Glo slegs die “So spreek die Here”

Voorwoord Ewald Frank

« »

Broeder William Marrion Branham van Jeffersonville, Indiana,VSA, is regoor die wêreld bekend. Hy was gerespekteer engeliefd deur baie en natuurlik ook misverstaan deur andere. Slegs die ewigheid sal onthul hoeveel miljoene mense deur die bediening van hierdie nederige man van God geseën was.

Geliefdes in Christus, nie alles wat God doen, mag gebeur in ons gemeente, stad of land nie. Ons kan nie altyd teenwoordig wees wanneer God iets doen nie, maar ons is beslis dankbaar vir die getuies wat gesien het en kan getuig van die bonatuurlike gebeure. Ek was nie daar toe Johannes in die Jordaanrivier gestaan ​​en ons geliefde Here Jesus Christus gedoop het nie. Tog glo ek die verslag van die bonatuurlike gebeurtenis wat plaasgevind het toe die profeet die Lam van God gedoop het en 'n stem vanuit die hemel gehoor was.

Miskien was u nie teenwoordig toe Broeder Branham in die Ohiorivier gestaan het op die 11de Junie, 1933, en etlike honderde mense gedoop het nie. Toe hy op die punt was om die 17de persoon te doop,  het hy gebid, “O Here, soos ek met water doop, mag U doop met die Heilige Gees en met vuur”. Net toe kom die bonatuurlike, helder-skynende lig op Broeder Branham neer, sigbaar vir ongeveer 4,000 mense, en die stem was toe gehoor: “Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van Christus vooruit te loop, word jy ook gestuur met die boodskap wat die tweede koms van Christus vooruit sal loop”.

Ek is deeglik bewus van die feit dat baie mense beweer dat hulle sekere ervaringe gehad het, en daarom is mense gevul met wantroue. Maar dank God dat, te midde van kunsmatige en die namaking van sogenaamde ervaringe, is die aangesig van die realiteit van God, aan ons in hierdie geslag gebring. Ek het persoonlik ongeveer 15 mense gesien, wat teenwoordig was toe hierdie magtige besoek van God plaasgevind het. Wel, as ons nie kan glo wat Broeder Branham gesê het en wat die getuies getuig het nie, glo dan wat God regoor die wêreld van hierdie man bevestig het.

Nie almal kan 'n Moses, Abraham, Johannes of ‘n Paulus wees nie; ook nie almal kan Broeder Branham wees nie. Dit neem 'n mens wat aan God toegewy is, om te doen wat God op 'n sekere tyd of eeu bepaal het. Die woorde van Jesus is ewig waar: “Wie 'n profeet ontvang, sal die loon van 'n profeet ontvang”. Almal wat geglo het in ‘n God-gestuurde profeet sal geregverdig op daardie dag voor die troon van God staan ​​en hulle beloning saam met daardie profeet ontvang. 

Die uur is ver gevorder. Ons word herinner aan die woorde van Jesus in Matthéüs 25:6, “En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!”. Die Here het vooraf hierdie woorde gesê wat ons nie oor die hoof moet sien nie: “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?”. ‘n Ware dienskneg en profeet van God word aangestel oor die huis van die Here om voedsel op die regte tyd te gee. Dit herinner ook aan die profesie van Joël: “En Ek sal aan julle herstel, die jare ...” (Joël 2:25). Dit is duidelik dat die Here Sy Woord gehou het. Die ware bybelleer, die eenvoudige lering van die Woord is herstel.

Dit laat ons dink aan die profesie dat die profeet Elia gestuur sal word om alle dinge te herstel. Waarom is hierdie groot profeet genoem en nie 'n ander een nie? Lees asseblief IKonings 18 noukeurig deur. In vers 21 vind ons waar die profeet vir die volk gesê het: “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na”. In vers 30 sê hy, "Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die Here herstel wat afgebreek was”.Elia het die Woord van God gehad vir daardie uur. Hy het die mense saamgeroep, deur die opdrag van God. Daarna het hy die twaalf klippe geneem, volgens die stamme van Israel en herstel toe die altaar. Eers nadat dit gedoen was, kon die Here met vuur antwoord— en die reën kon val. 

Baie mense het in hierdie tyd gebid vir geestelike reën, en baie sê selfs dat die Here geantwoord het met vuur. In die eerste plek moes God 'n profeet stuur wat deur die openbaring van die Heilige Gees die ware leerstellinge van die twaalf apostels kon optel en die Woord in Sy Gemeente herstel. Deur sy lerings-bediening was die altaar in die huis van die Here herstel. Nou kan ons ons lewens daarop lê en die Woord van God heelhartig glo.

Ek beskou dit as 'n groot voorreg om die kosbare Woord van God met al die liewe kinders van God te kan deel, regoor die wêreld. Hierdie publikasie sal in baie tale vertaal word, soos met die preke van Broeder Branham. Die enigste motief is dat die aandag van baie mense op God se Woord gevestig kan word. Moet dit asseblief nie uit die oog verloor om beide die boodskap sowel as die boodskapper te herken nie. Mag u IIPetrus 1, vers 19, in ag neem tydens die lees van hierdie boekie: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte”

Mag die Here u almal seën en toelaat om hierdie uiteensetting regmatig te verstaan.

Ewald Frank 

Broeder William Marrion Branham van Jeffersonville, Indiana,  VSA, is regoor die wêreld bekend. Hy was gerespekteer en  geliefd deur baie en natuurlik ook misverstaan deur andere. Slegs die ewigheid sal onthul hoeveel miljoene mense deur die bediening van hierdie nederige man van God geseën was. 

Geliefdes in Christus, nie alles wat God doen, mag gebeur in ons gemeente, stad of land nie. Ons kan nie altyd teenwoordig wees wanneer God iets doen nie, maar ons is beslis dankbaar vir die getuies wat gesien het en kan getuig van die bonatuurlike gebeure. Ek was nie daar toe Johannes in die Jordaanrivier gestaan ​​en ons geliefde Here Jesus Christus gedoop het nie. Tog glo ek die verslag van die bonatuurlike gebeurtenis wat plaasgevind het toe die profeet die Lam van God gedoop het en 'n stem vanuit die hemel gehoor was.

Miskien was u nie teenwoordig toe Broeder Branham in die Ohiorivier gestaan het op die 11de Junie, 1933, en etlike honderde mense gedoop het nie. Toe hy op die punt was om die 17de persoon te doop,  het hy gebid, “O Here, soos ek met water doop, mag U doop met die Heilige Gees en met vuur”. Net toe kom die bonatuurlike, helder-skynende lig op Broeder Branham neer, sigbaar vir ongeveer 4,000 mense, en die stem was toe gehoor: “Soos Johannes die Doper gestuur was om die eerste koms van Christus vooruit te loop, word jy ook gestuur met die boodskap wat die tweede koms van Christus vooruit sal loop”.

Ek is deeglik bewus van die feit dat baie mense beweer dat hulle sekere ervaringe gehad het, en daarom is mense gevul met wantroue. Maar dank God dat, te midde van kunsmatige en die namaking van sogenaamde ervaringe, is die aangesig van die realiteit van God, aan ons in hierdie geslag gebring. Ek het persoonlik ongeveer 15 mense gesien, wat teenwoordig was toe hierdie magtige besoek van God plaasgevind het. Wel, as ons nie kan glo wat Broeder Branham gesê het en wat die getuies getuig het nie, glo dan wat God regoor die wêreld van hierdie man bevestig het.

Nie almal kan 'n Moses, Abraham, Johannes of ‘n Paulus wees nie; ook nie almal kan Broeder Branham wees nie. Dit neem 'n mens wat aan God toegewy is, om te doen wat God op 'n sekere tyd of eeu bepaal het. Die woorde van Jesus is ewig waar: “Wie 'n profeet ontvang, sal die loon van 'n profeet ontvang”. Almal wat geglo het in ‘n God-gestuurde profeet sal geregverdig op daardie dag voor die troon van God staan ​​en hulle beloning saam met daardie profeet ontvang.

Die uur is ver gevorder. Ons word herinner aan die woorde van Jesus in Matthéüs 25:6, “En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!”. Die Here het vooraf hierdie woorde gesê wat ons nie oor die hoof moet sien nie: “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?”. ‘n Ware dienskneg en profeet van God word aangestel oor die huis van die Here om voedsel op die regte tyd te gee. Dit herinner ook aan die profesie van Joël: “En Ek sal aan julle herstel, die jare ...” (Joël 2:25). Dit is duidelik dat die Here Sy Woord gehou het. Die ware bybelleer, die eenvoudige lering van die Woord is herstel.

Dit laat ons dink aan die profesie dat die profeet Elia gestuur sal word om alle dinge te herstel. Waarom is hierdie groot profeet genoem en nie 'n ander een nie? Lees asseblief IKonings 18 noukeurig deur. In vers 21 vind ons waar die profeet vir die volk gesê het: “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na”. In vers 30 sê hy, "Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die Here herstel wat afgebreek was”. Elia het die Woord van God gehad vir daardie uur. Hy het die mense saamgeroep, deur die opdrag van God. Daarna het hy die twaalf klippe geneem, volgens die stamme van Israel en herstel toe die altaar. Eers nadat dit gedoen was, kon die Here met vuur antwoord— en die reën kon val.

Baie mense het in hierdie tyd gebid vir geestelike reën, en baie sê selfs dat die Here geantwoord het met vuur. In die eerste plek moes God 'n profeet stuur wat deur die openbaring van die Heilige Gees die ware leerstellinge van die twaalf apostels kon optel en die Woord in Sy Gemeente herstel. Deur sy lerings-bediening was die altaar in die huis van die Here herstel. Nou kan ons ons lewens daarop lê en die Woord van God heelhartig glo.

Ek beskou dit as 'n groot voorreg om die kosbare Woord van God met al die liewe kinders van God te kan deel, regoor die wêreld. Hierdie publikasie sal in baie tale vertaal word, soos met die preke van Broeder Branham. Die enigste motief is dat die aandag van baie mense op God se Woord gevestig kan word. Moet dit asseblief nie uit die oog verloor om beide die boodskap sowel as die boodskapper te herken nie. Mag u IIPetrus 1, vers 19, in ag neem tydens die lees van hierdie boekie: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte”.