Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 24

Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God?

24 / 34

Antwoord: Weereens moet ons die vraag vra: wat sê die Skrif hieroor? Byvoorbeeld, onse HERE het in Matthéüs 5, 6 en 7, die alles-ingesluitende bergpredikasie gehou. Aan die einde van hierdie lang preek lees ons: “En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor Sy leer” (7:28).

In Matthéüs 10 het die HERE die twaalf dissipels wat Hy apostels genoem het, toegespreek — nie die skare nie — en aan hulle gesê: “ … as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af…” (vers 14).

“Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in…” (vers 16).

“ … wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe…” (vers 23).

Ten slotte som Hy toe hul sending op, met ‘n uitspraak wat ‘n persoon se ewige bestemming bepaal: “Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (vers 40). Almal moet sorgvuldig lees wat die HERE gesê het oor diegene wie Hy self opdrag gegee het. Hulle moes van stad tot stad gaan, getroud of ongetroud. Die roeping is die opdrag.

Aan diegene wat die HERE Jesus Christus geroep het om vrede te verkondig, het Hy sê: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoon dogter en haar skoonmoeder. En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees” (Matt. 10: 34-36). Dit is hoe die vooruitgespreekte chaos in die familie, en ook in 'n predikershuis kan gebeur. 'n Dienskneg van God moet nietemin aanhou preek. Hulle wie Hy gestuur het, het Hy nie 'n aangename gesinslewe, nog minder 'n aangename bediening belowe nie. God het nêrens gesê dat 'n apostel, 'n profeet of leraar getroud moet wees nie. Of ‘n dienskneg van God getroud is of nie, hy móét gehoorsaam wees aan die goddelike opdrag.

Hoe heel anders is die woorde wat aan ouderlinge in die plaaslike gemeente gerig is! Volgens ITimothëüs 3 en Titus 1 moet die ouderlinge en diakens getroud wees. Die opdrag om “die man van een vrou” te wees, beteken nie dat die ander meer vrouens kon hê nie. Dit beteken eenvoudig dat broeders wat in die plaaslike gemeente 'n verantwoordelikheid het, getroud moet wees, omdat hulle met die probleme in die gemeente te make het. Aanhaling:

“Die Bybel vereis dat 'n diaken 'n getroude man moet wees. Hy moet die man van een vrou wees” (C.O.D Vol. I, bl. 354).

Hoe was dit met die Seun van God? Selfs Sy broeders het Hom nie geglo nie, ondanks Sy bo natuurlik-bevestigde bediening: die vermeerdering van brood, die genesing van baie siekes, die opwekking van die dooies, die kalmering van die storm, ens. (Joh. 7:5). Hulle het Hom volgens die vlees geken, maar nie volgens die Gees nie. In Matthéüs 13, verse 53-58, staan geskryf dat die Seun van die mens in Sy eie stad niks kon uitrig nie, vanweë hulle ongeloof. Hulle het gevra: “Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers … En sy susters, is hulle nie almal by ons nie …?”.

Hulle het aanstoot geneem omdat hulle geoordeel het na wat hulle oë gesien het en na wat die mense gesê het. Toe sê die HERE: “'n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderstad en in sy huis” (Matt. 13:57b).

Dit is pynlik vir ons om te lees wat die leiers destyds alles oor ons HERE en Verlosser versprei het. Die Fariseërs en skrifgeleerdes het in Sy gesig gesê: “Ons is nie uit ontug gebore nie…”, ook dat Hy “'n Samaritaan is en van die duiwel besete” is (Joh. 8: 41,48,49). Dink net: ons HERE, die eniggebore Seun van God is die Samaritaan genoem, wat uit ontug gebore is! Toe sê Hy vir hulle: “ … Ek het uit God uitgegaan en gekom … Julle het die duiwel as vader” (verse 42-44).

Kan 'n dienskneg verwag om anders as sy HERE behandel te word? Die Verlosser het nie gekom om 'n aardse familie te verhef, of 'n besigheid uit sy bediening te vestig nie. Sy diensknegte het 'n hoë roeping in die liggaam van Christus, wat verder strek as die natuurlike familiebande.

Daar is ook geen belofte in die Woord van God dat die seuns van 'n profeet, van ‘n apostel of ‘n leraar, as erfgename van sy goddelike kommissie, by hom moet oorneem nie. Die profeet Samuel het dit goed bedoel toe hy sy twee seuns as regters aangestel het. Ons lees egter daaroor: “Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins nagejaag en omkoopgeskenke aangeneem en die wet verdraai” (ISam. 8: 1-5). Selfs die goedbedoelde besluit van 'n profeet kan misluk; slegs dit wat God bepaal, kan nie faal nie. Dit kan ook gebeur dat die seun van 'n profeet, of 'n koning, ‘n man van God, opstaan en aanspraak maak op 'n spesiale posisie en mense op hom laat vertrou. Ons het 'n tipiese voorbeeld in IKonings 1, toe Adónia, die seun van Dawid uit Haggit, “so vermetel was (om te dink): Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perde-ruiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop”. God se besluit het toe alreeds geval op Salomo, as die opvolger van die troon van Dawid. Maar in die oë van sy broers moes hy nie die troon bestyg nie.

So gebeur dit ook dat seuns vir hulself en vir ander sê: “Ek sal president wees…”, “ek is die nuwe leier!”, “Ek sal die verantwoordelikheid oorneem… ”, “Ek sal die vergaderings reël, 'n gemeente het…”, “Ek wil…” “Ek wil…” Van die begin af voer alle ware diensknegte van God Sy opdragte uit, ongeag die omstandighede, en dit is onherroeplik. Geen dienskneg van God het ooit gesê: “Ek wil…”, “Ek wil dit of dat doen” nie. Baie van hulle wou eers nie gaan nie, maar moes, omdat God se roeping onherroeplik is. Familie of nie, getroud of nie: 'n goddelike opdrag is deel van God se verlossingsplan, wat onder alle omstandighede uitgevoer moet word.

Available translations