Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding?

« »

Antwoord: Ek het glad en geheel nie enige onderrig van my eie oor enige onderwerp nie. Hierdie onderwerp was reeds breedvoerig behandel deur Moses, onse HERE, die apostel Paulus en deur Broeder Branham. Eintlik hoef daar nie meer daaroor geskryf te word nie, behalwe om alles wat reeds geskryf is, reg te plaas. Dit is, soos Broeder Branham gesê het:

“Hierdie oeroue probleem is so ingewikkeld dat jy dit nie kan verstaan nie, tensy dit aan jou geopenbaar word” (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 38).

Toe die HERE God die gebooie gegee het (Ex. 20), het Hy nie hierdie belangrike onderwerp wat praat van owerspel, uitgelaat nie. “Jy mag nie egbreek nie … jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie” .

In die Bergrede in Matthéüs 5, verse 27-32, het onse HERE ook daaroor gepraat: “Jy mag nie egbreek nie … Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n (ander man se) vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het…”

Toe sê Hy: “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af … En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af…” Dan spreek Hy die man aan wat op grond van egbreek sy vrou kan — nie moet — skei. Andersins veroorsaak hy dat owerspel deur sy vrou gepleeg word as sy weer trou (v.32). In so geval sal die man daarvoor verantwoordelik gehou word.

In alle kulture op aarde, insluitend ateïsme, word die huwelik in die algemeen as die natuurlike orde van gesinslewe gerespekteer. Die brandende vraag is: wat is egbreek, waarvoor albei wettiglik die doodstraf moes kry? Wat sê die Skrif hieroor? Dit is wanneer 'n man geslagsomgang met 'n getroude vrou, die vrou van ‘n ander man het: “As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe…” (Deut. 22:22)

In Maleági, hoofstuk 2, vermaan die HERE eers die priesters-orde en die stam van Levi oor hulle valse leringe. Dan praat Hy van die verbond van die vaders, wat Juda ontheilig het deur die dogters van 'n vreemde god te trou. Dan volg die vraag in vers 15: “Wat moet uit die een-word kom?”. Die antwoord: “God se saad”. Dit is die saad wat reeds al in die Tuin van Eden belowe was, dit is Christus Jesus (Gal. 3:16). Na dit lees ons van egskeiding as 'n daad van geweld, wat gebeur wanneer iemand die verbond met die vrou van sy jeug verbreek (v.14). Maar God wou nie dat 'n vrou van haar man skei nie, net soos Israel ook nie van God kon skei nie. Daarom was slegs die man toegelaat om 'n skeibrief te oorhandig, maar nooit moes 'n vrou van haar man skei nie.

Dit sal altyd my oortuiging bly, dat alvorens 'n man of ‘n vrou aan egskeiding dink, hy of sy eers moet oorweeg om 'n hand of 'n voet af te kap; dat hulle nooit die pad na ‘n advokaat sal soek om te skei nie. Egskeiding is verskuilde moord en ontketen al die magte van Satan wat in haat uitgedruk word. Dit vernietig nie net die huwelik nie, maar die gesin, die gemeente en die samelewing. Daar is geen ander daad van geweld so satanies soos 'n egskeiding nie. Dit is lewenslange moord. As die mantel van self-geregtigheid soos 'n vyeblare daaroor dan nog geplaas word, is dit 'n bespotting.

Satan, die bedrieër, skuil agter elke aantreklike argument. ‘n Vrou onthoof haar wanneer sy haar man verlaat. Op daardie oomblik verloor sy haar geestelike en natuurlike oriëntering, word boosaardig met ‘n vergiftigde tong, want sy maak haarself los van die goddelike orde van die huweliks-, gesins- en gemeente-lewe. Daardeur sondig sy dan opsetlik, kruisig die Seun van God opnuut en bring Hom in die openbaar tot beskaming. Haar gedagtes draai dan net om wraakneem en hoe om die man te vernietig. Aanhaling:

“Broeder, kyk, laat ek vir jou sê: sy gaan jou dagvaar vir ‘n egskeiding; dit is Satan” (C.O.D. Vol.2, bl. 981).

Die kentekens is soos volg: geen genade, geen vergifnis, geen versoening nie; net beskuldigings, vyandskap en onbeheerde haat, wat selfs verder gaan as die dood. Terselfdertyd voer daardie persoon oortuigende argumente aan om hul skuldige gewete te streel en om die onreëlmatige optrede voor die gesin, voor die gelowiges en in die algemeen te regverdig.