Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Wat 'n vraag om in 'n beskaafde wêreld te vra! Nee natuurlik nie. Sommige broeders in Afrika lande, waar poligamie steeds beoefen word, beklemtoon die uitsprake van die profeet in hierdie verband en pas dit in by hul eie wellustige weë. Hulle noem Abraham, Jakob, Elkana, Gideon, Dawid en Salomo, ens., terwyl hulle ook benadruk dat Dawid net een keer egbreuk gepleeg het, toe hy Uria se vrou geneem het. Hierdie onderwerp is baie meer sensitief as enige ander en word so maklik misverstaan. Broeder Branham het die volgende gesê:
“Maar nou, nadat die seëls oopgemaak is, lei die Gees van die Waarheid ons reguit na die Woord. Dit verduidelik waarom al die foute deur die eeue heen gemaak was: omdat die Seëls nog nie geopen was nie. Dit was nog nie onthul nie; Dit is die waarheid" (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 33).
Broeder Branham het die term “poligamie” 'n aantal kere gebruik, veral in sy preek “MARRIAGE AND DIVORCE” van 21 Februarie, 1965, met verwysing na die Ou Testament. Hy was beslis nie van plan om 'n harem vir die broeders op te rig nie. Sonder om ‘n redes aan te voer, het God in die wetgewing gesê: “As hy vir hom nog ‘n vrou neem…” (Ex. 21:10) — nie nog baie vrouens nie. In so geval moes die man volle verantwoordelikheid neem vir beide vrouens. Die HERE God het selfs die reg van die eersgeborene daargestel (Deut. 21: 15-17).
Die apostel Paulus skryf duidelik dat elke man sy eie vrou moet het en elke vrou haar eie man (IKor. 7). Broeder Branham wou eintlik net beklemtoon dat die vrou vir die man geskep is en nie die man vir die vrou nie (IKor. 11:9). Dit is die rede, waarom die man na 'n egskeiding weer kan trou, sonder verskuldiging teenoor die eksvrou. As sy egter weer trou, leef sy in egbreuk, omdat sy aan haar gelofte gebonde is deur die wet van God, solank die man lewe (Rom. 7:2; IKor. 7:39). So was dit onthul aan Broeder Branham, in dieselfde bonatuurlike wolk wat teenwoordig was met die opening van die seëls. Dit is die Woorde van sy mond:
“Let op, dat daar gesê word dat hy nie weer kan trou nie, hetsy met ‘n maagd! … Dit sê hier dat hy slegs 'n maagd kan trou. Hy kan weer trou as dit 'n maagd is; maar hy kan nie met iemand anders se vrou trou nie. Nee, eintlik nie. En as hy ‘n geskeide vrou trou, leef hy in owerspel … Let op wel: hy kan weer trou, maar sy kan nie. Soos David, soos Salomo, soos dit deur die hele Bybel loop…”
Die verskil is vanselfsprekend:
“Sy moet ongetroud bly of weer versoen word met haar man (IKor. 7). Sy kan nie weer trou nie, sy moet enkel bly. Maar let op, hy het dit nie oor die man gesê nie. Kyk, jy kan nie die Woord maak lieg nie” (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 33).
Almal behoort dit nou goed te verstaan, as gevolg van die uitklaring wat Broeder Branham gegee het, want hy het 'n direkte antwoord van God ontvang oor die kwessie van die huwelik en egskeiding. Hierdie skriftuurlike openbaring is in 'n totale kontras met die oorgeërfde, tradisionele denke en met wat in die denominasies geleer word. Almal wat beweer dat hulle alles oor hierdie onderwerp reeds geweet het, moet vertel word dat God nie eens met so iemand kan praat nie. Die saak was in elk geval so belangrik vir God dat Hy persoonlik in die bonatuurlike wolk verskyn het om die finale openbaring aan Sy kneg en profeet te gee. Almal, wat met reg daarop aanspraak maak dat hulle die boodskap van die uur glo, sal dit respekteer.