Glo slegs die “So spreek die Here”

Voorwoord

« »

Die William Branham (1909-1965) verskynsel is nie net van uitsonderlike belang nie, maar het ook geen parallel in die hedendaagse wêreld nie. Moet ons nie onsself afvra nie, wat wou God in Sy ewige plan, deur die bediening van hierdie man uitrig?

In sy persoon was Broeder Branham sigbaar slegs 'n mens — maar daarby 'n baie dierbare een. Die salwing van die Gees van God het op hom gerus. Hy het die So spreek die Here gehad, wat God altyd met goddelike akkuraatheid bevestig het, net soos Hy met Sy profete destyds gedoen het. Deur God het Broeder Branham ook dieselfde magte uitgeoefen soos wat Jesus, die Here van die lewe, destyds aan die apostels gegee het, om siekes te genees en dooies op te wek (Matt. 10: 1-8). Duisende getuig van genesing van kanker, blindheid en allerhande siektes deur sy gebede.

Maar die bediening was geensins beperk tot die genesing van siekes nie. Hy het ook 'n boodskap gebring vir hierdie eindtydse geslag; 'n openbaring om die Bruid van Christus te help om haarself gereed te maak in hierdie laaste dae. Ek glo dat dit waar is om te sê dat, sedert die dae van die apostels het niemand die Here Jesus meer geëer as wat Broeder Branham dit gedoen het nie; of dit nou deur sy gewyde lewe, sy lering of deur sy bediening was. En wanneer die Here dit self op so 'n manier bevestig, het 'n dienaar van die Here enige menslike regverdiging nodig?

Hierdie boekie van Broeder Frank is dus nie 'n poging om Broeder Branham te bevestig nie, maar is wel geskryf om die waarheidsoekers te help, veral diegene wat hierdie man se lewe en bediening met die korrekte perspektief, skriftuurlik wil plaas. Die teëstander, in sy onophoudelike poging om God se voorneme te ondermyn, het ook hier, soos elders, probeer om misverstand en verwarring onder God se kinders te saai.

Dit was my voorreg om vir Broeder Frank vir baie jare te ken. Hy is 'n predikant, wie se werk hom gelei het na alle kontinente, in meer as 100 lande. Van alle Europeërs is hy heel waarskynlik bes gekwalifiseerd om hierdie boekie te skryf, aangesien hy Broeder Branham goed geken het en baie kere 'n intieme ervaring van sy God-gegewe bediening gehad het. Terselfdertyd was hy geografies gesproke, vêr genoeg van die fokuspunt van Amerika af, om 'n gebalanseerde en losstaande opinie rakende hierdie bediening te kon vorm, wat vir baie ander van waardewees. Mag hierdie kort uiteensetting 'n seëning vir baie wees?

Prof. Dr. Leon Long

Die William Branham (1909-1965) verskynsel is nie net van uitsonderlike belang nie, maar het ook geen parallel in die hedendaagse wêreld nie. Moet ons nie onsself afvra nie, wat wou God in Sy ewige plan, deur die bediening van hierdie man uitrig?

In sy persoon was Broeder Branham sigbaar slegs 'n mens — maar daarby 'n baie dierbare een. Die salwing van die Gees van God het op hom gerus. Hy het die So spreek die Here gehad, wat God altyd met goddelike akkuraatheid bevestig het, net soos Hy met Sy profete destyds gedoen het. Deur God het Broeder Branham ook dieselfde magte uitgeoefen soos wat Jesus, die Here van die lewe, destyds aan die apostels gegee het, om siekes te genees en dooies op te wek (Matt. 10: 1-8). Duisende getuig van genesing van kanker, blindheid en allerhande siektes deur sy gebede.

Maar die bediening was geensins beperk tot die genesing van siekes nie. Hy het ook 'n boodskap gebring vir hierdie eindtydse geslag; 'n openbaring om die Bruid van Christus te help om haarself gereed te maak in hierdie laaste dae. Ek glo dat dit waar is om te sê dat, sedert die dae van die apostels het niemand die Here Jesus meer geëer as wat Broeder Branham dit gedoen het nie; of dit nou deur sy gewyde lewe, sy lering of deur sy bediening was. En wanneer die Here dit self op so 'n manier bevestig, het 'n dienaar van die Here enige menslike regverdiging nodig?

Hierdie boekie van Broeder Frank is dus nie 'n poging om Broeder Branham te bevestig nie, maar is wel geskryf om die waarheidsoekers te help, veral diegene wat hierdie man se lewe en bediening met die korrekte perspektief, skriftuurlik wil plaas. Die teëstander, in sy onophoudelike poging om God se voorneme te ondermyn, het ook hier, soos elders, probeer om misverstand en verwarring onder God se kinders te saai.

Dit was my voorreg om vir Broeder Frank vir baie jare te ken. Hy is 'n predikant, wie se werk hom gelei het na alle kontinente,   in meer as 100 lande. Van alle Europeërs is hy heel waarskynlik bes gekwalifiseerd om hierdie boekie te skryf, aangesien hy Broeder Branham goed geken het en baie kere 'n intieme ervaring van sy God-gegewe bediening gehad het. Terselfdertyd was hy geografies gesproke, vêr genoeg van die fokuspunt van Amerika af, om 'n gebalanseerde en losstaande opinie rakende hierdie bediening te kon vorm, wat vir baie ander van waarde  wees. Mag hierdie kort uiteensetting 'n seëning vir baie wees?

Prof. Dr. Leon Long