Circular Letter
Omsendbrief Desember 2016
Ewald Frank
Navigate
Kapitoly
expand_more
Navigate
Kapitoly
Navigate
Kapitoly
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitola 2
In Gees en in die Waarheid
2 / 7
So Spreek die Here: “Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid moet in gees en waarheid aanbid” (Joh. 4: 23-24).
Slegs hulle wie werklik in die waarheid is, kan daarin geheilig word en God daarin aanbid. Die Here self het vir hulle wat aan Hom behoort gebid: “Heilig hulle in U waarheid: U woord is die waarheid” (Joh. 17:17).
In sy preek van 18 Januarie, 1965, "The Seed of Discrepancy" (Die Saad van Teenstrydigheid), het Broeder Branham as sleutelwoord die gelykenis van die twee verskillende sade wat gesaai is, gelees (Matt. 13: 24-30). In verse 36-43 het die Here aan Sy dissipels die betekenis daarvan uitgelê: die ware saad van God, word as koring uitgebeeld wat die Here gesaai het en na Sy skuur geneem het (Matt. 3:12; Matt. 13:30).
Die onkruid is die saad van teenstrydigheid wat die vyand saai. Broeder Branham het in 'n visioen die wit-gekleede saaier wat die goeie saad saai, gesien; direk agter hom het 'n man geklee in swart gekom en onkruid gesaai. Albei sade het opgekom en albei het dieselfde reën ontvang. Soos die Verlosser as die in-die-vlees-gekomde Woord geopenbaar is (Joh. 1:14), so seker is die verlostes die Woord-saad wat Hom dien (Ps. 22:31; Jes. 53:10). Broeder Branham het spesifiek gesê: “Enigiets wat nie met die Woord ooreenstem nie, is die saad van teenstrydigheid”.
Geen leuen het sy oorsprong in die waarheid nie (IJoh. 2:21). Wie ookal die waaragtige God en Sy profeet, wie Hý gestuur het, met die verskillende misleidings verbind, wat ons nie hier in meer besonderhede kan bespreek nie, is besete van 'n leuengees. William Branham was 'n man wat deur God gestuur was. Maar wat word daar vandag van hom en van sy uitsprake gemaak? Elke verheerliking van die mens is godslastering en is 'n gruwel voor God. Ware aanbidders, aanbid God oral in Gees en in waarheid.
'n Dienskneg wat deur God gestuur is, sal slegs die Woord preek, nie die aanhalings wat daarmee verband hou nie. Paulus het sy mede-arbeider, Timothéüs, in IITimothéüs 4, vers 2, beveel om net die woord te preek. En net daarna sê dit: “want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (IITim. 4: 3-4). Dan sal dit wat die Here self ook gesê het, van toepassing wees: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Matt. 15:9).
Alle ware diensknegte van God verkondig die Woord en deel die geestelike voedsel uit, wat met die wil van God verband hou (Joh. 4:34). Ons verkondig Jesus Christus, die gekruisigde, en die volledige evangelie, as God se krag (IKor. 1:18), soos die apostels en Broeder Branham dit verkondig het. Die boodskap vir hierdie aller-belangrikste tydvak, is besig om die Gemeente kristalhelder, vanoor die hele wêreld te bereik. Dit word duidelik, wie hulle is wat God in Gees en in waarheid aanbid, en wie verby God dink en bid.
Available translations
PDF
EPUB