Mense vra vrae, God antwoord deur Sy Woord

Vraag 29: Wat van die tentvisioen?

« »

Antwoord: Ek het die eerste keer in 1958 gehoor van die tentvisioen wat Broeder Branham in 1955 gehad het. Op navraag aan Roy Borders, die bestuurder van Broeder Branham, het hy op 18 Mei, 1965 onder andere geantwoord:

“ … Ek sal probeer om dit in net enkele woorde te beantwoord — soos ek deur Broeder Branham geleer was…” “Wat die tent betref: dit is heeltemal moontlik dat die tent in Europa en in ander lande bo-en-behalwe in die Verenigde State gebruik sal word…”

Broeder Branham was tot die einde toe in afwagting op die vervulling van die tentvisioen, maar met sy heengaan was die saak op sigself opgelos. Ongelukkig het ander predikers met die verloop van tyd, ter verdediging, 'n klomp menings en opinies daaroor gemaak. Wat die tentvisioen betref, leer sommige dat Broeder Branham gaan opstaan en vir 'n tydperk die tent-bediening sal verrig. Die gevaar in hierdie saak is dat broeders met hul leringe hulself agter Broeder Branham verskuil. Andersins sou hulle niemand kon oortuig nie en ook nie enige volgelinge het nie.