Book
Die Werking van Openbaring
Ewald Frank
Navigate
Kapitel
expand_more
Navigate
Kapitel
Navigate
Kapitel
Jump to any chapter without leaving the reader.
Kapitel 11
Die bonatuurlike bevestiging
11 / 13
Tydens die dienste in Houston, Texas, VSA, in Januarie, 1950, is die wonderlike foto geneem met die bonatuurlike lig bo Broeder Branham se kop. 'n Plaaslike predikant was teen goddelike genesing gekant en het Eerw. F. F. Bosworth, wat in die Branham-span was, voor die skare gedebatteer. Die betrokke prediker het gereel dat twee persfotograwe 'n paar foto's sou neem gedurende die bedat.
Voor die einde van die diens, het Broeder Branham vlugtig oor sy bediening gepraat. Hy het nederig gesê: “Ek hoef nie myself te verdedig nie. Die Here wie my opdrag gegee het en gestuur het, sal vir my getuig”. Terwyl hy met die ongeveer 8,000 mense gepraat het, het een van die fotograwe ‘n foto geneem. Toe die films ontwikkel word, was dit vir die fotograwe verbasend dat al die negatiewe lig gevang het, behalwe die een wat 'n lig oor die kop van Broeder Branham gehad het. Dr. George J. Lacy, ondersoeker van twyfelagtige dokumente vir die FBI, het die negatiewe noukeurig ondersoek en bevestig dat dit eg was. Ons het dus nie net die getuienis van Broeder Branham oor die vuurkolom wat teenwoordig was in sy byeenkomste nie, maar ook die wetenskaplike bewyse daarvoor. God het self deur die vuurkolom van Sy profeet getuig!
Available translations
PDF
EPUB