Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Chapitres: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Chapitres

expand_more

Navigate

Chapitres

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Chapitre 21

Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word?

21 / 34

Antwoord: Glad nie. Dit gee my die geleentheid om diegene te seën, wat nie hul jaloesie kan bedwing nie. My lot is nie anders as al die verkondigers van die Woord van God nie, soos die apostel Paulus skryf: “ … deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig” (IIKor. 6:8).

As daar, byvoorbeeld, in die tydskrif “Contender” of in 'n boek oor die sewe donderslae, of in ope briewe, selfs van kansels af en op die internet, laster versprei word, dan weet jy maar net dat Satan met alle middele probeer om die invloed van die bediening te vernietig. So was dit met al God se diensknegte.

Die HERE Jesus, wie my geroep het, gee my nuwe krag elke dag, om die ware Woord van God met alle gelowiges te deel. Ondanks al die smaad wat ek moet verdra kan ek alle ou en nuwe vyande van die Waarheid, net die beste toewens. Dit was altyd die godsdienstige leiers wat die profete vervolg het, wat die HERE en die apostels verag het, terwyl hulle self geestelik blind was en dan nog probeer het om die blindes te lei.

Die wese van 'n saad is self-openbarend. Niemand kan vye uit ‘n doringbos versamel nie, nog minder kan soet en bitter water uit dieselfde bron kom. Sommige se liefde is soos die van Kain (IJoh. 3: 11-12), wat geëindig het met moord; vandag is dit karaktermoord. Kain met sy jaloesie, en Abel, wie die HERE behaag het, word as voorbeelde gegee. Afguns en jaloesie bring haat voort, en haat bring voort broedermoord. Aanhaling:

“U hoef nie 'n mes in 'n man se rug te steek om hom dood te maak nie; kraak net sy karakter af en sy invloed, dan het jy hom doodgemaak. As jy teen jou herder gaan, iets slegs praat oor hom hier, is dit dieselfde as om hom te skiet. As jy enigiets sê teenoor hom wat nie reg is nie, sal dit sy invloed oor die mense vernietig, o.a., en jy sal daarvoor skuldig wees! Jesus het dit gesê.” (Golden Nuggets, bl. 167).

Isak en Ismael was seuns van dieselfde vader. Maar hy wat na die vlees gebore is, het die een wat volgens die belofte gebore is gehaat. “Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook” (Gal. 4: 28-29). Dit kan nooit andersom wees nie. Die verskuiling daarvan is ook nie moontlik nie: “Wie sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie” (IJoh. 3:15). Dit is die reine waarheid. Wie sy broeder haat en dus doodmaak, pleeg eintlik “selfmoord", omdat hy die ewige lewe verloor.

Available translations