OMSENDBRIEF April 2018
Jerusalem – ‘n Baie Swaar Klip - Israel 1948 - 2018
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal: "En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word" (Sag. 12:3).
Met die amptelike erkenning van Jerusalem as die hoofstad van Israel en sy aankondiging om die Amerikaanse ambassade daarheen te verskuif, het die Amerikaanse president, Donald Trump, op 6 Desember 2017 die ‘steen-des-aanstoots’ losgemaak. Net 'n paar dae later het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering 'n resolusie aangeneem waarin die Verenigde State versoek word om hul erkenning van Jerusalem, as Israeliese hoofstad, terug te trek. Die versoek is deur Turkye en Jemen ingedien. Onder die 128 state wat daarvoor gestem het, is Saoedi-Arabië, Egipte en Koeweit, asook Duitsland, Frankryk en Groot-Brittanje.
Alle politici en leiers moet na die geskiedenis kyk: Abraham het toe al saam met Isak na die berg Moria gegaan om 'n persoonlike offer aan God te maak (Gen. 22). Dit is die tempelberg in Jerusalem. Jerusalem word 780 keer in die Bybel genoem.
Dawid het die plek van die Jebusiet Ornan gekoop en hom met goud betaal, wat 600 sikkels geweeg het (1Kron. 21:25). Toe het hy verklaar: "Dit is die huis van die Here God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel" (1Kron. 22:1).
3000 jaar gelede het Dawid Jerusalem 33 jaar regeer en sy seun Salomo het Jerusalem vir 40 jaar regeer. Salomo het die tempel daar gebou in direkte opdrag van God. Hoofsaaklik gaan dit oor die verbondsark waarin die Woord van God was: "… en daar 'n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die Here is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het" (1Kon. 8:21). Volgens 1Konings 8 het die bonatuurlike heerlikheid sigbaar die tempel ná voltooiing gevul. Dit was die besluit van God om Jerusalem die hoofstad van Israel te maak. Geen hoofstad bestaan vandag nog in die wêreld wat so oud is soos Jerusalem nie.
Sedert die tyd van Abraham, Isak en Jakob, was die Israeliete die besondere eiendom van die Here God. Hy het aan hulle die volgende beloftes vir hierdie tyd gegee: "En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring" (Esé. 36:24).
"Want die Here sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob" (Jes. 14:1).
"Daarom, so sê die Here Here: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam … As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die heilige laat ken voor die oë van baie nasies" (Esé. 39: 25+27).
In Lukas 21:24 sê die Here: "… en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is". Die tyd het naby gekom, alles kom nou tot vervulling.
Jesaja het geprofeteer: "En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem" (Jes. 2: 2+3).
"En die Here sal besit neem van Juda as sy erfdeel op die heilige grond en Jerusalem weer verkies" (Sag. 2:12). Amen.
"Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het" (Jes. 66:10).
Aan die begin van die koninklike heerskappy van die Here God sal Hy Sy voete op die Olyfberg plaas, "En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant …" (Sag. 14:4). Dan sal die vier-en-twintig ouderlinge God met dié woorde aanbid: "Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het" (Openb. 11:17).
Teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog, in Desember 1917, het die Britse bevelvoerder Allenby die stad Jerusalem beset, wat 400 jaar lank onder die Ottomaanse bewind was. Die hele gebied – bekend as Transjordanië – was toe tot 1948 onder Britse administrasie. Daar was nooit 'n Palestynse staat nie.
Op 14 Mei 1948 het Ben Gurion die staat Israel aangekondig. Tot en met 1979 het alle etniese groepe daar vreedsaam saam gewoon. Eers toe Ayatollah Khomeini die Shah van Persië, wat 'n vriend van Israel was, omver gewerp het, het hy die vyandigheid van Iran teenoor die Israeli's verklaar. Tot die uitbreek van die tweede Intifada in die jaar 2000 kon ons selfs reis na die Gazastrook met ons reisgroepe. Ongelukkig is dit vandag nie meer moontlik nie.
Met die "basiese Wet van Jerusalem as Hoofstad" in 1980, het die Israeliese parlement, die Knesset, verklaar dat Jerusalem die ewige, onverdeelbare hoofstad van Israel is. Op 2 Januarie 2018 het die Knesset die ou 1980-ooreenkoms gewysig en die "Wet op ‘n Verenigde Jerusalem" deurgevoer. Dit verklaar dat enige besluit oor die status van Jerusalem slegs deur 'n twee-derde meerderheid van die Knesset geneem kan word.
'n Nuwe era het begin: Jerusalem het nou duidelik 'n swaar klip geword. Na aanleiding van die Amerikaanse president, Donald Trump, se verklaring, het die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, die Europese Unie op 11 Desember 2017 in Brüssels besoek, 'n kort verklaring gemaak en was met minagting verneder. Die hoof van die buitelandse beleid van die Europese Unie, Federica Mogherini doen toe 'n beroep op die terugtrekking van die Trump-verklaring. Klaarblyklik word die wêreldmag "Verenigde State van Amerika" vervang deur die "Verenigde State van Europa". Daar is aspirasies binne die Europese Unie, wie se geboortesertifikaat die "Verdrag van Rome" is, om dit teen 2025 te bereik. Volgens bybelse profesie sal dit die vierde groot ryk wees, die laaste wêreldmag, soos die profeet Daniël vooruit gesien het.
Teen Mei 2018 sal 70 jaar verloop het sedert die stigting van die staat Israel. Die land het 850,000 inwoners gehad ten tyde van die stigting van die staat, maar tien jaar later was daar al meer as twee keer soveel. In 1990 was die bevolking 4,500,000. Vandag is dit sowat 8,7 miljoen.
Die vredesproses sal sy gang gaan, om die volgende te vervul: "Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval ‘n skielike verderf hulle, soos die barensnood 'n swanger vrou en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie" (1Thes. 5:3).
Maar ook sal dit gebeur wat die profeet Joël geprofeteer het:
"Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel, wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het" (Joël 3: 1-2).
Ons leef midde-in die vervulling van bybelse eindtyd-profesieë. Dit is jammer dat die Europese Unie se ministers van buitelandse sake en baie staatshoofde nie die besluit van God respekteer nie.
Ons is in groot afwagting en reken daarop dat die getroue Here Sy werk van verlossing sal voltooi met die Gemeente vanuit die nasies en dat ons in die Wegraping weggevoer sal word, soos geskrywe is: "… Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees" (1Thes. 4:17). Die tyd en die uur wanneer dit sal gebeur, weet niemand nie, dus moet ons gereed wees. Daarna sal Hy Sy werk met Israel onder die bediening van die twee profete (Openb. 11) tot afsluiting bring en Sy koninklike heerskappy, die duisendjarige koninkryk sal aanbreek. Amen.
"En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid". (Openb. 11:15).
Gelewer in opdrag van God.
[FOTO]
Die foto wys die spesiale byeenkoms op Saterdag 16 September 2017 in Constanta, Roemenië, aan die Swart See.
Nie net die gelowiges was in die gehoor nie, maar ook mense wat vir die eerste keer 'n preek gehoor het. Onder die meer as honderd wat vir gebed uitgekom het, was 'n Islamitiese koerantverslaggewer en 'n man van die Ortodokse Kerk. Albei het Jesus as Verlosser aangeneem en is twee weke later in die Swart See bybels gedoop met al die ander nuwe bekeerlinge.
Ons dank die getroue Here daarvoor.
[FOTO]
Soos op die linkerkantse landkaart getoon, het Josua die beloofde land onder die 12 stamme volgens hoofstukke 13-20 versprei; twee en 'n half stamme was aan die oostekant van die Jordaan.
So het Esegiël dit ook weer in die millennium gesien in hoofstukke 47-48. In hoofstuk 47 het hy selfs die tempel gesien wat gebou sal word. In hoofstuk 48 vind ons die 12 stamme in hul erfenis.
[FOTO]
Op die regterkantse landkaart sien ons wat politici van die Heilige Land gemaak het. Hulle verwys na Israel as die besettingsmag en die hartland van Israel as besette gebied. Dit sal nie so bly nie. In die duisendjarige Vrederyk sal die goddelike orde weer herstel wees in die Heilige Land.

'n Stem roep hardop uit: Hoor dit, julle volkere almal: *"En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word"* (Sag. 12:3).