Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Chapitres: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Chapitres

expand_more

Navigate

Chapitres

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Chapitre 23

Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding?

23 / 34

Antwoord: Ek het glad en geheel nie enige onderrig van my eie oor enige onderwerp nie. Hierdie onderwerp was reeds breedvoerig behandel deur Moses, onse HERE, die apostel Paulus en deur Broeder Branham. Eintlik hoef daar nie meer daaroor geskryf te word nie, behalwe om alles wat reeds geskryf is, reg te plaas. Dit is, soos Broeder Branham gesê het:

“Hierdie oeroue probleem is so ingewikkeld dat jy dit nie kan verstaan nie, tensy dit aan jou geopenbaar word” (“MARRIAGE AND DIVORCE”, bl. 38).

Toe die HERE God die gebooie gegee het (Ex. 20), het Hy nie hierdie belangrike onderwerp wat praat van owerspel, uitgelaat nie. “Jy mag nie egbreek nie … jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie” .

In die Bergrede in Matthéüs 5, verse 27-32, het onse HERE ook daaroor gepraat: “Jy mag nie egbreek nie … Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n (ander man se) vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het…”

Toe sê Hy: “As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af … En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af…” Dan spreek Hy die man aan wat op grond van egbreek sy vrou kan — nie moet — skei. Andersins veroorsaak hy dat owerspel deur sy vrou gepleeg word as sy weer trou (v.32). In so geval sal die man daarvoor verantwoordelik gehou word.

In alle kulture op aarde, insluitend ateïsme, word die huwelik in die algemeen as die natuurlike orde van gesinslewe gerespekteer. Die brandende vraag is: wat is egbreek, waarvoor albei wettiglik die doodstraf moes kry? Wat sê die Skrif hieroor? Dit is wanneer 'n man geslagsomgang met 'n getroude vrou, die vrou van ‘n ander man het: “As 'n man betrap word terwyl hy met 'n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe…” (Deut. 22:22)

In Maleági, hoofstuk 2, vermaan die HERE eers die priesters-orde en die stam van Levi oor hulle valse leringe. Dan praat Hy van die verbond van die vaders, wat Juda ontheilig het deur die dogters van 'n vreemde god te trou. Dan volg die vraag in vers 15: “Wat moet uit die een-word kom?”. Die antwoord: “God se saad”. Dit is die saad wat reeds al in die Tuin van Eden belowe was, dit is Christus Jesus (Gal. 3:16). Na dit lees ons van egskeiding as 'n daad van geweld, wat gebeur wanneer iemand die verbond met die vrou van sy jeug verbreek (v.14). Maar God wou nie dat 'n vrou van haar man skei nie, net soos Israel ook nie van God kon skei nie. Daarom was slegs die man toegelaat om 'n skeibrief te oorhandig, maar nooit moes 'n vrou van haar man skei nie.

Dit sal altyd my oortuiging bly, dat alvorens 'n man of ‘n vrou aan egskeiding dink, hy of sy eers moet oorweeg om 'n hand of 'n voet af te kap; dat hulle nooit die pad na ‘n advokaat sal soek om te skei nie. Egskeiding is verskuilde moord en ontketen al die magte van Satan wat in haat uitgedruk word. Dit vernietig nie net die huwelik nie, maar die gesin, die gemeente en die samelewing. Daar is geen ander daad van geweld so satanies soos 'n egskeiding nie. Dit is lewenslange moord. As die mantel van self-geregtigheid soos 'n vyeblare daaroor dan nog geplaas word, is dit 'n bespotting.

Satan, die bedrieër, skuil agter elke aantreklike argument. ‘n Vrou onthoof haar wanneer sy haar man verlaat. Op daardie oomblik verloor sy haar geestelike en natuurlike oriëntering, word boosaardig met ‘n vergiftigde tong, want sy maak haarself los van die goddelike orde van die huweliks-, gesins- en gemeente-lewe. Daardeur sondig sy dan opsetlik, kruisig die Seun van God opnuut en bring Hom in die openbaar tot beskaming. Haar gedagtes draai dan net om wraakneem en hoe om die man te vernietig. Aanhaling:

“Broeder, kyk, laat ek vir jou sê: sy gaan jou dagvaar vir ‘n egskeiding; dit is Satan” (C.O.D. Vol.2, bl. 981).

Die kentekens is soos volg: geen genade, geen vergifnis, geen versoening nie; net beskuldigings, vyandskap en onbeheerde haat, wat selfs verder gaan as die dood. Terselfdertyd voer daardie persoon oortuigende argumente aan om hul skuldige gewete te streel en om die onreëlmatige optrede voor die gesin, voor die gelowiges en in die algemeen te regverdig.

Available translations