Pred pokračovaním sa musíte prihlásiť alebo zaregistrovať.

Book

Die Werking van Openbaring

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 13 calendar_month 3. 10. 2022

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Kapitola 3

Die Woord of die interpretasie?

3 / 13

“As julle in My Woord bly, is julle waarlik My dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh. 8: 31-32). Dit stel die bybelse standaard vir die ware dissipels van Jesus. God doen alle dinge volgens Sy Woord. Of dit nou in die natuur of in die heelal is, in gebeure met Israel of in Sy Gemeente, verloop alles volgens die orde wat in die Woord van God vasgestel is. “Die wat uit God is, luister na die woorde van God” (Joh. 8:47)

Dit is baie belangrik om God se handeling met Sy mense sedert die begin van tyd te erken. Sy gemeenskap met hulle en Sy seëninge was gebaseer op die beloftes in Sy Woord. Solank mense die Woord van God bewaar het, was hulle beskerm, veilig en in gemeenskap met Hom. As iemand wegdraai van 'n bybelse waarheid, lering of belofte en die getuienis van die Heilige Skrif deur sy eie uitleggings en interpretasies weerspreek, dan skei hy homself van God. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die man van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (IITim. 3: 16-17). Die oorsaak van die sondeval en die oorsprong daarvan lê in die verkeerde interpretasie van die Woord van God. Die mens is van God geskei omdat hulle na die interpretasie geluister het, in plaas van om aan die Woord van God vas te hou.

Maar dadelik het die Here God die komende Verlosser in die vooruitsig gestel: die Saad van die vrou, die Offerlam, sou kom om die slang, wat die Woord van God verkeerdelik vertolk het, se kop te vermorsel (Gén. 3:15).

Die eerste eie-matige interpretasie van die skrif het in die Tuin van Eden plaasgevind. Diegene wat die So spreek die Here van die Woord van God miskyk, word verblind en val altyd daardeur op die interpretasie van die slang. Sulke mense bou nie op die onfeilbare Woord van God nie, maar op hul eie fondasie. “terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie” (IIPet. 1:20). Satan, die ou slang, het die Heilige Woord eers verkeerd aan Eva geïnterpreteer en deur die eeue voortgegaan om te doen. Opregte en eerlike mense het sy interpretasies van die Skrif geglo, in plaas daarvan om te hou by God se oorspronklike Woord, soos die heilige mond van die Here gespreek het. Jesus het aan die geestelikes van sy tyd gesê: “Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou … So maak julle dan die Woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het” (Mark. 7: 9+13).

Honderde denominasies klou vas aan tradisies en laat God se Woord kragteloos. Hulle neem weg uit die Bybel en voeg dan hul eie verduidelikings by. Dit is nie genoeg om die Woord van God slegs letterlik en intellektueel te ken nie; geestelike openbaring word vereis. Aan diegene wat die Skrifte letterlik goed geken het, het Jesus gesê: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Matt. 22:29). Is Sy Woord nie ook van toepassing op ons tyd nie? Dit is nie genoeg om slegs van die Wederkoms van Jesus Christus te praat nie — die beloftes vir hierdie tyd moet beklemtoon word. Die Gemeente moet haar voorbereiding en voltooiing ervaar. Ons het nie nuwe bybel-vertalings of nuwe interpretasies van die Skrif nodig nie. Nou het ons die openbaring van die Gees nodig, sodat ons kan deelneem aan die voltooiing van God se werk.

Sedert die begin van die Nuwe Testament is nie net die profetiese geskrifte nie, maar ook dié van die apostels arbitrêr geïnterpreteer. Met verwysing na Paulus se briewe, het Petrus toe al geskrywe: “… waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf” (IIPet. 3:16).

Met die eerste koms van die Here, was die gelowiges waarlik van die menslike interpretasies verwyder en het dus die vervulling van profesieë in hul tyd gesien. Dieselfde gebeur nou voor die Wederkoms van Christus.

Johannes was 'n man wat deur God gestuur is, met die God se boodskapvir daardie tyd: “...Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo” (Joh. 1:7). Nie deur 'n groep nie, maar deur die profete wat deur God gestuur word, moet almal tot geloof kom. God het nie Sy verborgenhede aan die skrifgeleerdes geopenbaar nie, maar aan Sy dienskneg wat die weg vir Hom moes voorberei. Dit word herhaal voor die Wederkoms van Christus. As die profetiese boodskap van die Woord iets bevat wat moeilik is om te verstaan, wil ons dit nie self interpreteer nie, maar die Woord van God met ons laat praat.

Die ware gelowiges interpreteer nie die Skrif nie en luister ook nie na uitleggings nie, omdat hulle weet dat God Sy eie uitlegger is. Die Woord word daarop vervul: “Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan” (Luk. 24:45). Elke Woord van God is die absolute waarheid, geïnspireer deur die Heilige Gees en lewe-bringend. Elke private interpretasie van die Woord is 'n leuen, skei ons van God en lei tot geestelike dood. “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke Woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matt. 4:4).

Available translations