Book

Die Werking van Openbaring

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 13 calendar_month 3. 10. 2022

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Kapitola 13

Bybelse doop

13 / 13

Die sendingopdrag lui: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees ...” (Matt. 28). Petrus en die ander apostels het baie mooi geluister en verstaan ​​wat die Verlosser gesê het. Daar staan nie in die meervoud: “... doop hulle in die name ...” nie, maar in die enkelvoud: “in die naam”. Daar staan ook nie “in die naam van die Heilige Gees” nie, want dan sou ons met reg na die drie name moes soek. Die Here het gepraat van “die naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees”. Dit gaan dus oor een naam. ‘Vader’ is die benaming vir God, ‘Seun’ die naming vir die Here. Die ‘Heilige Gees’ is die Heilige Gees. Nou wat is dan die naam waarin die dissipels moes doop?

Toe die nuwe-testamentiese Gemeente gestig is, ná die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag, het Petrus aan die hele menigte uitgeroep: “... en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus ...” (Hand. 2:38). Filippus het ook dieselfde geleer in Samaria: “...maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus” (Hand. 8:16). In die huis van Cornelius het Petrus beveel “dat hulle gedoop moet word in die Naam van Jesus Christus” (Hand. 10:48*). Paulus, die groot apostel, wat alle predikers graag wil aanroep, het na Efése gekom. Van die gelowiges daar, word gesê: “... En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus” (Hand. 19:5).

Geen verdere bybelgedeeltes hoef opgenoem te word nie. Elke saak moet op die getuienis van twee of drie getuies bevestig word. Ons moet erken dat Jode, Samaritane en heidene “in die Naam van die Here Jesus” gedoop is. Selfs die duiwel kan nie hierdie feit ontken nie. Maar hy sal egter aanhou probeer om aan diegene wat nie die getuienis van die Bybel glo nie, sy interpretasie van Matthéüs 28 te bied. Daar is nie ‘n enkele gedeelte in die Bybel wat noem dat 'n persoon in die formule “... in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", gedoop is nie, of van 'n baba-doop nie. Daar is slegs van die doop van gelowiges deur onderdompeling, in die naam van die Here Jesus. Manne van God het te alle tye die openbaring van die naam van Jesus gehad. Hulle het geweet dat dit oor die een Naam gaan wat bo alle name was. Die Almagtige God het Homself geopenbaar as Vader, Seun en Heilige Gees in die naam “Here Jesus Christus”.

Die ware kinders van God in hierdie tyd is onder die leiding van die Heilige Gees en het hulle, onder goddelike opdrag, afgewend van alle eie-interpretasies. Hulle het geen ‘as’ en ‘maar’ oor God se Woord nie. Hulle glo elke woord soos dit geskrywe is.

Baie mense noem hulself gelowiges vandag. Die enigste vraag is: wat en aan wie glo hulle? — aan die Heilige Gees geopenbaarde Woord van God, of die interpretasies van die ou slang? Ek het die voorreg gehad om die bediening van Broeder Branham deeglik te leer ken vanaf 1955 tot 1965. As 'n ooggetuie van sy byeenkomste in Europa en die VSA, is ek vandag nog diep beïndruk hoedat God sy bybelse verkondiging met tekens en wonderwerke bevestig het.

Liewe broeders en susters, liewe vriende! Met opregte harte het ons deur die genade van God geprobeer om dit oor te dra waarmee ons grootgeword het. Die hoop is dat nog baie ander mense se oë sal oopgaan om te sien wat God nou huidiglik nog doen, sodat hulle soos 'n 'brandende hout uit die vuur' gepluk kan word en tot die kennis van die waarheid gebring kan word. Almal moet die inhoud van hierdie boekie in gebed lees totdat die Heilige Gees alles opgeklaar en geopenbaar het.

“Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie ...” (Heb. 10:37). Mag hierdie daarlegging daartoe dien dat baie mense hul 'vandag' erken en die Woord glo wat deur God geopenbaar is. Sy geliefde en Heilige Woord, wat pas op die troon geopenbaar is, is hemelse manna vir die gelowiges van ons tyd. “Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger en dors in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor” (Amos 8:11).

God het telkens Sy getroue diensknegte gestuur wat die brood van die lewe uitgedeel het. “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?” (Matt. 24:45).

Die Here Jesus het destyds die brood gebreek en dit aan Sy dissipels gegee, wie dit aan duisende uitgedeel het. Ware diens-knegte van God gee dit verder deur, wat hulle uit die hand van die Here ontvang het.

Mag daar op hierdie tydstip van die kinders van God gesê kan word dat “... die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee (het) aan die stem van die Here hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die Here hulle God hom gestuur het” (Hag. 1:12).

Available translations