Omsendbrief April 2020

Wat gebeur in ons tyd?

« »

Volgens die boodskap wat William Branham gebring het, word die ware kinders van God na die oorspronklike geloof van die apostoliese vaders teruggebring.

Die HERE God het oor Sy ewig-geldige Woord gewaak. Laat ons dit hard en duidelik sê: As ons dit geweet het wat God in die verlede gedoen het, maar nie geweet het wat Hy nou, voor die Wederkoms van Jesus Christus belowe het en doen nie — van watter nut sou dit vir ons wees? Ook in ons tyd was daar 'n goddelik-geroepene; daarvan kon broeder Branham oor en oor getuig. Laat ons net weer 'n aanhaling van hom weergee oor die gebeurtenis op 11 Junie, 1933, in Jeffersonville, VSA: "Toe hoor ek dit weer: 'Kyk op!' En toe ek opkyk, kom toe dieselfde pilaar van vuur wat die volk Israel deur die woestyn gelei het. Duisende oë het dit gesien, hoe dit regaf gekom het tot waar ek gestaan het, en aan my gesê: 'Soos Johannes die Doper die eerste koms van Christus vooruitgestuur was, so sal jou Boodskap op die hele aarde die wederkoms van Christus vooruitgaan'" (12 April 1964).

Dit het presies so gebeur, ná die heengaan van broeder Branham, regoor die wêreld. Dit het 'n goddelike werklikheid geword.

Broeder Branham het toe reeds op 12 Junie, 1958, aan my in Dallas, Texas gesê: "Broeder Frank, jy gaan met hierdie boodskap na Duitsland toe terugkeer ".

Dit het so gebeur. God het beide gedoen: HY het die opdrag gegee om die boodskap te bring en ook daarvoor gesorg dat dit wêreldwyd verkondig word. In die lewe en bediening van William Branham het die bonatuurlike nie net op die reeds genoemde 11 Junie, 1933, toe hy sy eerste doop uitgevoer het, gebeur nie, maar ook gereeld in sy byeenkomste.

Die apostel Paulus kon getuig hoe die lig aan hom verskyn het toe hy geroep was. In Handelinge 9 word aan ons vertel: "En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, HERE? En die HERE antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg …“ (verse 3-5).

Paulus het voor koning Agrippa en die edeles van die volk getuig:

"… Toe ek dan daarvoor na Damaskus op reis was, met volmag en opdrag van die owerpriesters, het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het. En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Toe sê ek: Wie is U, HERE? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn" (Handelinge 26:12-16).

Alreeds in die Ou Testament het God Sy bonatuurlike teenwoordigheid met die roeping van Moses by die brandende bos geopenbaar. Moses moes sy skoene uittrek, want hy het op heilige grond gestaan. Daar het hy sy opdrag gekry, deur God self toegedeel (Exodus 3).

In die Ou Testament het die HERE God Homself geopenbaar in die lig van 'n wolkkolom en in 'n vuurkolom.

In Exodus 13 lees ons: "En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek" (vers 21). Is dit nie wonderlik nie? Die HERE God het nie net Sy volk uit slawerny, uit Egipte gelei nie, maar met Sy geleide, bevryde volk, het Hy vooruit 'n verbond gesluit. HY het hulle dag en nag gelei en die weg gewys. Gedurende die hele veertig jaar van hulle wandeling, was Hy saam met Sy mense gewees — in die bonatuurlike wolk bedags, in die bonatuurlike vuurgloed snags. "… Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie" (vers 22).

Dan ook die heenwyse in Psalm 78, vers 14: "En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur".

In Exodus 40 lees ons: "So het Moses dan die werk voltooi. Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul … Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin …" (verse 33b-34 + 38).

Toe alles wat die HERE Moses beveel het gedoen was, het die bonatuurlike heerlikheid van God in die Allerheiligste gekom waar die verbondsark gestaan het, en getuienis afgelê van God se teenwoordigheid onder Sy volk.

Toe die bonatuurlike wolk op die Berg van Verheerliking kom, het 'n stem uitgeroep: "Dit is my geliefde Seun: luister na Hom!" (Mark. 9:7). In Jesaja 4, vers 5, lees ons wat sal gebeur, wanneer die HERE Sy werk op die berg Sion voltooi: Dan sal die bonatuurlike wolk weer afkom en die teenwoordigheid van God weer sigbaar verskyn: "… Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees …". Hy is altyd dieselfde: gister, vandag en tot in ewigheid.