Book
Die Werking van Openbaring
Ewald Frank
Navigate
Chapters
expand_more
Navigate
Chapters
Navigate
Chapters
Jump to any chapter without leaving the reader.
Chapter 8
Die goue kandelaar
8 / 13
Die laaste boek van die Bybel is van groot belang vir die ge-skiedenis van die Gemeente. Dit bevat baie profetiese aanduidings en gee ons 'n diep insig in die voltooiing van God se werk. Dit begin met die woorde: “Die openbaring van Jesus Christus wat God hom (Johannes) gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur”. Hier word ons in die allerheiligste van God geplaas en vertroud gemaak met die volle openbaring van Jesus Christus. Johannes getuig: “En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag”. O, wat 'n oorweldigende ervaring moes dit tog gewees het dat Johannes sy geliefde Here so gesien het! Dit gee ons groot vreugde om te dink dat ons Jesus binnekort op dieselfde manier sal sien. Hy val toe soos ‘n dooie aan Sy voete: “En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid ...”. Voor dit Johannes het berig: “… en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars, en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens ”.
Johannes het geleer van die geheim van die sewe goue kandelaars en die sewe sterre: “Die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars is die sewe gemeentes” (v20). Die sewe briewe is aan die sewe gemeentes in Asië gestuur omdat hulle die wese van die gemeentes in die sewe komende gemeentelike tydperke sou hê. Hulle het dus 'n profetiese, heils-geskiedkundige betekenis gehad en kan duidelik geïdentifiseer word in die sewe geskiedkundige gemeentelike tydperke.
Johannes het die sewe engele in die regterhand van die Here gesien, nie in die hand van die Gemeente of 'n man nie. Die Here self het die sewe sterre gekies wat Hy as die sewe engele vir die sewe gemeentelike tydperke aangewys het. Van al die manne wat in die eerste Christelike era deur God gebruik was, was Johannes bevoorreg om insig te verkry oor die verlossingsverloop. Hy het ook die oordeel voor die wit troon en die nuwe hemel en aarde gesien — die invloeiing van tyd met die ewigheid.
Die verwysing: “… om aan Sy diensknegte te toon ...”, is in die meervoud en verwys na die boodskappers van God aan wie die openbaring van die Woord gegee was vir elke tydperk.
Paulus was die eerste boodskapper vir die Gemeente uit die nasies, en hy kon sê: “… ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie” (Hand. 20:27), en daarom het God Sy boodskappers gehad tot die huidige gemeentelike tydperk van Laodicea, met die finale openbaring van God. Sedert die dae van die Hervorming het God nooit opgehou om Sy Gemeente doelbewus terug te bring na die vroeë Christendom nie. Nou moet sy bevry word van die res van Rome se ou suurdeeg om perfek geplaas te word in die aangesig van Sy heerlikheid. Miljoene mense sal God ewig dank dat Hy Sy diensknegte en profete gestuur het om Sy volk uit alle verwarring te bring. Die profetiese bediening aan die eindtyd was nodig om die diepe verborgenhede en samehang van die hele verlossingsplan te openbaar. Daar staan geskrywe: “... in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete” (Openb. 10:7).
In elke boodskap wat aan die sewe gemeentes gerig word, is die belofte aan diegene wat oorwin: “Wie ‘n oor het ...”. Die uitverkorenes in elke tydperk is diegene wat die beloofde Woord, hulle 'vandag' erken en opgeneem het en geluister het na wat die Gees vir die Gemeente gesê het. Daar word van hulle geskryf: “En hulle het hom (die duiwel) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis ...” (Openb. 12:11). God se Woord is die getuienis van die oorwinnaars. Hulle het genade en vergifnis ontvang deur die gestorte bloed van die Lam en is verseël met die Heilige Gees (Efé. 1:13). “... wat die getuienis van Jesus het … want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie” (Openb. 19:10). Dit gaan nie oor die gawe van die profesie nie, maar oor die gees van die profesie, oor die getuienis van Jesus. “Wie Sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is” (Joh. 3:33). Die profete en apostels beskryf die Here as die Skepper, Verlosser, Lam van God, Seun van God, Middelaar, Koning, ens. Hy stel Homself aan ons voor in Openbaring 1, vers 8, met die magtige woorde: “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige”. Die getuienis van Jesus stem volledig ooreen met die profetiese Woord.
Available translations
PDF
EPUB