OMSENDBRIEF April 2018

Die Oorgang van die Ou na die Nuwe Testament

« »

"Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin" (Luk. 16:16).

"Luister! 'n Stem weerklink (oorspr.): Berei in die woestyn die weg van die Here; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!" (Jes. 40:3). Hierdie profesie was vervul deur die bediening van Johannes die Doper; soos dit bevestig word in Matthéüs 3:3, Markus 1:3, Lukas 3:4, Johannes 1:23. Die engel van die Here het aan Sagaría die geboorte van Johannes die Doper aangekondig: "… en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elia, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders, en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei" (Luk. 1: 15-17). Amen.

Na sy geboorte was Sagaría, sy vader, gevul met die Heilige Gees en het die profetiese woorde met betrekking tot die bediening van Johannes die Doper gesê: "… om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink .. . " (Luk. 1:72).

"… om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes …" (Luk. 1:77).

Die tweede belofte in die Ou Testament, wat op die bediening van Johannes die Doper betrekking het en in Maleági 3:1 geskryf staan, het die Here self in Matthéüs 11:10 en Lukas 7:27 bevestig: "Want dit is hy van wie daar geskryf is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak …"

Toe Johannes gevra was: "Is u die Christus?" het hy gesê: "Nee". "Is u Elia?" "Nee". "Is u die Profeet?" Hy het geantwoord: "Nee" (Joh. 1: 19-21). In vers 23 lees ons sy op die Skrif gebaseerde getuienis van wie hy was: "Toe antwoord hy: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het" (Jes. 40:3).

Johannes kon sy getroue toehoorders toeroep: "Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur" (Matt. 3:11).

Deur die bediening van die beloofde voorganger was die harte van die Ou Testament vaders tot die geloof van die Nuwe Testament kinders terug gebring en vir die Here was 'n goed toegeruste volk voorberei (Luk. 1:17). Dit was absoluut belangrik om die boodskap van die beloofde profeet te hoor, te glo en gedoop te word.

Jesus het die skrifgeleerdes en Fariseërs, wat die bediening van Johannes die Doper verwerp het, voor die volk bestraf en gesê: "Maar die Fariseërs en die wetsgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie" (Luk. 7:30).

'n Stem roep hardop uit: Dit was moontlik om die Torah te soen, om die heilige Skrif te lees, om te praat oor God se plan van verlossing, oor die koms van die Messias en Sy voorganger Elia (Matt. 17:10), om te preek, om die Psalms te sing, die Sabbat te hou en slagoffers te bring, maar dan beide die voorganger en die Messias te verwerp en die dag van die genadige besoeking glad nie te erken nie (Luk. 19: 42-44). Die groot les daaruit is: Slegs diegene wat die boodskap van die voorganger geglo het en gedoop is, het die Messias erken en ontvang.

"Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle harte uitgestuur en Hy roep: Abba, Vader!" (Gal. 4: 3-6).

Toe die belofte vanuit Sagaria 9:9 vervul is en die Here op die vul van 'n esel Jerusalem binnegaan, het die gelowiges vreugdevol geskree: "Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here …". Die geestelik blinde skrifgeleerdes wou dat hulle ophou met hul lofprysing (Luk. 19:39), maar die Verlosser antwoord hulle: "Ek sê vir julle: as hulle swyg, sal die klippe uitroep". Toe kyk Hy oor Jerusalem en het met hartseer daaroor geween: "En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek". Dit was gevolg deur die aankondiging van die oordeel: "Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie" (vv 41-44). In 70 nC vernietig die leër van die Romeinse generaal Titus Jerusalem en die tempel. Selfs nou is dit van die uiterste belang om deel te hê in wat God belowe het vir onse tyd.

'n Stem roep hardop uit: Sedert Adam en Eva het 4000 jaar verbygegaan, waarin die mens op die beloofde Verlosser, wat as die saad van God sou kom (Gen. 3:15), gewag het. Toe die tyd van vervulling gekom het, het die geestelike leiers en die mense wat hulle geglo het, nie die dag van die genadige besoek van God herken nie. Die godsdienstige leiers was blinde leiers van blindes wat die mense mislei het deur hul skrif-uitleggings en interpretasies. Van diegene wat nie in die Messias geglo het nie, was gesê: "Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie". Maar van die gelowiges staan geskrywe: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo" (Joh. 1: 11-12). Amen. So was dit aan die begin. So was dit in elke kerkeeu. So is dit vandag.