die brandstapels, hekseverbranding, die vervolging van Jode, die slagting van die Hugenote, ens, het baie bloed gestort. Die Kerk van Rome het geestelike en aardse kragte saamgesnoer. Sommige eksegete voer aan dat Openbaring 18, verse 23-24 daarna verwys: "... is al die nasies verlei. En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is".

Kan enige verwyte hieroor teen die pous, 'n kardinaal, of 'n priester vandag geslinger word? Sekerlik nie. Die verwikkelinge in die kerk vind al 1,500 jaar lank plaas. Almal is gebore in hierdie tradisies, opgelei daarin en het aanvaar dat alles korrek is. Dieselfde geld vir alle kerke en hul predikante; elkeen het hul eie geskiedenis en hul eie tradisies.

Elke Kerk het hul eie ontwikkeling ervaar. Maar die Gemeente van Jesus Christus, is nog soos sy was met die stigting. Soos die kerkgeskiedenisskrywes oortuigend aandui, was die gelowe nie meer begaand oor die betekenis van die Woord van Jesus en die apostels nie, maar oor hul eie herinterpretasies, waaraan almal sonder uitsondering skuld het. Eers was almal in die keiserskerk ingedwing maar ná die Hervorming, het die verskillende leringe weer na vore gekom. En nou keer almal, ongeag van wat hulle glo, terug na die moederkerk.

Geen kerk kan daarop aanspraak maak dat hulle die Gemeente van Jesus Christus is nie. Christus self bou Sy Gemeente met almal wat God se genade aanvaar en die ewige lewe ontvang, soos in die begin. Deur die evangelie-boodskap, roep God Sy eie vanuit alle volke, tale en nasies, uit alle formele- en onafhanklike kerke, alle godsdienste en kulture. Gedurende die hele tyd van genade word vervul: "... en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe" (Hand. 13: 47-49). Amen. Nooit was verlossing gekoppel aan enige mens of instelling nie. Van die begin af geld die goddelike boodskap, met die oog op die Verlosser: "want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is ..." (Hand. 4:12), maar Here Jesus Christus, in wie alleen die verlossing van God is. Sy pleidooi geld nog vandag: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is ..." (Matt. 11:28). Daarom kan ‘n boodskapper van God die luisteraars in sy preek toeroep: "Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word". Geloof in 'n kerk is nie geloof in God nie — dit kan nie wees nie. Dit is slegs die een ware geloof, in die een ware God, wat Homself in Jesus Christus aan ons geopenbaar het. Slegs deur 'n persoonlike verlossingservaring, word mense weergebore tot 'n lewende hoop (Joh. 3: 1-10; Jak. 1:18; IPet. 1: 22-25).

Nietemin het alle godsdienste en alle kerke hul bestaansreg. Wie nie die oproep van God hoor en die ewige lewe wil ingaan nie, sal bly waar en wat hy of sy is. Alle bybelgelowiges moet alleen net vashou aan wat in die Bybel staan. Daar is basies net twee geloofsbelydenisse: Die een is die lering van die apostels en profete (Efé. 2:20), wat tot in die kleinste detail die leer van Jesus Christus is, soos ons dit in die Bybel bevestig vind. Die ander is die lering soos gedefinieer in die geloofsbelydenisse van die kerke. Een ís bybels, die ander word net "bybels" genoem. Die een ís apostolies, die ander word net "apostolies" genoem. En so hard soos dit dalk mag klink: die een sluit die ander uit. Elkeen het die geleentheid om vir hulself te besluit, en almal sal dan voor die regverdige Regter staan, Wie egter die uitspraak slegs volgens Sy Woord sal lewer.

Waarom is die verkeerde ontwikkeling van die kerk in die Romeinse Ryk versteek tot sy skeuring in die jaar 1054, en al hul fases daarna? Waarom word niks meer vergelyk met die Skrif nie? Wat gee dan die deurslag? Wat dra die seël van God? Word daar tot vandag nog geglo in die Pippiniese of Konstantynse bydraes? Is daar nog nie genoegsaam bewys dat die Kerk van Rome net belangstel in wêreldmag, wat uitgeoefen word in die naam van Christendom nie? Word dit nie nou in al die volks- en staatskerke in die verskillende lande so aanvaar, dat godsdiens en politiek veralgemeen word nie? Ons vra daarom: Wat het dit te doen met die ware Gemeente van Jesus Christus? God het dit self so besluit, dat die blye boodskap — die ewige evangelie van Jesus Christus — in die wêreld verkondig moet word en dat almal wat God se verlossing in Christus aanvaar, vergifnis van sondes ontvang. So spreek die Here: "as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe ..." (Joh. 8:24).

Slegs die gelowiggewordenes, wat deur berou en bekering hul verlossing ervaar het, laat hulle doop, volgens die sendingsbevel in Markus 16: "Hy wat glo en hom laat doop ...". Die hele boek van Handelinge bevestig dat hulle in die naam van die Here Jesus Christus gedoop was. Dan ervaar hulle ook die belofte, soos eerste gegee uit die mond van Johannes die Doper (Matt. 3:15) en wat onse Here Homself in Handelinge 1, vers 5, bevestig het: "... Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word ...". Vir die bybelgelowiges is niks 'n amptelike daad nie; alles is God se bonatuurlike werk in mense, wat lei tot saligmakende geloof in Jesus Christus. Berou oor die lewe wat ons sonder God gelei het, bekering vanaf die breë na die smal weg, wedergeboorte na die saad van die Woord van God (Jak. 1:18; IPet. 1:23), vernuwing tot die diepe innerlike, deur die Heilige Gees, volgens Titus 3 — al hierdie is persoonlike ervarings wat 'n mens meemaak wanneer hy of sy 'n gelowige word. Almal moet dit self beleef, dat God 'n persoonlike verhouding met ons herstel het en dat ons geroep is vanaf mensekinders tot Godskinders. Almal word aangeraai om die Raad van God te glo en die Heilige Skrif as die enigste geldige patroon vir geloof, lering en handeling te respekteer.

Uit die kerkgeskiedenis is die herlewings wat sedert die Reformasie plaasgevind het, aan ons bekend, asook die gepaardgaande kwessies. Martin Luther en andere het op die regte tyd, deur die prediking, dit deurgegee wat hulle persoonlik ervaar het: die genade en regverdiging deur geloof in Jesus Christus die Verlosser. Toe kom die ontwaking onder John Wesley en vele ander, wat 'n stap verder gegaan het en nie net regverdiging verkondig het nie, maar die persoonlike ervaring van heiligmaking van die Woord. Dit is gevolg deur John Smith met vele ander, wat met die dompel-doop van die gelowiges ‘n nuut-uitgebreekte herlewing persoonlik ervaar het. Die afgelope eeue is eintlik gevorm deur herlewings wat dieper gelei het en nader gekom het aan die Woord van God en die vroeë Christelike getuienis. In elke herlewing het dit daaroor gegaan, dat almal wat die boodskap van hul uur geglo het — hetsy regverdiging of heiligmaking of die vulling met die Heilige Gees, dit ook persoonlik ervaar het in werklikheid. Martin Luther kon slegs preek wat hy persoonlik ervaar het, regverdigmaking. So was dit met John Wesley. Hy het die heiligmaking in die Woord persoonlik ervaar en dit gepreek. So was dit met John Smith, wat die doop van die gelowige tot ‘n deurbraak verhef het. Dit is wat gebeur het in die Pinkster herlewing. Eers het die broeders in Los Angeles, daarna oral op aarde, die geestesdoop belewe, gevolg deur die verkondiging van wat hulle ervaar het en almal wat hulle getuienis geglo het, het dit ook persoonlik beleef.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die liewe Here self 'n beroeping uitgespreek en 'n sending gegee. Met die oog op die Wederkoms van Jesus Christus, was William Branham op 7 Mei, 1946, op ‘n bonatuurlike wyse, net soos die apostel Paulus, ‘n direkte opdrag gegee om die oorspronklike goddelike boodskap te verkondig, wat die Wederkoms van Christus voorafgaan. Sedert die dae van ons Here en die apostels, was daar nog nie so 'n bediening op aarde nie: die siekes is genees, blindes kon sien, die dowes kon hoor en die verlamdes kon weer loop, selfs 'n paar dooies is opgewek: Die volle evangelie was nou weer verkondig, soos aan die begin en op 'n bonatuurlike wyse direk bevestig. Dit is alom bekend dat sowat 500 evangeliste in die VSA, geïnspireer was deur wat hulle in die Branham byeenkomste gesien en ervaar het, en toe hul eie bedieninge begin het. So het die groot wêreldwye herlewing, waarin die verlossing van die siel en die genesing van die liggaam beleef was, binne ‘n kort tyd, die uithoeke van die aarde bereik. In die jare 1955-1965 was ek ‘n ooggetuie van hierdie unieke en magtige bediening.

Nou gaan dit nie meer oor gedeeltelike waarhede, soos in die afgelope eeue nie. Dit gaan nou oor die proklamasie van die volle evangelie met alle ervaringe, waarin die hele Heilsraad van God — die volledige herstel van die goddelike heilsplan in die Gemeente van Jesus Christus, uitgelê is. Dit behels die uitroeping van diegene wat gereed wil wees met die Wederkoms van Jesus Christus. Die geroep gaan nou uit volgens Matthéüs 25: "Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!". Almal wat tot die Bruid-gemeente behoort, luister na die stem van die Bruidegom. Hierdie laaste boodskap, moet een honderd persent ooreenstem met die eerste boodskap, sodat almal wat deel uitmaak van die Gemeente van Jesus Christus, dieselfde leerstellinge oor die Godheid, doop, nagmaal, ens, glo en ervaar. Nie elkeen wat sê "Here, Here …", sal die koninkryk van God ingaan nie, selfs al sou hulle geprofeteer en wonderwerke gedoen het (Matt. 7: 21-23), maar slegs diegene wat die wil doen van onse hemelse Vader. Met die begrip "Eindtyd-boodskap" word bedoel die oproep vanuit alle tradisies, vanaf basies alles wat nie ooreenstem en verbind is met God en met God se Woord nie (IIKor. 6: 14-18; Openb. 18:4).

Niemand kan dit ontken nie, dat die Christendom in 'n groot chaos is, in direkte babeloniese verwarring en gevangenisskap is en dat almal hul eie godsdienstige taal praat. Daarom word die volk van God nou uit alles gelei wat ons skei van God en van mekaar, en bring ons weer in ooreenstemming met die hele Woord. Elkeen wat uit God is, luister na God se stem en verstaan ​​wat die Gees aan die gemeentes nou sê. Aan almal wat opreg soek, kan ek net ter wille van hul eie heil sê: "Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie" (Hebr. 4:7). Amen.

Amen beteken: Laat dit so wees.

Krefeld, Junie 2005!

Br. Frank

Available translations