Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 22

Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek?

22 / 34

Antwoord: Wat 'n vraag om in 'n beskaafde wêreld te vra! Nee natuurlik nie. Sommige broeders in Afrika lande, waar poligamie steeds beoefen word, beklemtoon die uitsprake van die profeet in hierdie verband en pas dit in by hul eie wellustige weë. Hulle noem Abraham, Jakob, Elkana, Gideon, Dawid en Salomo, ens., terwyl hulle ook benadruk dat Dawid net een keer egbreuk gepleeg het, toe hy Uria se vrou geneem het. Hierdie onderwerp is baie meer sensitief as enige ander en word so maklik misverstaan. Broeder Branham het die volgende gesê:

“Maar nou, nadat die seëls oopgemaak is, lei die Gees van die Waarheid ons reguit na die Woord. Dit verduidelik waarom al die foute deur die eeue heen gemaak was: omdat die Seëls nog nie geopen was nie. Dit was nog nie onthul nie; Dit is die waarheid" (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 33).

Broeder Branham het die term “poligamie” 'n aantal kere gebruik, veral in sy preek “MARRIAGE AND DIVORCE” van 21 Februarie, 1965, met verwysing na die Ou Testament. Hy was beslis nie van plan om 'n harem vir die broeders op te rig nie. Sonder om ‘n redes aan te voer, het God in die wetgewing gesê: “As hy vir hom nog ‘n vrou neem…” (Ex. 21:10) — nie nog baie vrouens nie. In so geval moes die man volle verantwoordelikheid neem vir beide vrouens. Die HERE God het selfs die reg van die eersgeborene daargestel (Deut. 21: 15-17).

Die apostel Paulus skryf duidelik dat elke man sy eie vrou moet het en elke vrou haar eie man (IKor. 7). Broeder Branham wou eintlik net beklemtoon dat die vrou vir die man geskep is en nie die man vir die vrou nie (IKor. 11:9). Dit is die rede, waarom die man na 'n egskeiding weer kan trou, sonder verskuldiging teenoor die eksvrou. As sy egter weer trou, leef sy in egbreuk, omdat sy aan haar gelofte gebonde is deur die wet van God, solank die man lewe (Rom. 7:2; IKor. 7:39). So was dit onthul aan Broeder Branham, in dieselfde bonatuurlike wolk wat teenwoordig was met die opening van die seëls. Dit is die Woorde van sy mond:

“Let op, dat daar gesê word dat hy nie weer kan trou nie, hetsy met ‘n maagd! … Dit sê hier dat hy slegs 'n maagd kan trou. Hy kan weer trou as dit 'n maagd is; maar hy kan nie met iemand anders se vrou trou nie. Nee, eintlik nie. En as hy ‘n geskeide vrou trou, leef hy in owerspel … Let op wel: hy kan weer trou, maar sy kan nie. Soos David, soos Salomo, soos dit deur die hele Bybel loop…”

Die verskil is vanselfsprekend:

“Sy moet ongetroud bly of weer versoen word met haar man (IKor. 7). Sy kan nie weer trou nie, sy moet enkel bly. Maar let op, hy het dit nie oor die man gesê nie. Kyk, jy kan nie die Woord maak lieg nie” (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 33).

Almal behoort dit nou goed te verstaan, as gevolg van die uitklaring wat Broeder Branham gegee het, want hy het 'n direkte antwoord van God ontvang oor die kwessie van die huwelik en egskeiding. Hierdie skriftuurlike openbaring is in 'n totale kontras met die oorgeërfde, tradisionele denke en met wat in die denominasies geleer word. Almal wat beweer dat hulle alles oor hierdie onderwerp reeds geweet het, moet vertel word dat God nie eens met so iemand kan praat nie. Die saak was in elk geval so belangrik vir God dat Hy persoonlik in die bonatuurlike wolk verskyn het om die finale openbaring aan Sy kneg en profeet te gee. Almal, wat met reg daarop aanspraak maak dat hulle die boodskap van die uur glo, sal dit respekteer.

Available translations