Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word?

« »

Antwoord: Glad nie. Dit gee my die geleentheid om diegene te seën, wat nie hul jaloesie kan bedwing nie. My lot is nie anders as al die verkondigers van die Woord van God nie, soos die apostel Paulus skryf: “ … deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig” (IIKor. 6:8).

As daar, byvoorbeeld, in die tydskrif “Contender” of in 'n boek oor die sewe donderslae, of in ope briewe, selfs van kansels af en op die internet, laster versprei word, dan weet jy maar net dat Satan met alle middele probeer om die invloed van die bediening te vernietig. So was dit met al God se diensknegte.

Die HERE Jesus, wie my geroep het, gee my nuwe krag elke dag, om die ware Woord van God met alle gelowiges te deel. Ondanks al die smaad wat ek moet verdra kan ek alle ou en nuwe vyande van die Waarheid, net die beste toewens. Dit was altyd die godsdienstige leiers wat die profete vervolg het, wat die HERE en die apostels verag het, terwyl hulle self geestelik blind was en dan nog probeer het om die blindes te lei.

Die wese van 'n saad is self-openbarend. Niemand kan vye uit ‘n doringbos versamel nie, nog minder kan soet en bitter water uit dieselfde bron kom. Sommige se liefde is soos die van Kain (IJoh. 3: 11-12), wat geëindig het met moord; vandag is dit karaktermoord. Kain met sy jaloesie, en Abel, wie die HERE behaag het, word as voorbeelde gegee. Afguns en jaloesie bring haat voort, en haat bring voort broedermoord. Aanhaling:

“U hoef nie 'n mes in 'n man se rug te steek om hom dood te maak nie; kraak net sy karakter af en sy invloed, dan het jy hom doodgemaak. As jy teen jou herder gaan, iets slegs praat oor hom hier, is dit dieselfde as om hom te skiet. As jy enigiets sê teenoor hom wat nie reg is nie, sal dit sy invloed oor die mense vernietig, o.a., en jy sal daarvoor skuldig wees! Jesus het dit gesê.” (Golden Nuggets, bl. 167).

Isak en Ismael was seuns van dieselfde vader. Maar hy wat na die vlees gebore is, het die een wat volgens die belofte gebore is gehaat. “Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook(Gal. 4: 28-29). Dit kan nooit andersom wees nie. Die verskuiling daarvan is ook nie moontlik nie: “Wie sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie” (IJoh. 3:15). Dit is die reine waarheid. Wie sy broeder haat en dus doodmaak, pleeg eintlik “selfmoord", omdat hy die ewige lewe verloor.

Antwoord: Glad nie. Dit gee my die geleentheid om diegene te seën, wat nie hul jaloesie kan bedwing nie. My lot is nie anders as al die verkondigers van die Woord van God nie, soos die apostel Paulus skryf: “ … deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig” (IIKor. 6:8).

As daar, byvoorbeeld, in die tydskrif “Contender” of in 'n boek oor die sewe donderslae, of in ope briewe, selfs van kansels af en op die internet, laster versprei word, dan weet jy maar net dat Satan met alle middele probeer om die invloed van die bediening te vernietig. So was dit met al God se diensknegte.

Die HERE Jesus, wie my geroep het, gee my nuwe krag elke dag, om die ware Woord van God met alle gelowiges te deel. Ondanks al die smaad wat ek moet verdra kan ek alle ou en nuwe vyande van die Waarheid, net die beste toewens. Dit was altyd die godsdienstige leiers wat die profete vervolg het, wat die HERE en die apostels verag het, terwyl hulle self geestelik blind was en dan nog probeer het om die blindes te lei.

Die wese van 'n saad is self-openbarend. Niemand kan vye uit ‘n doringbos versamel nie, nog minder kan soet en bitter water uit dieselfde bron kom. Sommige se liefde is soos die van Kain (IJoh. 3: 11-12), wat geëindig het met moord; vandag is dit karaktermoord. Kain met sy jaloesie, en Abel, wie die HERE behaag het, word as voorbeelde gegee. Afguns en jaloesie bring haat voort, en haat bring voort broedermoord. Aanhaling:

“U hoef nie 'n mes in 'n man se rug te steek om hom dood te maak nie; kraak net sy karakter af en sy invloed, dan het jy hom doodgemaak. As jy teen jou herder gaan, iets slegs praat oor hom hier, is dit dieselfde as om hom te skiet. As jy enigiets sê teenoor hom wat nie reg is nie, sal dit sy invloed oor die mense vernietig, o.a., en jy sal daarvoor skuldig wees! Jesus het dit gesê.” (Golden Nuggets, bl. 167).

Isak en Ismael was seuns van dieselfde vader. Maar hy wat na die vlees gebore is, het die een wat volgens die belofte gebore is gehaat. “Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook (Gal. 4: 28-29). Dit kan nooit andersom wees nie. Die verskuiling daarvan is ook nie moontlik nie: “Wie sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie” (IJoh. 3:15). Dit is die reine waarheid. Wie sy broeder haat en dus doodmaak, pleeg eintlik “selfmoord", omdat hy die ewige lewe verloor.