Circular Letter

Omsendbrief Desember 2016

Ewald Frank

library_books Kapitel: 7 calendar_month 31. 12. 2016

Navigate

Kapitel

expand_more

Navigate

Kapitel

Jump to any chapter without leaving the reader.

Kapitel 5

Die terugkeer van die Jode na hul land

5 / 7

Die Joodse volk het 'n pynlike geskiedenis agter hulle. Nadat hulle 2000 jaar gelede uit die land wat God aan hulle almal gegee het, al oor die wêreld verstrooi was, is daar sedert 1948 weer 'n Joodse staat. Die Jode was eeue lank as 'n vreemde minderheid en godsdienstige gemeenskap beskou. Hulle moes in omheinde nedersettings lewe. Hulle was die erkenning as ‘n volk geweier. Met die eerste Sionistiese Wêreldkongres in 1897, in Basel, onder aanvoering van Theodor Herzl, het hulle weer gekwalifiseer as ‘n volk en aanspraak gemaak op hulle eie staat.

Op 2 November, 1917, het die Britse minister van Buitelandse Sake, Lord Arthur James Balfour, aan die sionistiese beweging die besluit van sy regering oorgedra om 'n “nasionale tuiste vir die Joodse volk in Palestina” te vestig. Groot Brittanje het die mandaat oor die hele Palestina sedert 1922 gehad. Op 29 November, 1947, het die VN se algemene vergadering besluit: “Die Britse mandaat word verdeel in ’n Arabiese en ’n Joodse staat”. David Ben Gurion proklameer toe die stigting van die staat Israel op 14 Mei in 1948.

“Toe Israel in 1948 gestig is, het die land ongeveer 806,000 inwoners gehad. 68 jare later, is daar op die onafhanklikheidsdag in 2016, volgens amptelike statistieke, 8.522 miljoen” (“Israel Vandag” uittreksel, Junie 2016).

God het aan die volk Israel baie beloftes gegee, ook in verband met die Beloofde Land. Jerusalem word 780 keer in die Bybel genoem, die Berg Sion 157 keer — altyd in verband met die volk Israel. Ook hulle verstrooiing en terugkeer word in bybelse profesieë van getuig. Aldan die volgende skrifgedeeltes:

"... En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is" (Luk. 21:24).

"So waar as die Here leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die noordland en uit al die lande … En hulle sal woon in hulle land”(Jer. 23:8).

“... let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na die stede van jou!” (Jer. 31:21).

“Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel teruggee”(Esé. 11:17)

"En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle na jul land terugbring”(Esé. 36:24).

“Maar as die Here al Sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem ...” (Jes. 10:12)

“En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die Here van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor Sy oudstes sal daar heerlikheid wees” (Jes. 24:23).

Volgens Hoséa 9:10 is die vyeboom 'n simbool vir Israel: “Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei …”.

“En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is … So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur”(Matt. 24:32; Mark. 13:28).

Ons sien hoe dié verwikkeling in Israel voor ons oë vervul word.

Die brief van Balfour staan ​​in die geskiedenis bekend as die 'Balfour-verklaring' en word beskou as die basis vir die ontstaan van die staat van Israel. Die Palestynse Outoriteit in Ramallah het so pas aangekondig dat hulle die Balfour-verklaring vanaf 2 November 2016, tot 2 November 2017 gaan beveg, wat die 100ste bestaansjaar daarvan sal wees. Hulle wil geregtelike stappe teen die verklaring doen en terugwerkende vergoeding vanaf Londen eis.

Ons glo dat God Sy volk na die Beloofde Land teruggebring het om Sy plan vir die laaste tyd uit te voer. Dit word glad nie verander deur die regsgeding van 'n etniese groep wat eers in 1968 gevestig is nie — 51 jaar na die Balfour-verklaring!

God het die oordeel oor al die nasies aangekondig wat teen Israel sal opstaan: “... sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het”(Joël 3:2).

Die jongste UNESCO resolusie, wat die Tempelberg beskryf as 'n “Palestynse kulturele erfenis” en Israel ‘n “besettingsmag”, wys maar net met hoeveel blindheid mense getref kan word. In die Ou Testament was die Tempelberg eers as die Berg Moria bekend, (Gen. 22:2), toe later bekend as die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet. David het die hele bergterrein gekoop vir 600 sikkels goud (IKron. 21:25) en het in IKronieke 22, vers 1, verklaar: “Dit is die huis van die Here God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel”. Tot met die vernietiging daarvan deur die Romeine in 70 nC, was die tweede Jerusalemse tempel op dieselfde perseel.

Die belofte dat die derde tempel op dieselfde fondament gebou sal word waar die eerste en ook die tweede tempel gestaan ​​het, gaan vervul word, want in Openbaring 11, vers 1, word die nuutgeboude tempel gemeet in verband met die bediening van die

Ons leef in die tydperk waarin bybelse profesie voor ons oë tot vervulling kom, selfs al sien die wêreld dit nie raak nie. Welgedaan aan hulle wat die tekens van die tye, van die eindtyd, herken! 

Available translations