Book

Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 34 calendar_month 3. 9. 2006

Formats

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

VRAE WAT GERIG WAS AAN BROEDER EWALD FRANK DEUR PREDIKERS VAN VERSKEIE LANDE 1 Vraag 1: Wat is u houding vandag teenoor Broeder Branham se bediening? 2 Vraag 2: Wat is die eintlike bewoording van die opdrag wat William Branham gekry het? 3 Vraag 3: Wat is u oortuiging aangaande die “eindtyd boodskap”? 4 Vraag 4: Korrigeer u die profeet op sekere punte? 5 Vraag 5: Wat is u absoluut, die Bybel of die boodskap? 6 Vraag 6: Is u leer verskillend van Broeder Branham s’n? 7 Vraag 7: Glo u in die opening van die sewe Seëls? 8 Vraag 8: Is die sewende Seël ook geopenbaar? 9 Vraag 9: Glo u dat Openbaring 10, verse 1-7 vervul is? 10 Vraag 10: Glo u dat Br. Branham die sewe donderslae geopenbaar het? 11 Vraag 11: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik oor die “Derde Trek” gepraat in verband met die sewe donderslae? 12 Vraag 12: Waarom het Broeder Branham herhaaldelik verwys na Openbaring 10, vers 7? 13 Vraag 13: Glo u in die bediening van 'n 8ste boodskapper? 14 Vraag 14: Glo u in die ‘Parousia’ lering? 15 Vraag 15: Het die Seun van die mens volgens Lukas 21, vers 27, alreeds gekom? 16 Vraag 16: Wat van u bediening? Is dit in die Bybel te vinde? 17 Vraag 17: Preek u die predikinge van Broeder Branham? 18 Vraag 18: Wat is die geestelike voedsel, Broeder Branham se preke of die Bybel? 19 Vraag 19: Wie sal die Gemeente van die laaste dae aan die HERE voorstel? 20 Vraag 20: Hoe reageer u op dit wat oor u gesê word? 21 Vraag 21: Het Broeder Branham poligamie gepreek? 22 Vraag 22: Wat leer u oor die huwelik en egskeiding? 23 Vraag 23: Hoe staan dit met die familie van 'n dienskneg van God? 24 Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”? 25 Vraag 25: Het Broeder Branham die tydsbestekke van die Kerkeeue geopenbaar? 26 Vraag 26: Het Broeder Branham geprofeteer dat 1977 die wéreld se einde sal wees? 27 Vraag 27: Het Broeder Branham 'n kalender gesien wat in die jaar 1977 ophou? 28 Vraag 28: Is die doop van die Heilige Gees dieselfde as die wedergeboorte? 29 Vraag 29: Wat van die tentvisioen? 30 Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly? 31 Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente? 32 Vraag 32: In watter tydvak leef ons nou, volgens God se verlossingsplan? 33 Samevatting 34

Kapitola 25

Vraag 24: Wat van die boek “The Exposition of the Seven Church Ages”?

25 / 34

Antwoord: Ek het die twee Engelse boekies “Twintieth Century Prophet” en “The Laodicean Church Age” van Broeder Lee Vayle, asook die boek, “The Exposition of the Seven Church Ages” (die ‘Kerkeeue-boek’), in April, 1966, uit die VSA saamgebring. In die aanvaarding dat Broeder Branham die skrywer van die kerkeeue-boek was, het ek dit in Duits vertaal en 10,000 daarvan gedruk. Toe vind ek dat die 48 bladsy-boekie, “The Laodicean Church Age”, van die eerste tot die laaste woord ooreenstem met wat vanaf bladsye 319 tot 365 in die ‘Kerkeeue’-boek gevind word.

Eers later het ek toe uitgevind dat daar baie teenstrydighede was tussen die ‘Kerkeeue’-boek en Broeder Branham se oorspronklike preke daaroor. In die boek is daar selfs onbybelse leerstellings wat Broeder Branham nooit gepreek het nie. So word daar gesê, byvoorbeeld, dat selfs mense wat nie weergebore is nie, die ewige lewe sal binnegaan, weens die goeie wat hulle gedoen het aan die broeders. Dit is in kontras met IJohannes 5, verse 11-12: “En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in Sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie”.

'n Ander voorbeeld is die ongehoorde stelling oor die boom van die lewe en die boom van kennis: “ … so het die regverdige en die bose langs mekaar gestaan in die middel van die tuin … en ongetwyfeld het hulle takke inmekaar gevleg” (bl. 92, 98)!

Die boek onderskei ook nie tussen die oordeel oor die nasies, wat voor die begin van die Vrederyk plaasvind, soos vervat in Matthéüs 25 vanaf vers 31, en die finale oordeel van Openbaring 20, vanaf vers 11, voor die Wit Troon, ná die duisend jaar nie. Eintlik weier ek om verder oor die verskillende punte te gaan, wat nie korrek in die genoemde boek gegee word nie. Ek vra almal om die oorspronklike preke te gebruik.

Op nadere ondersoek, was daar aan my toe meegedeel, dat Broeder Lee Vayle die skrywer van die “Kerkeeue”-boek is. Broeder Branham het gesê dat hy nie eers die boek gelees het nie — laat staan nog geskryf het. In sy preek van 17 Februarie, 1965, “A MAN RUNNING FROM THE PRESENCE OF GOD” (“’n Man wat weghardloop vanaf die teenwoordigheid van God”), het hy gesê:

“en dan die “Kerkeeue”-boek … Ek bedoel ons broeder het 'n bietjie ekstra inspirasie ontvang want hy het nog twee boekies op eie inisiatief geskryf, nl: “Twintieth Century Prophet” (“Twintigste Eeu Profeet”), en “The Laodicean Church Age” (“Die Laodiceaanse Kerk-eeu”). Ek het dit nog nie self gelees nie. As ek dit lees, kan ek miskien my mening daaroor verander…”

As gevolg van die leringe wat teenstrydig met die Heilige Skrif is, raai ek almal aan dat die boek slegs gebruik word om te dien as geskiedkundige agtergrond, indien enigsins, maar nie as 'n gesag op leringe nie.

Available translations