Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord
Vraag 31: Watter vergelyking is daar met Israel en met die Gemeente?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Antwoord: Ons vind die antwoord hierop in Handelinge 15, verse 13-18. Eerstens besoek God die nasies genadiglik en roep 'n volk uit vir Sy naam. Daarna wend Hy Hom tot Israel terug en so word die tabernakel van David herbou. Dit is wat die apostel in Romeine 11 sê, waar hy die hele hoofstuk aan hierdie onderwerp toewy. Ons kry daarin eintlik 'n volledige oorsig van die verlossingsplan met die Jode en die heidene, met Israel en met die Gemeente. Die belangrikste teken is dat die twaalf stamme uit 143 lande teruggekeer het na die Beloofde Land. Om watter rede? Omdat hulle in Jerusalem moet wees — in Israel, om verseël te kan word ten tye van die bediening van die twee profete, soos aangedui in Openbaring 7, verse 1-8 en Openbaring 11.
Op dieselfde manier word die ware gelowiges wie almal verspreid is in die Christelike denominasies, versamel en deur die beloftewoord vir vandag, teruggebring en verseël met die Heilige Gees (Efé. 1:13). Andersins kan hulle nie aan die wegraping deelneem nie. Geloof sonder 'n goddelike belofte, is slegs godsdienstige verbeelding. Ware geloof is geanker in die beloftes van God. Soos Abraham geglo het wat God aan hom belowe het, en toe die vervulling daarvan ervaar het, glo die ware saad van Abraham die beloftes vir hierdie tyd en sien hoe dit vervul word.