Circular Letter

Omsendbrief Desember 2016

Ewald Frank

library_books Chapters: 7 calendar_month 31. 12. 2016

Navigate

Chapters

expand_more

Navigate

Chapters

Jump to any chapter without leaving the reader.

Chapter 3

Geloof en Gehoorsaamheid

3 / 7

“… Jesus Christus, onse Here, deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van Sy Naam”(Rom. 1:5).

Mense moes te alle tye kies, of hulle dit wat die Here God aan Sy diensknegte gesê het en wat hulle in opdrag verkondig het, glo, en of hulle dit in ongeloof verwerp. Die So spreek die Here is nog steeds geldig: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het”(Joh. 13:20). So ook: "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: 'n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle julle woord ook bewaar” (Joh. 15:20). Die grootste verantwoordelikheid voor God is 'n hemelse roeping wat aan die Gemeente gekoppel is.

God kan berou het dat Hy mense geskape het: “Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in Sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart”(Gen. 6: 5+6). Maar 'n roeping kan Hy egter nie berou nie. Aangaande 'n roeping, lees ons: “Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik” (Rom. 11:29).

In Exodus 3 en 4 vind ons die roeping van Moses, aan wie die Engel van die Here in 'n vlammende doringbos verskyn het. Daarop kon hy toe sê: “Die God van julle vaders het my na julle gestuur” (Ex. 3:13). “Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, en sê: Die Here het nie aan jou verskyn nie?“ (Ex. 4:1). Dit gaan altyd oor die geloof van die hoorders. "En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo” (Hfst. 4:8).

Elke mens binne die vele denominasies en godsdienste, glo op een of ander manier. Selfs die duiwel glo en sidder (Jak. 2:19). Maar in die Koninkryk van God, gaan dit altyd daaroor, om te glo aan wat God in der waarheid gesê en belowe het — ook met Broeder Branham, aan wie gesê was: “As jy die mense sover kan kry om jou te glo, en opreg te wees, wanneer jy dan bid, dan sal niks jou gebed verhinder nie, selfs nie kanker nie”. Voor elke genesingsdiens was die koortjie gesing:

Only believe, Only believe,
All things are possible,
If you only believe

(Glo net, alles is moontlik, as jy net kan glo).

Ons lees in Matthéüs 13, vers 58, dat onse Here in Nasaret, Sy tuisdorp, “daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen (het) nie”.

Ongeloof is die eerste sondeen gaan terug na die Tuin van Eden. Broeder Branham het dit herhaaldelik beklemtoon. Hier volg drie van sy aanhalings vanuit die jare 1953, 1956 en 1960:

“Vergewe onse sonde van ongeloof, wat die oorspronklike en enigste sonde is. God, help ons vanaand om getrou te wees en te glo” (9 Mei, 1953, Jonesboro).

“Laat ek jou gou op 'n woord wys. Toe die duiwel Jesus Christus vir die eerste keer ontmoet, het hy getwyfel oor Hom: twyfeling kom altyd van die duiwel af. Dit is hoe die eerste sonde gekom het. Daar is geen ander sonde, behalwe twyfel. Ongeloof is die oorspronklike en enigste sonde. Egbreuk is nie sonde nie; sigaretrook is nie sonde nie; dronkenskap is nie sonde nie: dit is die eienskappe van ongeloof” (22 Julie, 1956, Shreveport).

“Kyk, my liewe vriend, 'n sedelose lewe is nie sonde nie, ook nie whisky drink, óf egbreuk nie. Dit doen jy omdat jy nie ‘n gelowige is nie. Dit is eienskappe van ongeloof. Jy doen dit omdat jy nie ‘n gelowige is nie. As jy 'n gelowige is, sal jy nie hierdie dinge doen nie. Daar is eintlik net een oorspronklike sonde en dit is ongeloof. Die Skrif sê: … hy wat nie glo nie, sal veroordeel word — Mark. 16:16”(10 Januarie, 1960, Tifton).

Na die preke oor die seëls in Maart, 1963, het Broeder Branham altyd na Eva verwys, wie geluister het na wat die slang aan haar vertel het. Hy het dit gereeld vergelyk met Openbaring 22, verse 18-19: “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is ”.

Satan het in die vorm van die slang na Eva gekom en twyfel gesaai oor wat die Here God aan Adam gesê het: “Is dit so dat God gesê het...?”. Miskien het hy haar selfs gevra: “Het jy dit gehoor? Was jy daar?”. So het Eva onder die invloed van Satan gekom. Paulus skryf: “... En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom”(ITim. 2:14).

Wat geloof betref, het die Here gesê: “Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe” (Joh. 8:24). Na Sy opstanding het Hy die dissipels se ongeloof berispe: “Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie” (Mark. 16:14).

Ongeloof is die oorspronklike sonde. Wie God nie glo nie, maak Hom ‘n leuenaar (Rom. 3:4). In Hebreërs 3, vers 12, lees ons die ernstige vermaning: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie”.

Die uittog van Israel deur die Rooi See en die bonatuurlike versorging met die manna in die woestyn, was enorm: “Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het” (Heb. 11:29). Maar hoe was die einde vir baie mense? “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn ... Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (IKor. 10: 5-11). Vir self-ondersoek is dit nodig dat almal IKorinthiërs 10, vanaf vers 1, tot 15 lees. In Hebreërs 3, vers 19, word dit soos volg opgesom: “En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie”.

God se welbehae rus hierop: Eers geloof dan gehoorsaamheid. Geloof is oorwinning, ongeloof is nederlaag. “Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens, baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word” (Rom. 5:19). Wie meer oor die gevolge van ongeloof wil weet, kan in Romeine 11 verder oplees.

Geloof en gehoorsaamheid vind aansluiting by God, ongeloof en ongehoorsaamheid skei ons van God. Geloof in Jesus Christus lei tot gehoorsaamheid, ongeloof tot ongehoorsaamheid. '... Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens ...”(ISam. 15:23).

Nou wys dit wie God regtig glo, soos Abraham God geglo het “...soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan” (Rom. 4:17; Gen. 17:5). Eers wanneer God deur Sy Woord met ‘n mens praat, slegs dan kan so ‘n mens glo. Wie deur ongeloof beheer word, verklaar daardeur dat so iemand nog onder die invloed van die bose is.

Abraham het God geglo (Rom. 4:17): “En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom — dan sal jou vrou Sara 'n seun hê”(Gen. 18:10), en het die beloofde seun gehad. Abraham was gehoorsaam: “Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys”(Gen. 22:2). “Want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang”(Heb. 11:19).

“Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?”(Jak. 2: 21-24).

By Eva het die ongeloof wat deur twyfel gesaai is, tot verleiding gelei, en daarna het ook Adam sy vrou Eva beken. As gevolg hiervan het twee verskillende sade na vore gekom, Kain en Abel. Beide was godsdienstig, beide het in dieselfde God geglo, beide het 'n altaar gebou en hulle slagoffers gebring, maar hulle het van geboorte af fundamenteel verskil. Abel en sy slagoffer, naamlik 'n lam, het genadig na God gekyk. Kain en sy slagoffer, die vrugte van die veld, het Hy nie aangesien nie (Gen. 4: 1-8).

Alle boodskap-gelowiges weet wat in die Tuin van Eden gebeur het. Maar nou gaan dit oor ons tyd. Satan het ook wat Broeder Branham gesê het, in twyfel getrek, naamlik dat die boodskap die tweede koms van Christus sal vooruitgaan. Satan het dit in getwyfel getrek dat die boodskap ná sy heengaan, aan die hele wêreld oorgedra sal word. Vir ons, wat nou leef, staan geskryf: “Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig”(IJoh. 3: 11-12). Die goddelike liefde is die band van volmaaktheid (Kol. 3:14; IKor. 13)

God se welbehae moet op elkeen rus wat weggeraap wil word, net soos Henog met God gewandel het en nie meer op aarde gevind was nie (Gen. 5:24; Heb. 11:5). Nie die begin nie, maar wel die einde sal gekroon word (IITim. 4:8).

Available translations