Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 30: Kan wat Broeder Branham in 'n visioen gesien het, onvervuld bly?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Dit is te verstane dat Broeder Branham die vervulling van dit wat hy gesien het, in sy leeftyd verwag het. Dit kan egter wees dat dit heeltemal anders vervul as wat verwag word. Voor die opening van die seëls in Maart, 1963, het Broeder Branham ‘n honderd keer van “die tent” gepraat in verband met Abraham en Sarah. Hy het dit gewoonlik gedoen aan die begin van die gebedslyn, om te beklemtoon dat dieselfde teken herhaal word soos in Genesis 18, waar die tent vyf keer genoem word. Sarah was in die tent toe die HERE God, die belofte van die geboorte van Isak gemaak het. Broeder Branham het tydens die gebedslyn keer op keer die rug op die gehoor gedraai om te bewys dat dieselfde God teenwoordig is, wie die geheime van die hart ken en openbaar, soos met Abraham. Maar ek moet waarsku om enige les daaruit te neem. Laat die hele saak aan God oor.
Geestelike dinge word soms in natuurlike simbole gewys, byvoorbeeld, toe Broeder Branham in 'n visioen allerlei groente in die tabernakel ingedra het. Die eintlike betekenis was dat die geestelike voedsel, die geopenbaarde Woord vir ons tyd, opgestoor moes word. Petrus het ook 'n natuurlike prentjie van die linnedoek gesien met allerhande kruipende diere, ens. Die geestelike betekenis was dat die heidene ook God se verlossing ontvang het (Hand. 10: 9-22). Onse HERE het self alles van die Koninkryk van God in gelykenisse met aardse uitbeeldings en simbole getoon en dit bekend gemaak “wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af” (Matt. 13: 34-35).
Broeders wat nog vashou aan die letterlike vervulling van die tentvisioen in Broeder Branham se tyd, het absoluut geen belofte daarvan in die Bybel nie. Daar is nie 'n enkele voorbeeld in die Skrif, van 'n profeet wat opgestaan en sy bediening voortsit het nie. Daarom is dit nie vreemd dat sulke broeders nie met ons in gemeenskap will wees nie, omdat ons eerlik verklaar dat Broeder Branham se bediening geëindig het die oomblik toe hy die Heerlikheid betree het. Omdat hulle nie hierdie feit aanvaar nie, verwerp hulle hom wat beweer dat hy deur God opdrag gegee is om die boodskap aan die volke te bring. Hulle brandmerk hom as 'n verleier en die antichris, wie verwerp moet word, omdat hy — soos hulle dink — “teen die profeet” en teen al die leerstellings oor die donderslae is. Hulle gaan so vêr as om te verklaar dat “niemand die reg het om aanspraak te maak op ‘n opdrag van God, om die geopenbaarde Woord aan die volke te bring nie”. Hulle leerstellige standpunt is dat alles aangaande die bediening van Broeder Branham, tot 'n einde gekom het, met sy heengaan en sal eers weer hervat word met sy terugkeer. In die “tussentyd” wend hulle hulself tot vrugtelose besprekings oor wat die profeet gesê het en om verderflike leerstellings te versprei. Wat 'n tragiese verwikkeling binne die geledere van die boodskap!
Trouens, al die verwagtinge kan nou gekoppel word aan die preek van 'n heel ander evangelie. Jesus Christus word nie eens een keer genoem nie. Valse hoop word gekoester, wat uiteindelik tot teleurstelling en wanhoop lei. Let asseblief op die feit, geliefde broeders, dat in beginsel alles wat verband hou met die koninkryk van God, heeltemal niks met enige eie opinies te doen het nie.
Die volgende sê ek as 'n woord van die HERE in die Naam van die HERE Jesus Christus: As daar enigiets is waarvoor daar geen belofte in die Woord van God is nie, kan daar geen vervulling daarvan wees nie. Dit is die reine waarheid.
Kom ons kyk nou weer na Moses: Alhoewel God hom die opdrag gegee het, om die volk Israel na die beloofde land te lei, was hy nie toegelaat om dit met die gemeente van Israel in te gaan nie. Volgens Deuteronomium 34 is hy toegelaat om die hele land vanaf die berg Nebo te sien, maar nie om in te gaan nie; hy het vooraf gesterf. Ek het destyds saam met Broeder Mehnert in Amman 'n taxi geneem en ons het na die berg Nebo gery. Ons het 'n wonderlike uitsig gehad: aan die regterkant voor ons was Jerigo, aan die linkerkant was Engedi en die Dooie See, met Jerusalem voor ons. Ek kan nou goed verstaan hoe Moses moes voel! Maar God se weë is onbegryplik vir ons. Vir die natuurlike oog blyk dit asof Moses nie sy opdrag voltooi het nie; ons moet tog die weë en besluite van God kan respekteer.
Ons glo dat God self die verlossingswerk sal voltooi, soos hy beplan het voor die grondlegging van die Wêreld. Dit is belangrik dat ons in die Woord van belofte bly en deel het daaraan, want ware geloof is slegs geanker in die beloftes van God.
Met verwysing na die beloftes van God staan daar geskrywe: “Geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie” (IKon. 8:56). “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot verheerliking van God deur ons” (IIKor. 1:20).
Met die eerste koms van Christus, was die beloofde profeet die voorloper, maar die HERE self het die verlossingswerk aan die kruis op Golgota volbring. So dit is ook nou: Broeder Branham was die beloofde profeet waardeur alle dinge herstel word en in orde gebring word. Die boodskap is die voorloper, maar dit is die HERE self wie die werk van verlossing sal voltooi: “… want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die HERE 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen” (Rom. 9:28).